Krokodil, slang in motor gevind by padblokkade

Foto: SAPD

Polisiebeamptes in die Oos-Kaap het tydens ʼn roetine‑padblokkade ʼn ongewone vonds gemaak.

Beamptes van die Qacha’s Nek-polisiestasie naby die Lesotho-grens het Vrydag ʼn roetine‑padblokkade gehou as deel van die polisie se #SafetyFridays-veldtog.

ʼn Padblokkade is vroegoggend by die Khoapha-kruising opgestel. Beamptes het in een van die motors wat hulle van die pad af getrek het ʼn ongewone vonds gemaak.

ʼn Luislang van 1,9 m en ʼn krokodil is in die kattebak van ʼn motor gevind. Die 39-jarige bestuurder van die motor en twee passasiers, tussen 27 en 39 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Volgens die polisie het die verdagtes glo van Limpopo af gereis. Die verdagtes sal Maandag in die Maluti-landdroshof op aanklag van die besit van onwettige spesies verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Die beste manier om padkos vars toe hou……….is lewendig en in die vel!!

Hanna Hoekom ·

Kan julle dink hoe daardie beamptes geskrik (en moontlik gegil het)… Kyk, sekere kulture is nou maar een maal vrek bang vir reptiele! Dit kon soos iets uit Leon Schuster se movies gelyk het. Is bly die gediertes is darem veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.