Kroegmoord: Man weer in hof

Ludi Vink. Foto: Facebook

Die 52-jarige man wat teregstaan weens die moord op Ludi Vink, wat in Februarie dood is nadat hy in ʼn kroeg in Alberton met ʼn potspelstok in die oog gesteek is, het Vrydag weer in die hof verskyn.

Kapt. André de Jager, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Daniel Jacobus Olivier het in die rondgaande hof in Palm Ridge op aanklag van moord verskyn. Die saak is tot 6 Junie uitgestel vir nadere ondersoek. Olivier se borgtog is verleng en sy borgtogvoorwaardes bly dieselfde.

Maroela Media het vroeër berig Vink (30) was op 21 Februarie saam met ʼn familielid in ʼn kroeg in Randhart toe die voorval gebeur het. Veiligheidskameras in die kroeg het die gru-aanval vasgevang en die beeldmateriaal is sedertdien op sosiale media gedeel.

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe Vink langs die potspeltafel staan en ʼn ander man die potspelstok gryp en Vink in die gesig steek. Vink sak inmekaar en die man draai om en beweeg uit die kameraskoot uit. Iemand hardloop dan nader en trek die stok uit Vink se gesig voordat hy hulp ontbied.

Vink is na ʼn hospitaal gehaas waar hy breindood verklaar is. Hy is later in die hospitaal dood, maar is lank genoeg op lewensondersteuningsmasjiene gehou om sy organe te skenk.

Lees alle vorige berigte oor Ludi Vink op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AL ·

Nou die dag gelees ñ skokkende 0.2% is orgaanskenkers. Danksy Maroela Media wat die orgaanskenking link gestuur het in n vorige artikel oor die oorledene, het my hele gesin hul as orgaanskenkers geregistreer.

Dellaq ·

Skokkend. Mense wat “minder erg” misdade pleeg, kry nie borgtog nie. Die gespuis hoort agter tralies tot hy gevonnis word…

Brabus ·

Sal Maroela asseblief weer die link stuur vir orgaan skenkers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.