Kritiek deel van politieke debat, sê DA

DA-leier Helen Zille en Hlaudi Motsoeneng van die SAUK op 15 April 2014 by die Okosa-verhoor Foto: @malungelob via @helenzille

DA-leier Helen Zille en Hlaudi Motsoeneng van die SAUK op 15 April 2014 by die Okosa-verhoor Foto: @malungelob via @helenzille

Die inhoud van die DA se verkiesingsadvertensie is wettig en behoort uitgesaai te word, het die party se regspan Dinsdag by Okosa se kantoor gesê.

Steven Budlender, vir die Demokratiese Alliansie, het aan vyf raadslede van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa) se klagte- en nakomingskomitee gesê die SAUK verwerp wettige kritici deur die advertensies te verbied. Helen Zille, leier van die DA, en Hlaudi Motsoeneng, hoof bedryfsbeampte van die SAUK, het Dinsdagaand die verhoor bygewoon.

Die klagte- en nakomingskomitee hoor tans argumente aan nadat die SAUK besluit het om nie die DA se televisie- en radioadvertensies, getiteld “ANC Ayisafani” uit te saai nie, aangesien dit glo geweld aanhits.

Budlender sê dit is die aard van politieke debat om ander te kritiseer.

Die televisieadvertensie wys ʼn foto van ʼn polisiebeampte wat ʼn vuurwapen op ʼn inwoner rig, met ʼn stem wat sê: “Ons het gesien hoe die polisie burgers doodmaak”.

Budlender sê die advertensie hits nie geweld aan nie, aangesien dit nie ʼn versoek is om wapens op te neem nie, maar eerder ʼn versoek om vir die DA te stem. Hy voeg by die ASA se advertensiekodes is nie van toepassing op politieke advertensies nie.

Die verhoor het Dinsdagaand verdaag en hervat weer Woensdagaand om 18:00 om die SAUK die geleentheid te bied om met sy regspan te vergader.

Die ANC en pres. Jacob Zuma word skerp gekritiseer in die advertensies en Gauteng-premierskandidaat spreek ook die opgraderings by Nkandla, polisiegeweld en werkloosheid aan. Die DA het Saterdag ʼn dringende klag by Okosa ingedien, nadat die SAUK die advertensie “gesensor” het.

Tian Olivier, waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK, het skriftelik aan die party meegedeel dat hy nie die advertensie gaan uitsaai nie. Klik hier om die redes, wat die SAUK aangevoer het om die advertensie te onttrek, te lees. Die SAUK het gesê die DA kan ʼn gewysigde advertensie indien. -SAPA

Lees ook:
DA hof toe omdat Okosa voete sleep
Okosa beslis vandag oor DA-advertensie
SAUK-base bang om hul werk te verloor, sê DA
DA mag gewysigde advertensie indien
SAUK onttrek DA se TV-advertensie
DA kap ANC met nuwe advertensie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.