Kroegman en kelner in hof oor kredietkaartbedrog

Argieffoto

Argieffoto

Asanda Oxley Jadi (26) het in die Kaapstadse landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn klant se kredietkaart by die Yacht Club in Kaapstad gekloon het.

“ʼn Oplettende klant het glo op Saterdag, 11 Junie, om 16:30 gesien hoe Jadi iemand se kredietkaart kloon,” het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die polisie is ontbied en die beskuldigde is na bewering met ʼn ongemagtigde transaksietoestel betrap wat bankkaartinligting kan versamel, waarna hy in hegtenis geneem is.”

Jadi bly in aanhouding. Hy staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie. Hy moet weer op 20 Julie in die hof verskyn.

Intussen het Tafadzwa Felex Madziwadondo (22), ʼn kelner van ʼn restaurant in Race Courseweg in Milnerton, Maandag in die hof verskyn op aanklag van kredietkaartbedrog wat glo tussen Januarie en Junie 2016 gepleeg is. “Verskeie klante van groot banke was slagoffers van onwettige optrede. ʼn Ondersoek deur die Valke en die banke het tot sy inhegtenisneming gelei,” het Ramohva bygevoeg. “Hy is op die dag van sy inhegtenisneming glo betrap met die inligting van verskeie klante se kredietkaarte.”

Madziwadondo se saak is uitgestel tot 4 Julie vir sy aansoek om borgtog.

Dit is nog nie in een van die sake bekend gemaak hoeveel geld ter sprake is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nie belangrik ·

So ja! Kry vir julle. Hoop almal word een vir een so uitgevang.

Lance ·

Hoop net hulle word ook so vinnig gefonnis ….of gaan hulle ontsnap of gaan die leer verdwyn ….gebeur SO baie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.