‘Kritieke tekort’ aan verpleegsters

Jack Bloom, DA-LPW (Foto: DA-webwerf)

Dr. Gwen Ramokgopa, die LUR van gesondheid in Gauteng, het glo erken die provinsiale departement van gesondheid het ʼn “kritieke tekort” aan verpleegsters.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, het Maandag in ʼn verklaring gesê Ramokgopa het dit verlede week tydens ʼn seminaar vir verpleegsters in Krugersdorp bekend gemaak.

“Sy het tydens die seminaar gesê die departement funksioneer tans op die getal personeellede wat gegrond is op die provinsiale bevolkingsgetal van 2006 toe daar sowat 4,8 miljoen mense minder was,” het Bloom gesê.

Bloom het gesê die getal verpleegstersposte was toe gegrond op ʼn bevolking van 9,5 miljoen, wat oor die afgelope 12 jaar tot nagenoeg 14,3 miljoen aangegroei het sonder dat aanstellings opwaarts aangepas is.

Volgens Bloom is die situasie vererger deur ʼn omsendbrief aan hospitale wat hospitaalbestuur opdrag gegee het om slegs 50% vakante poste te vul van afgetrede en oorlede verpleegsters asook dié wat bedank het.

“Ek is geskok deur Ramokgopa se erkenning dat dié omstandighede daartoe gelei het dat verpleegbestuur nie behoorlik opgeleide personeel toeken aan pasiënte in kritieke omstandighede nie. Dit is hoogs onverantwoordelik en verhoog die risiko van mediese nalatigheid,” het hy gesê.

“Die departement het ʼn swak mensehulpbronne-afdeling wat volgens ʼn verouderde en onvoldoende personeelstruktuur funksioneer wat nie gehaltesorg aan pasiënte kan verskaf nie. Dit is ʼn slegte situasie wat vererger word deur die krukkebeleid om slegs 50% vakante poste te vul. Dit plaas groot druk op hospitaalpersoneel.”

Bloom het gesê die departement moet sy topbestuur, wat die een “blaps” ná die ander maak, versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Erger raak ·

Daardie sogenaamde gesondheidsminister se plan sal die tekort nog erger maak want die laaste goeie verpleegster gaan die land verlaat want daar is n baie groot vraag na verpleegsters oorsee. Laat VFplus onderhandelinge vir selfbeskikking nou begin want die land gaan ineenstort in chaos.

Kim ·

Die nuwe gesondheidswette gaan nie help nie, selfs nog meer verpleegsters gaan die land verlaat.

Alida ·

Die onbekwame verpleegsters is te danke aan die ANC se sogenaamde “werkskepping”. Daar word nie bekwame opgeleide mense aangestel nie net sommer ‘n werksoeker sonder ervaring solank hulle swart is as gevolg van BEE. Blanke meisies kry nie geleentheid nie. Stel die BESTES aan ongeag kleur !! wanneer gaan hulle leer.

anerine ·

32 jaar ondervinding en kry nie werk nie….want ek is n blanke en nie n derde taal praat nie, en hulle wil nie eers Afrikaans praat nie so waar is die 3 de taal van toepassing…soek al 8 maande werk…..

Andrea van Vuren ·

Bring die beursstelsel terug. Verpleegkundiges gaan ‘verpleeg’ vir ‘n salaris en nie vir die passie nie.

bgj van der westhuizen ·

dit is tyd dat mense op gely word dan sal ons nie n te kort he nie

Werksomstandighede ·

Dit is tyd dat mense wat wel opgelei is, beter werksomstandighede verkry, anders sal hulle die land verlaat en groener weivelde gaan soek.

Diskriminasie ·

Die regering en universiteit se rassistiese kwotastelsel verhoed baie andersinds volkome capable witmense om in medies opgelei te word en dit is ook een van die redes vir die gesondheidskrisis in die land.

Skandelik ·

Snaaks. Dis nie juis nuwe nuus nie. Hierdie ding kom al lank. En tog het SANC in die laaste drie jaar geen privaat opleidingsinstansies goedgekeur om verpleegsters op te lei nie. Miskien moet die staat bietjie begin om hul voordeur skoon te vee!

Regtig ·

Voel jammer vir verpleegsters wat wel nog in diens is. Hulle is oorwerk en uitgelewer aan pasiente wat soveel eise stel. Gaan sit een dag in n ongevalle en kyk hoe pasiente of hulle vriende met verpleeg personeel praat. Ek laat my kop in skaamte sak. 3 verpleegsters 2 susters om 28 pasiente n ongevalle n kraamsaal en nood teater te dek. Kom mnr die LUR ek daag jou uit om een dag saam met my onder sulke omstandighede te werk.

Regtig ·

Ek daag enige iemand uit om vir een dag my werk saam met my te kom doen. 28 binne pasiente. Ongevalle. kraamsaal en nood teater. Met 3 verpleegsters en 2 susters.

Stan ·

Het geen simpatie nie. Weet van talle wit verpleegsters wat sonder werk sit!!!!!!!

Carina ·

My dogter se groot droom was om te gaan verpleeg. Sy het keuring gekry by ‘n baie goeie hospitaal groep. Sy het deurgeloop onder viktimisering deur anderskleurige susters, is gedwing om skedule medikasie aan pasiënte te gee en is konstant verskree. Geen kind wat pas klaar is met skool is opgewasse teen sulke optrede nie. Intimidasie vier hoogty en daar is niemand wat vir die wit studente baklei nie. So… hulle moenie nou kom met “kritieke tekorte” nie. Stop hierdie onregverdige tendense in die samelewing dan kan elkeen op sy eie meriete sy loopbaan volg en bydra tot positiewe ontwikkeling en hoër standaarde. Al die probleme wat tans in hierdie land aan die gang is, is hierdie sogenaamde leiers se eie bleddie skuld!

Blondie ·

Die ANC moet besef dis nie die dokters wat ons land nodig het nie, maar ons land wat hulle nodig het.

Joshua ·

Soos melaatses word die minderheid deur die ANC gesien en behandel.

Jackie Gittins ·

En dan wil die ‘slim’ Min van Gesondheid n NHI begin. Hy kan nie eers sorg dat die huidige stelsel funksioneer nie.

Annie ·

Dit het met my dogter ook gebeur. Niemand om vir haar op te kom nie en haar opleidingskollege “exit” haar in Maart 2018 in haar vierde jaar en reik agterna ‘n brief uit om te sê sy het gedros. Nee wat, hulle is nie ernstig oor goeie gesondheidsorg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.