Kritieke motorfietsryer per helikopter na hospitaal gehaas

Argieffoto

Twee motorfietsryers is beseer in ʼn ongeluk op Bridgeweg in Westonaria. Een beseerde moes per mediese helikopter na ʼn hospitaal gehaas word vir noodbehandeling.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Saterdagmiddag plaasgevind.

Volgens Vermaak is die een motorfietsbestuurder kritiek beseer tydens die voorval.

“Paramedici het omstreeks 14:30 by die toneel opgedaag en ʼn man en vrou met verskeie beserings aangetref,” het Vermaak gesê.

“Die man was in ʼn kritieke toestand, en die mediese helikopter is ontbied om hom na ʼn hospitaal te haas,” het Vermaak gesê.

Volgens hom is die vrou op die toneel behandel en gestabiliseer en daarna na ʼn hospitaal vervoer.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dalene Scholtz ·

Dit was my Ma en haar Verloofde in die ongeluk. Hy is in Milpark Hospitaal in Johannesburg en my Ma is in Lenmed Hospitaal in Randfontein. Albei was in ICU opgeneem maar my Ma was gister geskuif na die Surgical Saal. Albei is besig om weer vinnig aan te sterk.

Dalene Scholtz ·

Dit was my Ma en haar Verloofde in die ongeluk. Hy is in Milpark Hospitaal in Johannesburg en my Ma is in Lenmed Hospitaal in Randfontein. Albei was in ICU opgeneem maar my Ma was gister geskuif na die Surgical Saal. Albei is besig om weer vinnig aan te sterk. My Ma se hand is gebreek en sy het verskeie kneusplekke en skrape opgedoen en brandmerke van die teerpad.

Hendrika O'Neill ·

Indien enige iemand wat foto’s geneem het op die ongeluks toneel as bewyse kan dalk met Werner Vermaak van ER24 ook in aanraking kom asb aangaande die 2 motorfietsryers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.