‘Krisis’ met langtermynplan vir Koeberg – verslag

Die Koeberg-kernkragsentrale. (Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Ten spyte van die versekering van Eskom en ministers in die energiegroepering dat die projek om die Koeberg-kernkragsentrale se lisensie te laat verleng op dreef is, is die Internasionale Kernagentskap (IAEA) diep bekommerd oor Eskom se plan om die aanleg verder te bedryf.

ʼn Verslag van die IAEA is maande gelede al aan Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energiesake, oorhandig, maar is nou eers bekend gemaak nadat die DA ʼn suksesvolle Paia-aansoek ingedien het om toegang daartoe te verkry.

Die agentskap het Koeberg in Maart vanjaar vir ʼn inspeksie besoek nadat Eskom aansoek gedoen het dat Koeberg se lisensie hernieu word om sy lewensduur met nog 20 jaar te verleng. Die huidige lisensie verstryk in 2024 en vir goedkeuring dat ʼn verlenging toegestaan word, moet groot opknapping- en moderniseringswerk gedoen word.

Hieroor is die agentskap luidens die verslag erg bekommerd.

Die IAEA se kommer sluit in die bestuur van die langtermynbedryfsprogram wat nie doeltreffend genoeg is om alles betyds vir ʼn hernuwing gereed te kry nie, ʼn veiligheidsontleding wat nie voldoende vir langtermynbedryf bygewerk is nie, kommer oor die volledigheid en konsekwentheid van stelsels, strukture en onderdele, sowel as aanlegprogramme wat nie behoorlik hersien en in werking gestel is vir die langtermynbedryf van Koeberg nie.

Die IAEA het onder meer ook bevind die moniteringstelsel vir die inperkingstruktuur is nie ten volle funksioneel nie.

Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie, sê die verslag bevestig dat die plan om Koeberg se bedryfsleeftyd te verleng, “in ʼn krisis is”.

Hy sê die IAEA se bevindings wys tensy stappe dadelik gedoen word, Koeberg se lisensie waarskynlik nie in Julie 2024 hernieu gaan word nie.

Die DA het in September ʼn versoek by die IAEA se tegniese werkgroep ingedien vir korttermyn- tegniese hulp oor die bestuur van kernkragaanlegte.

“Die doel van die versoek was om die IAEA te vra om ʼn span kernkragsentralekenners te voorsien wat kan help met die projek om Koeberg se gebruiksleeftyd te verleng,” sê Mileham.

Die DA se aanbeveling is dat die Suid-Afrikaanse regering sy oproep steun om die hulp van IAEA-kenners in te roep om die projek weer op koers te kry.

Mileham sê die IAEA se bevindings strook met die bedryfsprobleme wat die Koeberg-kragsentrale die afgelope ruk geteister het. Koeberg se eenheid twee het onlangs uitgeskop en die projek om ses nuwe stoomopwekkers by die aanleg te installeer, sukkel nou al maande lank. Eskom moes aan die begin van die jaar reeds hiermee begin het, maar was nie ten volle voorbereid nie.

Die DA waarsku ook lankal dat hoewel beurtkrag nou reeds ondervind word, die situasie aansienlik gaan vererger indien Koeberg se lisensie nie hernieu word nie en die kernkragsentrale in Julie 2024 afgeskakel moet word.

Die aanleg lewer net minder as 2 000 MW aan die netwerk.

Opgraderingswerk aan Koeberg – om die verlenging van die lisensie te verseker – gaan na raming sowat R20 miljard kos, maar daar is toenemende kommer dat Eskom nie alles betyds gedoen gaan kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JohanR ·

Wat anders kan verwag word…..die dom ANC is die regering!

Johann ·

So Mantashe het wetend ‘n kritiese stuk info weg gesteek en daaroor gelieg. Soos hy en sy trawante gewoon standaard doen. Net weereens ‘n bewys van sy absolute onbevoegdheid!

Henri ·

As Eskom Koeberg verloor, wat slegs 2 000MW lewer, is dit nie te sleg nie, aangesien ons in elk geval daagliks met ‘n tekort van meer as 20 000MW sit. Dus is dit maar net nog ‘n emmer op die druppel… Of mis ek die kern van die saak? (Tong in die kies…)

Blikkies ·

Stem Henri, maar hoe gaan hulle maak met die kern afval/, ek dink regtig hulle weet nie waarmee hulle speel nie.

Johan ·

Jy mis iets ja, die kaap het nie steenkool nie, en dit stabiliseer n andersins baie lang transmissie lyn van waar ookal daar wel steenkool is…en die Noord-Kaap wek net in die dag krag op, en is ook maar vêr van Koeberg af.

Manie ·

Maak Koeberg summier toe en takel dit af. Die blote feit dat die regering ‘n kernkrag aanleg veilig moet bestuur met hulle swak diensrekord, is ‘n ramp wat wag om te gebeur. Dit sal hulle natuurlik goed pas, aangesien die Wes-Kaap ‘n doring in hul vlees is.

Marcello ·

Dit is makliker gesê as gedaan, want word van al die al die personeel??

Johan ·

Wat kom in sy plek? 2000MW wat 24/7 konstant 50Hz op die lyn kan sit.

domheks ·

Gwede Mantashe – Slim soos al die ander KADERS! Sal wag en skelm streke uithaal tot die bitter einde!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime sal voortgaan. Dan is daar ‘n groot BOEM en ‘n ramp, en dan word gesê dis sabotasie.

Nonnie ·

…..En so belieg en bedrieg die anc en sy kaders die publiek, nê…..

Koos 100 ·

Tipies Afrika. Gebruik ‘n ding sonder onderhoud tot dit opgebruik is, lieg dan daaroor totdat jy uitgevang word, swyg dan verder en hoop dat almal gaan vergeet, of totdat ‘n nuwe skandaal opgedis word, en dan, dan as die bom bars, blameer apartheid en daarna vir ou Jan. Dan is daar verkiesing en kry jy ‘n ander joppie, en die proses word herhaal.

Elizabeth ·

Gwede Mantashe. Minister van Nikswerd. Hy alleen kan SA verwoes. Hy het dit net eenvoudig nie. Hy het net die ANC wat net te eenvoudig is om te weet wat aangaan. Hulle is te besig met hul prag en praal lewenstyl.

Koos 100 ·

Hy is mos die leier van die komunistiese party. Moenie te veel van hom verwag nie, want hy weet nie veel nie, en het ook nie juis ‘n baie sterk IK nie!

Wondermaarnet ·

Dit is omdat hulle wag tot op nr 99 om te begin en daar sal niks aan gedoen word tot Junie 2024 nie en dan wil almal rondskarrel!

Marius ·

Weereens n bewys dat die kaders nie n benul het van beplanning nie.
Hulle kan net beplan om te plunder en party te hou.

Danie ·

Dis mos nie n probleem vir die land se bevoegde hoofde en leiers nie.Gaan leen geld om die kragstasie op te knap.Dis mos nie ons probleem nie.

Johan ·

Ek het altyd die ontploffingsbeskerming daar gedoen…wonder wie doen dit nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.