Kritiek teen nuwe regulasies ‘wat Caster teiken’

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het sy diepe teleurstelling uitgespreek oor die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se nuwe regulasies oor vroulike testosteroonvlakke.

Die IAAF het Donderdag ’n stel nuwe regulasies aangekondig wat beperkings plaas op vroue-atlete wat natuurlike hoë vlakke van testosteroon het. Die IAAF het gesê die 400 m, 400 m-hekkies, 800 m, 1 500 m en myl vir vroue word deur die nuwe reël geraak. Die nuwe reël is van 1 November van krag.

Caster Semenya, die wêreld en Olimpiese kampioen in die 800 m, is een van die atlete wat na verwagting deur die nuwe reël geraak sal word.

Saskok het gesê dat, hoewel hy die prosesse respekteer, hy bekommerd is dat die regte, vertroulikheid en privaatheid van atlete geraak word.

“Al ons atlete het onomwonde ons ondersteuning. Ons gaan voort om hoë gehalte sportmanne en -vroue te produseer en sal voortgaan om die regte en waardigheid van ons atlete en ons ledefederasies te beskerm,” het Gideon Sam, president van Saskok, gesê.

“Saskok is natuurlik teleurgesteld oor die IAAF se besluit, veral aangesien Caster se naam weer orals opduik.”

Sam het gesê Saskok is bekommerd dat die besluit goedgekeur is sonder dat al die faktore in ag geneem is. “Ons wil dit duidelik maak dat Semenya nog nooit betrokke was by enige verbode aktiwiteite om haar prestasie te verbeter nie en dat enige verhoogde tostesteroonvlakke slegs weens haar genetiese samestelling is.”

Toko Xasa, minister van sport, het ook haar ontsteltenis oor die nuwe regulasies uitgespreek. “Die Caster Semenya-regulasies is niks behalwe ’n voortslepende aanval op Semenya, Suid-Afrika se goue meisie, nie.”

Xasa glo die nuwe regulasies sal Semenya negatief raak in die haar deelname as ’n atleet in die internasionale arena. “Ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om sterk te staan in hul teenkanting van die regulasies, aangesien dit daarop gemik is om Caster se loopbaan te benadeel.”

Die nuwe regulasies sal waarskynlik tot gevolg hê dat Semenya medikasie gaan moet neem om haar liggaam se hormoonproduksie te verminder.

Die ANC het ook ten sterkste teen die regulasies uitgevaar en gesê dit is ’n poging om sport te gebruik om te diskrimineer en ander uit te sluit.

“Hierdie nuwe regulasies maak inbraak op die menseregte van atlete en veral dié in Oos-Europa, Asië en Afrika. Die rasse-ondertone van hierdie besluit kan nie ongesiens verbygaan nie,” het Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, gesê.

Die ANC het ’n beroep op die regering gedoen om die nuwe regulasies teen te staan. “Ons doen ’n beroep op die regering om die onregverdige en blatant rassistiese poging deur die IAAF by die arbitrasiehof vir sport teen te staan en dit ter syde te laat stel. Die ANC sal Semenya bystaan in hierdie saak wat net nog ’n poging is deur internasionale sportliggame om haar uit te sluit en teen haar te diskrimineer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Morne ·

Tipies swart ANC. Speel nou weer die ras kaart. Sy het n onregverdige voordeel bo ander vroulike atlete.

Chris ·

Snaaks hoe vinnig rassisme in kom sodra dit n swart persoon raak . Om mense te kies vir ander sport op hul vel kleur tel nie solank dit swart bevoordeel .

Eish ·

Ek dink tog dat indien hul so n reël wil implimenteer, dit op alle items van toepassing gemaak moet word. Diė wyse verleen stukrag aan die argument dat Semenya onnodig geniepsige uitwysing ervaar deur haar items uit te sonder. Verder dat n algemene standaard gestel word vir aanvaarbare vlakke van al ons biotiese sopmengsels. Mans sowel as vroue.
Die oorgevoelige meerderheidsregering wat rassisme skree bewandel n doringbesaaide paadjie deur die aangeleentheid n politieke geurtjie te gee. Totaal onvanpas as wyse om die aangeleentheid reg te stel.

Boerseun ·

kan die ander vroue dan testosteroon pille neem om hulle vlakke op te kry? Beter maak alle opkikkers wettig dan kla niemand

VaalNaeler ·

Vir eens streef die lAAF daarna om vir VROUENS ‘n gelyke speekveld te skep of anders kan hulle dan net sowel enige opkikker toelaat omdat dit die een atleet bo die ander bevoordeel.
Net jammer die rekords gaan vir eeue staan, want geen VROU met normale talent kan sulke tye hardloop nie!

rollie ·

Sy’s ver van die wereldrekord af. Sy is nie rerig so goed nie.

Mien ·

Dit is nie diskriminasie nie. Net ‘n regverdiger speelveld. Dalk moet die Paralimpiese komitee ook sommer na hulle klassifikasie kyk.

Jannie ·

Ag foeitog! Nou kan die meisies voortaan teen meisies deelneem!! Wel gedaan!!

Rupert Ashford ·

Is die ou regulasies dan nie destyds aangepas om o.a. Semenya te akkommodeer nie? As die peuter met reels eenkeer ooglopend toegelaat is kan die wat destyds stilgebly het omdat dit hulle toevallig gepas het nie nou kla nie. Die kurk is uit die sjampanjebottel.

Natan ·

Dit is regverdig om maatreëls teen haar en ander sulkes in te bring, gelyke en regverdige mededinging moet plaasvind. Caster kan nie veel doen teen haar fisieke toestand nie, maar sy klassifiseer nie as 100% vrou nie. Hoër testosteroon vlakke skuif haar na die manlike kant. Al haar rekords en medaljes beteken 0. Die maatreëls is regverdig teen haar mededingers. Wat vreemd is dat die items waarin sy deelneem uitgesonder word, dit moet op alle items van toepassing wees. Die ANC gaan ook mal oor hierdie saak, maar hoër testosteroonvlakke is ook korrupsie, al is dit geneties so, maar benadeel die ander meer gelyke deelnemers ook in hul konstitusionele regte.

Alida ·

Nou nadat die atleet al die goue medaljes gewen het! Dis siek. Die hele wereld het lankal geweet wat die ware toedrag van sake is. Voel jammer vir die ware vroue atlete.

Lens ·

Wat reg is, is reg. Dié tipe ding sal al meer ‘n probleem word in die toekoms terwyl mense deesdae kunsmatig hulle eie geslag wil bepaal. Êrens sal die streep tekens getrek moet word. As jy dan onder dié of daardie geslag wil deelneem, moet jy sorg dat jy in alle opsigte aan daardie geslag se standaarde voldoen, anders is die kompetisie bloot nie meer regverdig nie. Elke atleet sal dit maar moet aanvaar. Om te wen is wonderlik, maar wen jy regverdig?

gert ·

Uiteindelik is ‘n reuse onreg reggestel waar vrouens in ‘n vrouesport-item moes meeding teen ‘n interslagtige.

Helena ·

Ek is nou heeltemal stomgeslaan. Wat het die hele aangeleentheid met ras te doen. Het net sekere rasse testosteroon???? vra maar net.

Linda van Mosselbaai ·

As ek ‘n vroue atleet was sou ek nie deelgeneem het aan ‘n wedren waar ‘n ander atleet ‘n voordeel bo my kry nie. “What is the use of running- if I know I do not stand a chance!”

Wilma ·

Oe die diskriminasie. Ons is keelvol. Nou is sekere mense wee ongelukkig omdat hul ni hul sin kan kry ni. Aanvaar die reels

humor ·

Alweer n sasse- saak. Dit is geensins rassisme as ander bevolkingsgroepe geraak word nie. Dit is net rassisme as n swartmens geraak word. Dit is n internasionale sportliggaam se besluit. Is die hele internasionale wereld dan disktiminerend teen swartmense ? Die vraag is dan nou hoekom is dit net swatrmense wat geteiken word.

Oom Kalahari ·

Die kompetisies en alle suksessvolle uitslae met rekords wat links en regs spat is nie op regverdige vlak meegeding met so ‘n hoe testoroon vlak nie. Van die begin af was die aangeleentheid onder gewldige druk en het die kaart mannetjie Fikile Mabalula vuur gespoeg as oor haar/hom verdere toetse verlang was. As daar niks om weg te steek is nie en op gelyke grondvlak meeding dan is dit mos nie ‘n probleem vir verdere toetse nie. Hierdie besluit moes lankal gebeur het en natuurlik sal daar “Rassisme” geskree word want die eier is besig om in hul gesig te ontplof en hul gaan waarneem hy/sy nie teen vroue kan of mag meeding nie.

Whatever ·

Hy praat van menseregte van atlete wat aangetas word. En dan word ras ook ingebring. Blah blah blah. Die ander atlete het dalk net begin voel dit is nie die moeite werd om te kompeteer nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis pateties dat ons alewig besig is om “perke” te stel…op enige iets!! Al wat die beheerliggaam moet doen is om byeenkomste te reël vir mense wat gelyk kan kompeteer? Met ander woorde, kom ons hou ‘n Olimpiese spele waar almal ge-“juice” is…..Maak nie saak of jy dood neerslaan na die eindstreep nie? Jy’t gewen!! Nou is jy die wêreld se vinnigste steroïd 100m atleet. Ons hou byeenkomste vir verskillende klasse van gestemdheid….hoekom nie vir verskillende klasse van aanvullings en testosteroon vlakke nie? Dit skep soveel meer geleenthede…

rollie ·

Dis nie ‘n nuwe ding nie. Google ‘n bietjie die wereldrekordhouer vir die 800m vroue wie se rekord al sedert 1983 staan. Dis nou ‘n man… laat Caster soos ‘n verfynde prinses lyk.

Daan ·

‘n Nuwe kategorie vir vroulike atlete wat fisiologies só ontwikkel is behoort by die gestremde items gevoeg te word. Dan kan appels met appels vergelyk word! Dit sal interessant word as die kategorie vir mans met ‘n oordosis vroulike hormone ook daargestel word!!

LHS ·

Ha, ha, ha, ou Gideon, IAAF is nie jou speelmaatjie nie, hulle smyt jou en die hele Sascoc uit die stootwaentjie, jy , die geagte minister, wat duidelik nie weet waaroor dit gaan nie en die arme anc segsman wat skynbaar ook nie weet hoe werk hormoonvlakke nie. Ek hoop van harte daar sal n regstelling gemaak word op alle vorige medaljes en veral rekords.

Pateties ·

Pateties. ..freaking he’ll los haar slag uit. ..so what as sy meer testoroon het. ..Kom op boelie af. ..sy haar nie self geskape nie. ..

Susan ·

Dis altyd vir my amazing hoe ons mense kan trap. Nie een van julle weet wat sy deur maak nie. Ons dink altyd ons spot met ander . Wees baie versigtig, ek het al geleer dat dit wat ons vrees en oor spot, oor ons kom. Julle maak mense seer met al julle beledigende kommentaar. Gaan kyk of julle comments deel is van die vrugte van dir Gees

TDW ·

Ek voel jammer vir haar, sy het nie gevra om so gebore te word nie, maar sy het definitief meer man in haar, haar stem is ‘n duidelike teken, dat sy nog van vrouens hou tel ook nie in haar guns nie. Ek voel jammer vir die ander vrouens wat nie teen haar kan kompeteer nie, in hulle harte weet hulle hulle is eintlik eerste. Hierdie gaan nog baie skudding veroorsaak. Waar sal mens die streep trek? Dis ‘n moeilike een. Waar kan sy dan haar sport beoefen? Daar sal moet plan gemaak word, juis oordat mans sterker atlete as vrouens is. Hierdie is die eerste stap, maar hoe ver gaan dit gevat word?

Spike ·

Dit is so goed soos ñ liggewig teen ñ swaargewig bokser. Daar is geen regverdige kompitiesie nie. Die lewe gaan oor regverdigheid. Die wat ras skree, kom by asb. Julle is soos dwase.

TDW ·

Ek het nou mooi gedink aan hierdie storie en my hart gaan steeds uit vir haar, sy is so gebore, maar nou begin ek wonder,hoe ver vat mens die “unfair advantage” gaan hulle iemand ook laat uithaal omdat die atleet abnormaal lank is? Hierdie is ‘n moeilike ding.

jaco ·

as hierdie dan nie ‘n raskwessie is nie, waarom is atlete uit die ou Oos-Duitsland en die Sowjet-Unie, wat toppresteerders was, dan uitgelos terwyl almal in atletiekkringe oral in die wereld, geweet het hulle word met hormoonbehandeling “gedope” om beter te presteer. Is hulle dalk uitgelos omdat hulle wit was?

Basie ·

Hi Jaco,
Nee hulle was nie uitgelos nie, jy kan wel gaan kyk hoeveel was uitgevang en verban. Nou onlangs met die winterspele was Rusland uit die olimpiese spele agv doping in 2014 , atlete kon deelneem maar onder OAR. Niks met velkleur tedoen nie

Susan ·

Dis altyd vir my amazing hoe ons mense kan trap. Nie een van julle weet wat sy deur maak nie. Ons dink altyd ons spot met ander . Wees baie versigtig, ek het al geleer dat dit wat ons vrees en oor spot, oor ons kom. Julle maak mense seer met al julle beledigende kommentaar. Gaan kyk of julle comments deel is van die vrugte van dir Gees

Buffel ·

Hou op skuil agter geestelikheid en geloof sien dit vir wat dit is……

Lana ·

Dis maklik – as jy nie bene het nie kan jy nie deelneem teen mense met bene. As jou testosteroonvlakke baie hoër is as die res van die deelnemers’sin mag jy nie daar deelneem. As daar ‘n hemelbesem opdaag vir hoogspring, kan hy nie deelneem. Mens kan tog nie iemand met ‘n aansienlike “voorsprong” laat deelneem.
Caster moes nog nooit teen vroue deelgeneem het nie. Hier kort baie streng reëls. Veral wat internasionale atletiek betref.

Luister ·

Ek vind dit baie ironies dat Caster nou chemiese middels sal moet neem; terwyl gemiese middels verbode is.
Wat van atlete met groter voete, langer bene, sterker longe, ens. Waar word die streep getrek?

RHG ·

Dis jammer dat die wat tweede gekom het se name in die vergetelheid is. Hulle het nooit die vreugde van wen ervaar wat hulle eintlik toekom nie.

Anoniem ·

Casper is getroud met ‘n vrou. Sy was in mans klere geklee en vrou in ‘n pragtige trourok. Sy is heeltemal bewus wie en wat sy is maar wil nie in openbaar verkondig wat die werklike waarheid is nie want dan verloor sy baie geld. Haar trou fotos was op CNNTV .

Buffel ·

Stem 100% saam. Dis eintlik so bietjie van ‘n klug……..

marous ·

Rassisties ? Wat as daar ‘n lelie pienk dame vanaf Europa met ‘n bloedrooi baard en spiere soos ‘n tier die rook uit elke vroue atleet hardloop ? Gaan daar ook rassisme geskreeu
word?

madels ·

Ek moet se, Caster is miskien n vrou, maar sy is heeltemaal soos n man gebou. En sy sien haarself ook as n man, nie as n vrou(in haar huwelik). Hoekom moet sy in sport as vrou meding? Dit slaan my totaal dronk! En moet asb nie nou dink ek diskrimineer teen die vrou nie, maar genade as sy haarself sien as man, en sy lyk soos n man, en sy het meer testosteroon laat haar dan meeding teen mans en nie vrouens nie. Ek kan glad nie sien wat is hiermee verkeerd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.