‘Krisis in tronke,’ sê DA oor berigte van omkopery, dwelmsmokkelary

jail_barsDie DA sê berigte van dwelmsmokkelary en die omkoop van tronkbewaarders by die Leeuhof-gevangenis is tekenend van ‘n krisis in die stelsel.

“Onthullings in die media dat bewaarders by Leeuhof gevangenes help om verskeie items by die tronk in en uit te smokkel is verregaande en ‘n simptoom van ‘n stelsel wat in krisis is,” het James Selfde, DA-LP, in ‘n verklaring gesê.

City Press het Sondag berig die Leeuhof-gevangenis in Vereeniging is deurspek met korrupsie en dat bewaarders betaal word om dwelms in te smokkel en selfs jeugdige gevangenes verskaf om deur ander gevangenes verkrag te word.

Die bewerings is gemaak deur Eugene Viljoen, ‘n verhoorafwagtende gevangene, wat honderde SMS’e en talle selfoonfoto’s aan die koerant gestuur het oor die toestande in dié tronk. “Hier word dagga, selfone, mandrax en heroïen gesmokkel, alles teen ‘n prys. Bewaarders doen enigiets vir geld. Almal is korrup,” het Viljoen aan die koerant gesê.

Selfe het in reaksie hierop gesê dat die dissiplinêre-stelsel vir tronkwerknemers wat die reëls verbreek meer effektief geïmplementeer moet word. “Dissiplinêre prosedures moet vinnig uitgevoer word aangesien daar op die oomblik geen onmiddellike gevolg vir geskorste amptenare is nie en sommige vir maande selfs jare net geskors bly.”

Selfe sê klopjagte moet op ‘n gestandaardiseerde manier by alle gevangenisse in die land gedoen word. “Suid-Afrika se gevangenisse gaan ‘n broeines van geweld, korrupsie, skandaal en menseregteskendings bly indien dié probleme nie opgelos word en daar op rehabilitasie gefokus word nie.” – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Canned Phantom ·

My Ouma het ‘n sêding gehad wat hier baie sin maak: “Waar kla jy die duiwel aan as die aanklagkantoor in die hel sit?”

anita ·

Wat word verwag van die gevangenis werkers? hulle is so dik, net soos die polisie en die Parlementariers…die polisie kan nie hardloop nie, die bewaarders kan nie opstaan uit die son nie, en vir die parlement word dubbele sitplekke benodig.
Die tronke skrik niemand af nie, dit is vakansie vir die kriminele. Amerika het jare gelede hulle
gevangene aan mekaar geketting en laat werk op die paaie en aan die spoorlyne.

Die sisteem is hier verkeerd, die kriminele moet volgens hulle dade in tronke geplaas word, verkragters en moodenaars in een tronk, hulle sal mekaar kan uitroei.

Jeug kriminele in een tronk soos ‘n streng verbeterings skool, met onderwys en opheffings programme.
Vroue gevangene te same met wit boordjie skelms, vroue kan die tronk skoon maak dienste doen en die witboortjie gevangene langs die strate onkruid skoon maak met ‘n plakaat op die rug …
Ek is ;n wit boordjie krimineel!………almal moet dit kan lees, dan sal daar minder diefstalle/verneukery wees.

Ondersoek die lewens wyse van elke bewaarder, as dit ver bo die salaris is, moet hy verduidelik of word afbetaal en gaan self na die tronk.

Suid Afrika is die NAR van die wêreld, en is ‘n leierlose land al die sogenaamde leiers is salaris trekkers, en die persone die gestem het is NIKS nie.

vicus ·

Iets is nie pluis nie. Se nie die berig is n lot nonsies nie. MAAR Verhoorafwagtend, selfoon in tronk, Hope inligting wat hierdie ou se lewe in gevaar stel ens.ens. Wonder maar net. Dink hulle die bendelede kan nie lees nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.