Krokodil gryp vrou: Liggaam gekry

Foto: Verskaf deur SAPD.

Die liggaam van ʼn 52-jarige vrou is Maandag uit die water gehaal ná ʼn krokodil haar vermoedelik Sondag gegryp het toe sy water by die Mutshindudi-rivier gaan haal het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is glo deur die krokodil gegryp toe sy water by ʼn rivier naby die Malavuwe-nedersetting in Limpopo gaan haal het.

Ngoepe het gesê die vrou was saam met ʼn 55-jarige vrou toe die voorval plaasgevind het. Albei is lidmate van dieselfde kerk.

“Die vroue het om 06:20 Sondag by die Mutshindudi-rivier gaan water haal, glo in opdrag van hul kerk,” het Ngoepe gesê.

ʼn Krokodil het toe glo die vrou gegryp en met haar onder die water verdwyn. “Die ander vrou het so vinnig moontlik weggehardloop en die gemeenskap van die voorval in kennis gestel. Die mense het daarna die polisie ontbied,” het Ngoepe gesê.

Die polisie se reddingspan, nooddienste en natuurbewaringspersoneel was betrokke by die soek- en reddingspoging.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

“Vrou gegryp en onder die water verdwyn”. Ek dag as ‘n krokodil jou gryp en jou onder die water trek, moet die krokodil groot wees, die water diep genoeg wees en jy word opgevreet. Die ondersoek uitslag sal intressant wees. Dan is daar seker nie net een groot krokodil en geen babers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.