Krok vier 114de verjaarsdag

Jade Giraudeau van Warner Beach by Henry die Nylkrokodil. Foto: The Crocworld Conser

Jade Giraudeau van Warner Beach by Henry die Nylkrokodil. Foto: The Crocworld Conser

Henry die Nylkrokodil is in 1900 gebore, het twee wêreldoorloë oorleef en is, sover bekend, die oudste krokodil in aanhouding.

Henry vier Dinsdag sy 114de verjaarsdag in die Crocworld-bewaringsentrum in Scottburgh, KwaZulu-Natal. Hy het sy lewe in die Okavanga-delta begin en is in 1903 gevang.

Volgens African Expedition Volume 6 was Henry ʼn “mensvreter wat talle kinders geëet het”. ʼn Botswana-stam het ʼn olifantjagter, genaamd “Sir Henry”, gevra om die krokodil dood te skiet maar daar is besluit dat hy vir sy straf in aanhouding sal doodgaan.

Volgens Martin Rodrigues, hoofbestuurder by Crocworld, geniet Henry egter luilekker dae in die son langs sy eie dammetjie. “Henry het ʼn wonderlike lewe saam met sy ses vrouens, en sy verjaarsdag sal gevier word met ballonne en koek.”

Die video van Henry is in 2012 geneem en op YouTube gelaai. Henry was toe 112 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Herman Reynders ·

Ses vrouens en ‘n’ dammetjie…? Is julle seker dis nie ons prez by Nkandla waarvan julle praat nie..?

Elizabeth ·

Herman jy het my lekker laat lag – NET wat die dr voorskryf vir ‘n Maandag!

Dave ·

Herman, jy het meer mense laat hardop lag as wat jy kan dink… dit was een van daai skerpes! Jakop verdien nie regtig soveel aandag maar as die clown ons kan laat lag, is daar ten minste nkandlistiese humor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.