’n Paramedikus wat nie aan diens was nie het Sondag op ’n ongelukstoneel afgekom waar ’n bejaarde fietsryer van sy fiets af gery is deur ’n voertuig op die N3 naby die R34-brug in Vrede.
Volgens die paramedikus het die bebloede fietsryer vir nagenoeg twee uur op die hoofweg gelê voordat die eerste ambulans opgedaag het. Die paramedikus, wat anoniem wil bly, het aan News24 gesê hy het verskeie kere ’n ambulans na die toneel probeer ontbied. “Hy [die fietsryer] het verskeie beserings opgedoen insluitend beenbreuke sowel as kop- en borsbeserings.
Volgens die paramedikus het hy om 18:35 die eerste oproep na die staatsambulansdiens gemaak. ’n Verkeersbeampte en twee reaksiemotors van die N3-tolkonsessie het meer as ’n uur later opgedaag en die paramedikus moes van hulle toerusting gebruik om die pasiënt mee te behandel.
’n Ambulans het hierna op die toneel opgedaag maar het glo amper geen toerusting gehad nie. Die fietsryer se toestand kon nie vasgestel word nie.
Nog twee ambulanse het later opgedaag en die kritiek beseerde fietsryer is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.
Mondli Mvambi, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het gesê die voorval word ondersoek.
Waarvoor die ondersoek, dit is standaard prosedure, afrika tyd, hul stophorlosie is vervang met n almanak.
Daar is nie ‘n manier wat jy ‘n ambulans met toerusting kan gebruik as ‘n taxi. Moes hier ook seker eers die passasiers gaan aflaai. Verstaan asb. tog rede.
Peet jy slaan die spyker op sy kop. Hulle ry elke dag taxi met die ambulanse en niemand kan daaroor stry nie.