‘Kriminele polisiebeamptes moet swaarste gestraf word’

Argieffoto (Foto verskaf deur die SAPD)

Die burgerregteorganisasie AfriForum is van mening dat kriminele polisiebeamptes die swaarste gestraf moet word en dat afdanking nie genoeg is nie.

Bheki Cele se bekendmaking vandeesweek dat 1 172 lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor die afgelope vyf jaar weens hul betrokkenheid by misdade (wat ernstige misdade insluit) uit die polisiediens ontslaan is, getuig volgens AfriForum van die totale verval van ware reg en geregtigheid in die staatsdiens, want die polisie moet eintlik aan die spits van die gereg staan.

“Polisielede moet die voorbeeld stel en dus moet hulle nóg swaarder gestraf word vir misdade waarby hulle betrokke is,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid. “Voorts het die polisie op 13 Oktober verlede jaar aangekondig dat altesaam 2 270 wapens in die vorige drie jaar deur hulle verloor of by hulle gesteel is. Dit beteken dat misdadigers binne én buite die polisie indirek deur die staat bewapen word.”

Hierdie toedrag van sake spreek boekdele oor die verbrokkeling van die SAPD en die Nasionale Vervolgingsgesag, asook die kommerwekkende wyse waarop die SAPD se rekruutkeuring te werk gaan.

Om alles te kroon, blyk dit dat ’n groot aantal ontslane lede nie na behore in ’n strafhof vervolg is om volle verantwoording vir hulle dade te doen nie.

“Die feit dat daar – die aantal ontslane lede ten spyt – nog talle hangende sake teen SAPD-lede is, skets ’n donker prentjie oor hoe korrup en buite beheer die SAPD se strukture is. ’n Land se polisiediens behoort ’n gevoel van veiligheid onder sy burgers te skep. Hierdie soort onthullings lê egter ál meer klem op die feit dat die gemeenskap hulself tot daadwerklike optrede en mobilisering sal moet wend om hul veiligheid te bewerkstellig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

attie ·

ja hulle moet teminste n jammer briefie skryf en n waarskuwing kry

Henk ·

Maar wat van kriminele politici en party beamptes? Jy hoor NOOIT dat hulle vervolg en gestraf word nie. Intern word hulle slegs geskuif en bevorder. Boonop betaal ons om hulle uit die howe te hou- sien Zuma saak. Waarom is daar nog bie n enkele politikus vir korrupsie in die staat gearresteer nie? Die anc is vrot van korrupsie en ek wil sover gaan om te se elke politieke party het sy kwota korruptes!

Johanna Botha ·

Dalk nie mense aanstel met n krimenele rekord nie ….HALLLOOOO hoe dom kan mens nou wees !

Andre ·

Wat ! ‘n gemiddeld van ongeveer 20 per maand oor 5 jaar is niks om oor trots te wees nie.

Erwee ·

Die polisie is georganiseerde misdaad..n vis vrot van sy kop af..

Christien vd Westhuizen ·

Ontslaan met volle salaris voordele en bonus elke jaar vir solank hy leef

Sarel Strydom ·

Indien die Bestuur nie reg is nie hoe kan verwag word dat beamptes hulle werk sal doen. Hoeveel Polisielede is daar sonder rybewys en wat nie gekwalifiseer is om ‘n vuurwapen te hanteer nie.

Paul ·

Ek het ‘n idee Priester Ramaphosa moet weer sy somme vir werkskepping gaan maak, want hy gaan dit benodig as hulle van al die korruptes en kriminele in die staatsdiens en entiteite ontslae geraak het. Dan gaan digitale ontwikkeling vorentoe in die werkplek, ook plase, nog verdere uitdiens stellings tot gevolg hé.

AW ·

Quote
“If they know that the punishment they will receive outweighs any benefits from the crime, they will choose not to commit it.
In order for deterrence to be effective the punishment must be swift, severe, and certain.
If you have ever modified your behavior to avoid negative consequences, you have experienced deterrence.”

When one consider the above statement with in the South African Context, then there is No effect and or realisation in respect of the concepts of Swift / Severe / Certain.

Within the South African context the Attorney for the accused in most cases will frustrate the process to wit –

“The defence strategy was predictable – delay and draw out, pounce on technicalities, suggest impropriety, allude to coercion, suggest mistaken identity. The usual playbook for a criminal trail. –
(Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered – Anneliese Burgess:2018.)

Then consider the following inconvenient truths- most sentenced criminal do not serve their full sentences, and are release (for verious reasons) earlier, in order for most of them to continue to commit crime.

AW ·

“The organisation Gun Free South Africa says that the greatest sourse of illegal weapons is loss and theft. According to them, an average of twenty guns a day are stolen from civilians and two a day from the police. The real figure, however? Is probably significantly higher, since it is safe to assume that not all gun theft is reported to the police.”
(Page 211 – HEIST! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered – Anneliese Burgess, 2018)

Also keep in mind that there was police officials that had been victim to Roberies / House Roberies / Hijackings and or were shot / injured when their state fire arm was taken by the criminal (s).

Nikita ·

Dat inwoners van die land nie eers meer kan staatmaak op hulle eie polisie nie, gaan my verstand te bowe. Met sulke optredes sal misdaad en moord mos nou nooit afneem nie. SAPD……..ja South African Pathetic Department!

AW ·

“Crime Intelligence, the engine room for the fight against crime, is broken.
Over the past years the agency has been harnessed to serve political agendas, and its real mandate – to fight organised crime – has become a secondary concern.”

(HEIST! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered – Anneliese Burgess: Page 210: 2018)

“There are Three elements to Ministry of Crime.
The first is Political interest protected through the abuse of the criminal justice system.
The second is the protection afforded to these individuals by those at the police and the Hawks.
The third element is the transactional relationship between the police, particularly in Crime Intelligence, and the organised criminals through the information system.

Many of the experts I have spoke to have shared their insights and reflections on the nexus between these three worlds and the patterns that repeat themselves as politics, policing and organised crime collide.”

(MINISTRY OF CRIME – An Underworld Explored – Mandy Wiener – Page 443: 2018)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.