Kroeg gesluit waar ses sterf ná trapreling meegee

Die voorval het by Osi's Place plaasgevind. Foto: Facebook

Die voorval het by Osi’s Place plaasgevind. Foto: Facebook

Die Wes-Kaapse Drankowerheid het tydelik ʼn sjebien in Khayelitsha gesluit nadat ses vroue tydens ʼn stormloop op die trappe gesterf het. Nog twee vroue het daarna in ʼn motorongeluk gesterf op pad na die hospitaal.

Alan winde, LUR vir ekonomiese geleenthede, het gesê inspekteurs van die drankowerheid het Sondagoggend vroeg Osi’s Place in Makhaza besoek. “Die drankowerheid het die instelling tydelik gesluit.” Volgens hom sal die drankowerheid toepaslike stappe doen sodra ʼn verslag deur die polisie uitgereik is, insluitend om die sjebien se dranklisensie terug te trek, indien nodig.

Winde het gesê die provinsiale regering sal ook gerugte ondersoek dat van die persone in die kroeg minderjarig was. “Ons is uiters besorg hieroor en sal dit kragtens die Drankwet ondersoek.”

Maroela Media het vroeër berig ses vroue is dood nadat ʼn trapreling meegegee het. Twee beseerdes het gesterf op pad na die hospitaal toe hulle in ʼn motorongeluk betrokke was. Volgens die polisie was al die vroue tussen 15 en 23 jaar oud.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek om te bepaal of enigiemand verantwoordelik gehou kan word vir die ineenstorting. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van strafbare manslag ná die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KarooKlong ·

Wonder hoekom doen die Drankowerheid nie gereelde roetiene ondersoeke op soortgelyke persele nie?

KarooKlong ·

Ek het sommer self ‘n antwoord uitgedink: duisende sjebeens sal in die proses TYDELIK toegemaak moet word en dan sal daar weer duisende aansoeke wees om hulle weer oop te maak en dit is te veel werk vir die dienare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.