Krokodil ruk Limpopo-vrou in rivier in: ‘Dit was soos iets uit ʼn fliek’

Kelly Trauernicht in die hospitaal. Foto: Verskaf

Kelly Trauernicht in die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Vrou van Phalaborwa in Limpopo is ernstig beseer nadat ʼn krokodil haar Sondag gegryp het terwyl sy van die Ga-Selati rivierbrug visgevang het.

Kelly Trauernicht (32) sterk tans in ʼn hospitaal in Polokwane aan nadat haar longe en lewer deur die krokodil se tande beseer is. Sy het ook groot bytwonde aan haar arms en bors en haar ribbes is gebreek.

Dawie, Kelly se man, het aan Maroela Media vertel van die vreesaanjaende oomblik toe die krokodil sy vrou gegryp en met haar onder die water in verdwyn het. “Ons het saam met ons 12-jarige seun gaan visvang en soos baie kere vantevore onder die brug op die betonplatforms gesit,” het hy gesê.

“Ons het skielik ʼn byt gehad wat die lyn al verder in die water in getrek het. My vrou het vorentoe geleun om die dobber met ʼn lang vispen af te kap. Die volgende oomblik het die krokodil soos blits uit die water gespring en haar gegryp.”

Kelly word van die brug af gedra. Foto: Verskaf

Kelly word van die brug af gedra. Foto: Verskaf

Dawie vertel hy het die krokodil met al sy mag op sy kop geslaan en probeer om Kelly uit sy kake te kry, maar die krokodil het gedraai en haar onder die water ingetrek. Oomblikke later het die krokodil weer met Kelly bo die water verskyn en sy het verbete probeer om terug te baklei.

Drie van die plaaslike inwoners, wat gesien het wat gebeur, het nader gehardloop en met knopkieries en klippe op die krokodil toegesak. “Hulle het hom met die klippe bestook, geslaan en ʼn groot stomp tussen haar en die krokodil ingedruk totdat hy haar gelos het. Ons het haar uit die water tot op die platform getrek, waar ons vir die paramedici gewag het,” het hy gesê.

Jaco Gericke, ʼn diensverskaffer vir Maponya 911 ambulansdienste, het gesê Kelly het diep wonde aan haar regterarm gehad en groot tandmerke oor haar bors. “Jy kon duidelik sien hoe die krokodil haar oor die rug en bors gegryp het,” het hy gesê.

Volgens Gericke weet die plaaslike inwoners in die gebied al dat die krokodille in die rivier ʼn gevaar inhou en sit hulle altyd ver van die oewer af wanneer hulle visvang. “Ek dink dit is ook waarom hulle so vinnig opgetree het. Hulle weet die krokodille in daardie rivier is baie gevaarlik.”

Dawie het gesê hy is steeds baie geskok na die voorval. “Dit was soos iets uit ʼn fliek uit; beslis nie ʼn mooi gesig nie. Sy is nou in die chirurgiese saal waar sy aansterk. Dit was Jesus wat Sy hand oor my vrou, en die drie mans wat haar gered het, gehou het. Alle eer gaan aan God. As dit nie vir Sy genade was nie, was my vrou nie vandag hier nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

DPJ ·

Sterkte met die herstel proses. Ja ‘n krokedel se tand is nie van die skoonste nie. Vergiftiging kan baie maklik intreë as wonde nie goed behandel word nie.

Frans ·

Dankie vir mense wat haar te hulp gesnel het. Dit was werklik dapper optrede.Krokodille
bly maar altyd ‘n gevaar.

Hennie de Beer ·

Beslis `n riller uit die boonste rakke. `n Kosbare lewe is sonder twyfel gered deur die dapper en onbaatsugtige optrede van die plaaslike inwoners. Bestaan daar nog helde vererings soos vroeer jare? Kelly sterkte met jou herstel proses – jy is beslis vir groter dinge in die lewe bestem.

Hanna ·

Die plaaslike inwoners kort beslis n helde verering vir hulle dapper optrede. Baie dankie aan hulle wat n lewe gered het

MM ·

So dankbaar vir julle. Ons Hemelse Vader het beslis Sy hand oor haar en die span gehad. Ons bid sterkte en ‘n volle geneesing oor haar.

Garath ·

Dit is duidelik dat rassisme net in die politiek bestaan. Baie dankie aan almal wat hulp aan die vrou verleen het.

Engela de Klerk ·

Prys die Here vir die dapper mense wat die man gehelp het om sy vrou te red. Die Vader was werklik genadig. Ek kan nie GLO sy het dit gemaak nie! Wat ‘n ongelooflike ondervinding. Mag sy ten volle herstel.

LTVW ·

Riller van ‘n ondervinding….

Skrywer : Mariné
Net dalk so regstelling in die berig. Die slagoffer het ONDER die Ga-Selati brug vis gevang, nie VAN die brug af nie. Dit ook later in die berig bevestig deur Mnr Gericke.
Is bietjie hoog vir die Ou Krokkenoster om te hap. #BietjieTegnies, jammer. ;-D

Lou ·

Die brug bestaan ook uit pilare en strukture onder. Ek dink dis OK so.

Martin ·

LTVW. Dit gaan mos nou nie oor hoe die berig bewoord is nie. Dit is mos nou ‘storie met ‘n positeiwe einde. Baie dankie Maroela.

Delia ·

LTVW, Ja ek het ook gewonder hoe die krok haar op die brug beetgekry het, maar nou ja, deesdae is dit maar “anything goes”….

Martin ·

Delia, behalwe kritiseer en saamstem met wat ander mense sê, waarmee is jy nog goed. Moet asb. nie uit die oog uit verloor nie, dit wat jy lees op Maroela is GRATIS.

Griki ·

Nie ‘n probleem nie. In die artikel word dit baie duidelik gemaak dat hulle onder die brug was.

Simoné ·

Ek stem saam met LTVW…Toe ek die foto sien en die opskrif lees was ek vreeslik deurmekaar gewees, maar dit maak nie saak nie, die punt is nie die opskrif nie maar die inhoud, “Well done” aan dié wat die vrou gehelp het.

Rina van Vuuren ·

Vader ons Prys U wonderwerkende Heilige Naam. Herstel haar volkome want U gaan haar tot getuienis gebruik in Jesus se Naam Amen

Chris N ·

Baie dankie aan ons Skepper en sy genade. Glo en vertrou die dame ‘n spoedige herstel. Aan die plaaslike bevolking ek loof jul vir julle hulp en dapper optrede. Hoop julle ontvang die nodige erkenning. Welgedaan manne.

Christa ·

Sterkte met die herstelproses, Kelly. Wat dink julle van ‘n mooi duidelike foto van Kelly, haar gesin en haar drie lewensredders?
Hierdie dapper manne het gesorg dat’n 12-jarige seun nie sy Ma sien sterf nie en meer mense se lewens aangeraak as wat hul ooit kon dink.
Dis hierdie soort verhale wat meer aandag verdien – verhale van dapperheid, goedheid en omgee – HELDEDADE.
DIS mos die REGTE Suid-Afrika!!

laurika ·

Ek voel jammer vir jou Kelly, maar ons almal weet daar is kroks in daai water, jy was net op verkeerde plek op verkeerde tyd, mense leer nie. Hoop die res wat daar woon leer dat daar kroks is in daai water en mens kan nie kans vat nie. Jare terug het skool seuns ook gaan swem en een van hulle was ook deur krok aangeval hy het twee keer op gekom en toe nooit weer nie. Ek is net bly daar was mense wat jou kon help.

Adri ·

Dit is nou ‘n storie wat aan mens raak en veral die foto’s en die saamwerk tussen wit en swart. As almal hierdie mense hierbo se resep toepas sal dit baie beter in SA gaan.

alida ·

Ek weet my kommentaar gaan nie vir almal aanvaarbaar wees nie, maar hoekom onder die brug gaan sit as jy voor jy heilige siel weet dit is gevaarlik. Nietemin bly die vrou en oorleef. Mense doen dom dinge en verwag dan die hele wereld moet jammer wees vir hulle.

Boscia ·

Duisende dankies aan die plaaslike mense wat haar te hulp gesnel het. Ek versonderstel hulle is swart. Wat ‘n wonderlike voorbeeld. Laat ons soos klaviernote tog in hemelsnaam begin saam speel en mekaar te hulp snel om ons land te red.

Martin ·

Delia, behalwe kritiseer en saamstem met wat ander mense sê, waarmee is jy nog goed. Moet asb. nie uit die oog uit verloor nie, dit wat jy lees op Maroela is GRATIS.

Martin ·

Boscia, hierdie is baie goeie terugvoer. Het ons ‘n ander keuse. Soos Garath sê: Rassisme bestaan net in politiek.

Charlene ·

Shoe dis erg. Dis so goed dat ander mense kom help het, anders sou die berig baie tragies geëindig het. En dan was hulle seun ook by dat so `n jong seun so iets moes sien! Ek hoop sy word baie gou gesond en is dankbaar dat sy lewe. Alida baie van die mense daar moet visvang vir kos, hulle kan nie altyd in hulle onwerpers skoentjies en geverfde nael Wollies in stap en `n ready to eat meal gaan koop. Daar is baie van die mense daar wat ook visvang vir ontspanning, ons mense doen dit nog en daar is vrouens wat dit saam hulle mans doen en dit geniet…. Mag dalk `n skok wees vir jou maar dis waar.
Ek is baie dankbaar die mense kan so saam staan maar Palaborwa is nie baie groot nie en dis hoe die mense daar is, hulle help mekaar en staan saam! Wel gedaan aan almal hier.

sjoe & wow ·

Sjoe en wow, so bly sy kon hierdie aanval oorleef, met groot dankbaarheid aan hierdie 3 manne wat onmiddelik opgetree het en gehelp het waar nood is. Wens net meer kan dit sien en die voorbeeld volg!!!!!

Antjie ·

Lyk my die mense wat so kommentaar lewer oor die “bo” of “onder” kan ook nie so lekker
lees nie, want in die 3de paragraaf sê Dawie presies waar hulle visgevang het, Ek weet
nie hoekom mense tog so graag kritiseer nie! Dit is ‘n “lelike” storie met ‘n “mooi” einde,
wat maak dit tog in elk geval saak presies waar dit gebeur het?

alida ·

Antjie, die verskil van bo en onder is : Onder is gevaarlik en bo is veilig.

alida ·

Asseblief Maroela ons het genoeg gehoor van hierdie storie. Julle het seer sekerlik ander nuus ook.

Magda ·

Alida. Nou sit af jou data en gaan kyk Prinses Sofia. Gou gou meisiekind dis amper klaar

Michelle ·

Ek hoop regtig dat die 12 jarige liefie berading gaan kry, sal wragties ‘n groot tragedie wees as die seun nie meer ietsie wil doen omdat hy bang is vir wat in die water is nie. Seuna, bly asseblief visse vang, dis ons mense se tradisie om vis te vang. Sterkte vrou, hoop nie jy het te veel skade vir jou oudag nie.

Hennelie Rust ·

Ek bly sê , elke bevolkingsgroep het sy goeie en slegte mense. Nou die politici baat (vir hul sak) om onmin,haatspraak,en moord te verkondig en rug te draai op al die burgerlikes wat ly hieronder. Maar die goeies is ver meer as die slegtes.DIS DIE POLITICI EN SY MEDIA wat hierdie welwillendheid en goeie gesprek tot niet maak in die land !!! Kyk net hoe word gemoor en met ‘n skrikbewind,mense geaktiveer om die verkeerde as reg en toelaatbaar te beskou. Amal gaan gebuk hieronder. Dankie vir ‘n storie soos die een: die voorbeeld van hulp………..die 3 Samaritane.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.