Kringtelevisiekameras in Kaapstad werp vrug af

Kaapstad (Foto: Aldk/Pixabay)

Kringtelevisiebeeldmateriaal het sedert Julie 2020 gehelp om meer as 160 verdagtes in hegtenis te neem.

Stad Kaapstad se metropolisie bestuur 819 kringtelevisiekameras in die stad op ʼn 24-uur-basis.

“Hoogs opgeleide beamptes in die beheerkamer is net so belangrik as beamptes wat op patrollie is om misdaad te bekamp,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit. “Beamptes wat die kameras dophou, help beamptes om verdagtes suksesvol aan te keer. Dit help beamptes ook om plekke te identifiseer wat verdere ondersoek benodig wat betref antisosiale gedrag. Dit help weer om oortredings te voorkom – van geringe voorvalle tot ernstige misdadige gedrag.”

Smith sê die gevorderde kringtelevisietegnologie help wetstoepassingsagentskappe in hul reaksietye en om verdagtes aan te keer. “Videomateriaal word ook gebruik as getuienis in strafregtelike sake en ons metropolisie werk nou saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens in hul ondersoeke en om verdagtes aan te keer. Wanneer die beheerkamer moontlike antisosiale gedrag of misdadige aktiwiteit opmerk, stel hulle dadelik die patrolliebeamptes in kennis. Dié vinnige reaksie beteken dat misdade al gereeld voorkom kon word nog voor dit plaasvind.”

Die volgende maandelikse inhegtenisnemings was ʼn direkte verslag van kringtelevisiebeeldmateriaal. Alle inhegtenisnemings is by die SAPD geregistreer.

Maand van oortredingTotaal
Julie 202027
Augustus 202042
September 202016
Oktober 202023
November 202023
Desember 202015
Januarie 202114
Algehele kringtelevisie-inhegtenisnemings160

​“As mens na die getal inhegtenisnemings kyk, moet mens in ag neem watter impak die Covid-19-afsonderingsperiode gehad het, soos beperkte beweging en die aandklokreël, wat ʼn afname in die getal inhegtenisnemings beteken het.

“Die onlangse toename in grondbesettings en gewelddadige betogings wat die stad getref het, het ook ʼn toename beteken vir inhegtenisnemings oor openbare geweld en onwettige betogings. Ons spanne het groepe gemonitor en mense geïdentifiseer wat die stad se infrastruktuur beskadig. Dit het tot 18 mense se inhegtenisnemings gelei in Augustus 2020. Bewyse van dié beeldmateriaal wat versamel is, is gebruik om van die betogers suksesvol te vervolg.”

Regstreekse beeldmateriaal bied ook belangrike inligting oor misdaadpatroon-analises en waardevolle misdaadintelligensie. “Die versameling van forensiese data is baie belangrik om misdadigers suksesvol te vervolg. Ons beamptes, saam met ander wetstoepassingsagentskappe, is aan diens in die strate en verdagtes word deur gevorderde beeldmateriaaltegnologie in hegtenis geneem. Dit is nou in die hande van die SAPD om behoorlik ondersoek in te stel en die strafregstelsel om suksesvolle vervolging te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietertjie ·

Mooi storie! Ek gebruik kringtelevisie al vir jare: dit neem die verassings-element weg van die krimineel, en werk soos ‘n bom.

lodewyk ·

Wys jou waar cANCer nie in beheer is nie,is daar vordering

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.