Krokodil gryp vrou op rivieroewer

Foto: Verskaf deur SAPD.

Die polisie in Thohoyandou doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 52-jarige vrou vermoedelik deur ʼn krokodil onder die water ingetrek is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is glo deur die krokodil gegryp toe sy water by ʼn rivier naby die Malavuwe-nedersetting in Limpopo gaan haal het.

Ngoepe het gesê die vrou was saam met ʼn 55-jarige vrou wat saam haar in die kerk is toe die voorval plaasgevind het.

“Die vroue het om 06:20 Sondagoggend by die Mutshindudi-rivier gaan water haal, glo op instruksie van hul kerk,” het Ngoepe gesê.

ʼn Krokodil het toe glo die vrou gegryp en met haar onder die water verdwyn. “Die ander vrou het so vinnig as wat sy kon weggehardloop en die gemeenskap van die voorval in kennis gestel. Die gemeenskap het die polisie ontbied,” het Ngoepe gesê.

Die soektog na die vrou duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

Ai dit is baie tragies. Hoekom sal die kerk haar opdrag gee om in die rivier water te gaan haal welwetende dat daar krokodille is. Daar behoort nie ‘n enkele mens in SA te wees wat water uit ‘n rivier te gaan skep nie. Dankie ANC regering.

Lizette ·

Baie swart mense in Afrika bly langs die rivier, want dis waar water is… Hulle drink uit die rivier, bad in die rivier en was hulle wasgoed in die rivier. Niks met die kerk of ANC te doen nie…

jennefer ·

Die water uit die rivier is heilig, Ons kry gereeld versoeke om water te skep uit die vlak poele op ons bergrandjie

Alida ·

Daar is nog DUISENDE huishoudings wat nie lopende water het nie. Kom by.

snoefie ·

water uit n kraai kos geld Alida. as jy dit wil borg waar dit nog nie is nie, gaan sien die munisipaliteit. dan sal hulke water aanlê. op jou onkoste.

Dankie ANC ·

Neeee julle Alida is heeltemal reg ons mense kan dit besef, maar onse slim regering het mos dan nou beloof GRATIS water vir ALMAL in invormele nedersettings en so ook behuising.
Net sodat daar vir hulle genoeg stemme gewerf kan word soos krag en al daai lekker goed waarvoor ONS deur ons ore betaal.
So dankie Alida…….. WELLLLL DONE ANC met julle transformasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.