ʼn 46-jarige eienaar van ʼn Kaapstadse kroeg is in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om die polisie om te koop.
Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die man het sy kroeg in Macassar sonder ʼn geldige dranklisensie bedryf.
“ʼn Geheime operasie is uitgevoer waartydens die eienaar R5 000 aan ʼn polisiebeampte aangebied en betaal het om ʼn dranklisensie te bekom,” het Rwexana gesê. “Die man het belowe hy sal ʼn verdere R30 000 betaal wanneer hy die lisensie ontvang. ʼn Opvolgbesoek is gereël waartydens die eienaar R15 000 betaal het vir die lisensie. Hy is kort daarna in hegtenis geneem op aanklag van omkopery.”
Rwexana het gesê die optrede van die polisiebeampte is prysenswaardig en ʼn duidelike aanduiding die polisie duld nie korrupsie nie. “Dit dien ook as ʼn waarskuwing aan kroegeienaars om binne die grense van die wet op te tree.”
Die man sal na verwagting Vrydag in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.
as hy die R30 000 betaal het soos hy belowe het het daar niks van gekom nie.
Snoefie prys liewer die Polisie. Ongevraagde stelling wat jy maak!
Seker daarvan dit was n wit of bruin polisieman gewees wat nie vir korrupsie sommer sal val nie as dit in Gauteng was glo my die eienaar sou weggekom het met die omkopery!
Duidelik bewys dat DA beheer het in meeste situasies in Wes-Kaap nie soos ANC beheerde areas wat “thrive” op korrupsie
so net swart polisiebeamptes val vir korrupsie en wit en bruin polisiebeamptes doen dit nooit nie???
@Tc – ag nee, dit is darem nou veralgemenend! Wat van daardie wit polisieman wat so 3 weke gelede 18 jaar gekry het vir handel met vuurwapens waarop daar beslag gelê was? Gaan kyk maar op die hofrol vir die Bellville Handelsmidrywe Hof (hoop ek het die naam hier reg) hoeveel polisie manne (wit en bruin) is oor ‘n jaar of wat aangekla van korrupsie (wegraak van dossier, neem van omkoopgeld) en ander witboordjie-misdade. Nee man, mens kan nie só redeneer nie. Jy smeer alle polisiemanne en -vroue met dieselfde teerkwas.
Niks met die DA/ANCte doen nie die weskaap het goeie mense hulle stem net DA omdat ons land en volk nie goeie leiers het nie
die polisie duld nie korrupsie nie!? Almal weet dat dit te wyd omskryf is. Pas die woord ‘sommige’ êrens in daardie sin en dit sal aanvaarbaar wees.