‘Krisis in wiskunde’, erken minister

Angie Motshekga tydens 'n vorige geleentheid. Foto: DOC

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. Foto: DOC

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê die regering besef daar is tans ʼn krisis met die aanleer en onderrig van wiskunde in die land.

Motshekga het Maandag tydens haar openingstoespraak by ʼn drie dae lange wiskunde-indaba in Pretoria gesê daar sal dringend ingegryp moet word in die manier waarop die vak aangebied en aangeleer word.

Die minister glo uitdagings soos kinders wat daagliks etlike kilometers skool toe loop en afhanklik is van voedingskemas by openbare skole is ʼn bydraende faktor tot die swak prestasie in wiskunde in die land.

“Ons het nie ʼn tekort aan strategieë, planne en beleidstellings nie. Ons weet byvoorbeeld ons leerders sukkel met leesvaardighede en dit het ʼn direkte impak op hulle wiskundige vermoëns. Miskien moet ons ʼn diskoers begin oor hoe ons nuwe lewe in die onderrig van wiskunde in sy geheel gaan blaas.”

“Die leuen dat Suid-Afrikaanse kinders eenvoudig nie wiskundig aangelê is nie, moet weerlê word. Ons moet opnuut fokus op hierdie vak omdat dit ʼn voorvereiste van ekonomiese groei is en kan help om die land se armoede aan te pak.”

Motshekga het verder gesê wiskunde is ʼn basiese vaardigheid wat ʼn mens kan help om die lewe te bestuur. Sy het na Japan en Singapoer se sukses met wiskunde-onderrig verwys en gesê Suid-Afrika moet ʼn manier vind om hierdie vak suksesvol vir sy eie leerders te ontsluit.

“Die syfer toon indien die openbare skolestelsel sou faal, sal die hele land in duie stort. Ons moet eenvoudig onderrig van die beste gehalte aanbied om so die uitkomste te verbeter in vakke soos wiskunde wat deure vir ʼn verskeidenheid van toekomstige loopbane open. Ons is dit aan ons kinders en ons toekoms in hierdie land verskuldig,” het Motshekga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

40 Kommentare

Leer by die oues ·

As daar ‘n krisis in wiskunde is dan skaf jy nie wiskunde af of maak die punte laer nie . een ding wat ek NIE in SA verstaan nie is dat alles AFWAARTS aangepas moet word? Die slaagsyfer, die kwaliteit van alles, die standaarde. As almal dan graag vooruit wil gaan, hoekom STYG almal dan nie, hoekom help ons nie liewer mekaar om BETER te doen nie? Help nie die standaarde word afgetrek nie, gee EKSTRA wiskundeklasse sodat die kinders beter kan doen en in BSC rigtings kan gaan studeer waarin daar ‘n tekort is .. julle doen niemand ‘n guns om die standaarde te verlaag nie, die kinders gaan as hulle klaar studeer het NET in SA werk kry want geen ander land gaan die ‘gedekoloniseerde onderrig’ aanvaar nie, net in SA klink dit vir iemand ok!? Ek stem SAAM met haar dat daar aan maniere gedink moet word om die kinders BETER te laat doen, nie om dit te los sodat hulle nog slegter doen nie. Hark die ‘oues’ nader dat hulle vir julle raad kan gee of weet julle alles? Nee dis duidelik julle weet nie alles nie want dan het julle dit in die afgelope 22jaar al gedoen.

Dou ·

Ek dink elke Wiskunde onderwyser en kind moet n wiskunde handboek met vol uitgewerkte memos wat die hele jaar se werk dek in die hand kry. Dan kan die wat wil werk, die wat nie verstaan nie leer en die wat niks wil doen nie steeds niks doen. Kry ook ervare onderwysers om die wat onervare is en wat WIL by te staan in hoe om die vak aan te bied!

MM ·

Ek sien sy se omdat die kinders nie genoeg kos kry nie , is hoekom die wiskunde punte nie so goed is nie. Ai Ai Ai nou wat van die ander vakke dan? Het jy nie kos nodig nie??
Hulle dink mos 1+1 = 3 dan kan hulle enige Sr pos kry of so dink hulle.

Jaco Grobler ·

Dit is wel ‘n bydraende faktor. Gaan kyk biedjie na die plaaslike kurrikulums en jy sal sien wat aan die gebeur is, al die vakke is alreeds baie vereenvoudig, owerhede kan die meeste vakke baie maklik maak deur selektiewe seleksie van wat geleer moet word toe te pas, of om die hoeveelheid en inhoud daarvan te verminder. Wiskunde is egter anders, 1+1 kan nie gereduseer word nie.

Justice ·

Begin by die vaardigheid van die onderwyser. Laat die wiskunde onderwysers jaarliks wiskunde toetse afle vir die graad waarin hul onderrig gee. Jy kan nie ‘n kind ‘n vak leer wanneer jy self sukkel met die basiese beginsels nie. Moet tog net nie nou die slaagsyfer vir die onderwysers ook 20% maak nie.

Driekie Du Plessis ·

Nee Justice, ek stem nie volkome saam met jou oor die onderwysers nie. Mens kan nie veralgemeen nie. My eie dogter gee wisk. As jy sien watse moeite sy met daai kinders doen. Sal jy jou hoed afhaal. Daar is net kinders wat doodeenvoudig net nie omgee nie. Dag nie op vir GRATIS ekstra klasse. As julle kan sien watse snert kinders op hul vraestelle invul. Sal jy dit nie eers wil merk nie. Daar us vandag net geen belangstelling of trots in leerders soos vroeër jare nie. Sommige kinders het maar geen dissiplinne nie. Daarom geen selfrespek of eenigsins respek teenoor onderwysers nie. My kind moes hard leer on haar passie in wisk te kan uitleef by ‘n skool. En dan is dit wat hulle ontvang? Kritiek? Dink jy moet gaan wiskunde leer, dan kyk ons hoe vaar jy, in ‘n stelsel waar alles afwaarts aangepas word in die onderwys dept. Alles deesdae is mos die onderwysers se skuld. Nie mamma en pappa se arme bloedjies nie.

De Villiers ·

So sê ‘n minister wat blyk nie eens self weet wat in die onderwysstelsel aangaan waaroor sy beheer het nie. Dit gaan al ‘n paar jaar so met ons wiskunde en wetenskap, en sy is veronderstel om dit te weet, maar niks word daaraan gedoen nie. Ek wonder wat was haar matriek wiskunde (as sy matriek het). Sy is die toonvenster van die onderwys in die land, so sy is 100% vir dié chaos verantwoordelik. Sy moet dus ophou om doekies om te draai en ander faktore daarvoor te blameer. Maar niemand in die ANC het nog ooit hul foute erken en probeer regstel nie, waarom sal sy?

vytjie ·

EINTLIK IS SY NET GEINTERESEER IN DIE SYFERS OP HAAR BANKSTAAT.

Jan ·

Nou wat sê dit van sulke denkrigtings en redinasievermoëns. Dit nogal van onse minister. En dit is nie nét in wiskunde, waar dit so beredineer word nie. Dit is ‘n daaglikse aktiwiteit. Dis verskonings uitdink en plannetjies maak. Geen wonder die land is in tamatiestraat nie.

Jan ·

Ek verstaan dat baie kinders as gevolg van omstandighede so ver agter is soos die ministe sê, dalk is die probleem onderwysers, dalk strukture, dalk versaak iemand hulle, daar is niemand by die huis om te help nie, die kind is op sy eie aangewese, daar mag hordes redes wees, dat sy/hulle daardie kinders nie van die bietjie kennis wat hulle wel opdoen wil weerhou nie. Iets is tog beter as niks. Moet daar dan nie ander plan gemaak word nie? Moet daar nie apart ekstra aandag aan daardie kinders gegee word nie, skole wat daarvoor ingerig is?

Scalla ·

Besef sy nie die probleem le by haar en die regering nie, soek nou fout by ander plekke na al die jare van standaarde wat verlaag word met n slaagsyfer van 20%, skande

Alet ·

Die probleem le verseker by die onderwysers. Stuur hulle gereeld vir opknappings kursusse en laat hulle eksamens afle. Dit is verseker nie enige persoon wat wiskunde as n vak kan aanbied nie. Kies hulle noukeurig en bied hulle dan ietwat meer op salaris aan want hulle het dit dan verdien

Hans ·

Ek weet nie hoeveel van julle is in die onderwys maar as jy daar was sal julle besef dat die basiese onderwysstelsel nie werk nie. Die eerste wat aangespreek moet word is moedertaalonderrig. Of jy doen moedertaal en doen dit tot gr 12 of nie. Kinders in sg swart skole kan nie die mas opkom omdat taal vaardigheid beroerd is. In gr 4 word van n kind verwag om skielik al sy vakke in Engels te doen terwyl hy nog nooit die taal gehoor het nie. Ek weet, werk al jare met hulle. My eie kinders het gewoon in moedertaal onderrig ontvang en heeltemaal goed gedoen. Ontwikkel die Afrilatale soos wat ons voorouers gedoen het, dan eers sal die standaard verhoog. Maw…dis n baie lang proses…en dit gaan nie gebeur nie. Dit is so frustrerend om die magteloosheid van kinders en onderwysers te sien wat nie weet hie om hulself uittedruk nie. Jy kan die mooiste beleide en stelsels in plek hê maar as julle mekaar nie verstaan gaan jy nêrens.
Wat betref opskerpingskursusse julle weet nie hoe voel dit om met 300 tot 400 mense in n saal ingedruk te word en die ouens praat Sotho of Venda heeldag en daar is geen klank.

Annabelle Swiegers ·

Angie, nou is die tyd om dalk van die ouer wiskunde (wit) onnies nader te trek en hul in te span vir die wysheid en kennis wat hulle het maar wat toe nie goed genoeg vir julle mense was nie.
Jy kan nie die standaard afwaarts aanpas nie, hoekom wil jy my kind wat kan en wil benadeel as gevolg van trots.
Die swart en bruin kinders hoofsaaklik gaan net nog meer agter raak, en gaan jy dit dan ook op apartheid blameer?
Hierdie probleem kan jy vierkantig voor die anc regering se deur kom le.

Anoniem ·

Hoe in die lewe is dit moontlik, om staandaarde so te verlaag en kinders wat die jaar wiskunde druip te wil deursit. Onverstaanbaar hoe n minister dink, dink???? Nee wat besef sy nie as sy die jaar se klomp wat druip deur sit na vlg gr dat hul vlg jaar nog meer gaan sukkel nie (of gaan daar dan n wonderwerk plaasvind en dat hulle die wiskunde dan wat gevorderd is skielik sal verstaan) as hul nie eers die basies van wiskunde vertaan nie. Een van die dae wil hul hul gr 12 sertifikate sommer verniet hê want hoekom moet hul nou leer. Ai ai ons ou landjie nou erg agter uit. Nee wat GAAN TERUG NA EIE TAAL ONDERIG en ek glo dit sal beter gaan as onderwysers Bevoeg is om n vak oor te dra.

N ·

…..en die probleem “sneeubal” met hierdie ouens wat met 20% wiskunde slaag is dalk van die volgende onderwysers. ….selfs nog in wiskunde…..

Net die Waarheid ·

….begin by moedertaal onderrig om basiese wiskundige beginsels en toepassings aan studente te leer….ongelukkig is daar verskeie toepassings wat nie eers definisies in Afrika tale het nie……dis wat gebeur wanneer ‘n taal wiskundig en wetenskaplik nie bygehou word nie en ‘n vreemde taal aangehang word…..

Jan ·

Ek het ‘n paar dinge hier bo genoem, Alet en Anoniem ook, ek dink jy slaan dis spyker op die kop.

Anoniem ·

O so! Uiteindelik het die liggie aangegaan! Stem saam met Justice: begin by die onnies! As iemand nie die nodige kwalifikasies en kennis het nie, kan hy/sy nie ander probeer leer nie. As daar nie genoeg gekwalifiseerde persone is nie, moenie die pos vul nie! Wat help dit jy het iemand in die pos wat salaris trek, maar in elk geval nie die kinders kan leer nie?? Spandeer liewers daardie geld aan onderwysbeurse as om dit op salarisse te “mors”. Dan word daar darem oor die lang termyn ordentlike onnies opgelei. Die onderwysvakbond sal seker die horriepiep kry, want hulle weet die meerderheid onnies is van swak gehalte. Ja, ‘n honger kind kan nie leer nie, maar die onnies is ‘n grootste, vetste vlieg in die salf. Sal maar sien of Angie die guts het om die bul by die horings te pak, en of sy net aan die kant langs versiersuiker gaan smeer!

Carel B ·

Wens net die regering wil besef daar is nie net fout met ons Wiskunde nie – daar is fout met hul leiers ook !!!!!!!!!

Zumie ·

Hou net moed- ek verstaan een van die dae tree ons liewe presedent af- dan kan hy die kinders help om te leer tel… eleven thousand and fifty and ( listen carefully) seventy and a half……..

Aan die ander kant- wie het nou wiskunde nodig as jy daarsonder president kan word…

manie ·

Kry hulle genoeg kos vir die ander vakke? Is dit net met wiskunde wat hulle te min kos kry? So met Aardrykskund klas is die maag vol maar met wiskunde klas is die maag leeg al was wiskunde klas die eerste periode?

piet ·

Met watter ander vakke is die maag ook leeg? Met wetenskap? Nie met biologie nie? Met sport periode is maag weer vol. Pouse is maag weer vol. Met wiskunde na pouse is maag weer leeg. Is dit hoe dit werk?

Wouter ·

My seun het verlede jaar matriek geslaag met 8 onderskeidings op Jim Fouche Hoërskool in Bloem. Hy het 95% gehad. My meisiekind is nou graad 11 in dieselfde skool. Haar gem is 92% vir Wisk. Die fout lê nie by ons Afr skole se onderwysers nie.

Jan ·

Dus is die Afrikaanse onderwysers die suksesverhaal. Geen wonder Lesufi wil in Gauteng al wat Afrikaanse skool is vir hom aankeer nie. Julle kan dus in Bloem maar bly wees hy meng nie ook by julle in nie, ganadiglik kan hy nie.

Ben Prinsloo ·

Die probleem lê by ons regeerders. Hulle kan nie verstaan dat hulle nie n land kan bestuur nie. Die verdere probleem lê by etniese groepe. Sommige groepe is baie vindingryk in opbou en wiskunde. Ander weer is baie vindingryk in afbreek en verstaan nie wiskunde nie, al word dit hoe maklik gemaak. So eenvoudig. Ek moet egter sê dat daar is altyd n uitsondering op die reel.

Theresa ·

Oe e e. Nee. Daar is mense wat gebore is om wiskunde te verstaan (soos soetkoek) en ander wat weer tale magtig is. Om te karring en te skarrel en die punte tot 20% te sak vir slaag, is so mal soos nog iets. Die eerste wêreld lande sal in elk geval nie eers al word oorlog verklaar dat hul dit MOET doen nie, sulke “wiskundiges” toelaat nie. Dis ‘n vreeslike groot grap. Foei.

Johann Barnard ·

Daar is in elk geval nie werk nie.Spaar geld en vat wiskunde heeltemal weg en los dit vir die slimmes,probleem opgelos.

Verıtas ·

Dıe kınders word van Graad 2 af verkeerd geleer. Eenvoudıge optel- en aftreksomme word op ‘n DOM (want daar ıs geen ander woord daarvoor nıe) manıer geleer. Ek daag enıge onderwyser uıt om my ‘n groep Grd 2 somme-sukkelaars te gee en dan kyk ons ná een maand hoe hulle presteer. Dıt ıs baıe meer eenvoudıg as wat dıt gemaak word. Maar nou-ja onnıes weet mos altyd beter.

Breytie ·

‘n Mens verwerf wiskundige denkvaardighede lank voor jy skool toe gaan, terwyl jy speel met allerhande natuurlike materiaal en daarmee konstruksies bou en ook wanneer jou gesin dikwels getalle-speletjies speel.

peanut ·

In die Ooste leer die kleintjies syfer vaardighede met behulp van n abakus. Bring die goed terug en julle aal sien hoe vinnig die kinders op dreef kom. Buutendien leer hulle dan speel speel

Krappie ·

Ek was een van daardie leerlinge wat nie jota of tittel kon verstaan het van wiskunde nie. Of ‘n mens verstaan wiskunde of jy verstaan dit nie. Nie almal is wiskundegeletterd nie. Dit sal nogal goed wees om nie wiskunde op al die leerlinge te wil afdwing nie want dit is ‘n feit dat nie alle leerlinge wiskunde verstaan nie.

Jan maak n plan ·

Dis nou seker nie n wonder nie-wat het ons dan nou anders verwag van n stelsel waar die prez dan net graad 2 het. Eish.

John ·

Die probleem met wiskunde begin eintlik by taalvaardigheid en die spelling van swartekrag… Om net bloot ‘n wiskunde-handleiding te he en dit in die klas voor te lees en die verduideliking en die huiswerk oor te laat aan naskoolsentrums of ouers wat self nie wiskunde onder die knie het nie en wat saans na 5 moeg tuiskom, is dwaas verby. Maar duisende werksgeleenthede is destyds geskep toe onderwyskolleges gesluit is en bekwame onderwysers summier vervang is. En die ou leermetodes was daarmee heen. Alles in die’ land wil deesdae reggedokter word deur kwakke op die gebied en die mislukkings le toegegooi onder groot hope geld…

Elmarie ·

Eerstens moet die hoeveelheid leerders in die klasse verminder word, 41 leerders in ń klas maak onderrig baie moelik en leerders kry nie die nodige individuele aandag nie.

Tweedens moet leerders BEHOORLIK geleer word om te kan lees en skryf – dié twee vaardighede is van uiterste belang, daarsonder kan ń leerder nie die vrae lees of verstaan en antwoorde weergee nie. Om leerders boonop nie toe te laat om meer as een keer in ñ fase van elke 3 jaar te druip nie, help nie die leerder om op standaard te kom nie – dit ontneem die leerder die kans om enigsins te ontwikkel – op meer as een gebied.

Verbeter eers die bogenoemde en DAN kan daar na wiskunde en wiskundige geletterdheid gekyk word – wat sommer vanself sal verbeter.

Ons leerders KAN, help hul om hul potensiaal te bereik, nie kop eerste in ń moddergat te duik nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.