Krokodille in KZN se strate

Die krokodille is in die omgewing van die Crocodile Creek-plaas in Tongaat opgemerk (Foto: Facebook)

Inwoners van die Suidkus moet nie net koes vir die vloedwaters nie, maar moet skynbaar nou ook ligloop vir wilde diere wat weens grootskaalse oorstromings in verspoelde woongebiede inbeweeg.

Ezemvelo KZN Wildlife het Woensdag 14 krokodille gevang wat weens die onlangse vloede uit die Crocodile Creek-krokodilplaas in Tongaat, KwaZulu-Natal, ontsnap het.

Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife, het gesê Ezemvelo is aanvanklik in kennis gestel van 12 krokodille wat van die plaas ontsnap het nadat die plaas weens swaar reën oorstroom het. Hulle het teen laatmiddag ook van nóg twee te wete gekom en hulle ook gevang.

Sosialemediagebruikers krap ook kop oor ’n foto wat versprei is van ’n voorwerp wat soos ʼn haaivin lyk in die water op die N2-snelweg in Durban (Foto: Andre Beetge, Facebook)

Die krokodille is in die nabye omgewing van die plaas opgespoor.

“Ons vermoed hulle kon dalk langs die Tongaatrivier – wat minder as ’n 1 km van die plaas geleë is – geswem het,” het Mntambo gesê.

Mntambo sê hulle is nie seker of daar dalk nog krokodille buite die plaas is nie, en sal die gebied fynkam.

Sosialemediagebruikers krap ook kop oor ’n foto wat versprei is van ’n voorwerp wat soos ʼn haaivin lyk in die water op die N2-snelweg in Durban.

André Beetge, DA-raadslid, het die foto op sy Facebookblad gedeel en gesê dit is op die N2 naby die ou lughawe in Durban geneem. In die foto is dit duidelik hoe skeepsvraghouers op die water dryf. By een van dié houers is die voorwerp in die water wat lyk soos ’n haaivin.

Mntambo en superintendent Parbhoo Sewpersad, woordvoerder van die Durbanse metropolisie, kon egter nie aan Maroela Media bevestig of dit wel ’n haai in die water is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Snowball ·

Die krokodille in die vloede eet minder as die slange in die parlement.

Willempie ·

Seker nie so gevaarlik soos ń paar wat in die parlement se gange ronddwaal nie.

Johan D ·

Indien dit ʼn haaivin is moet dit ʼn geweldige groot haai wees, groter as wat al ooit in ons waters gesien was!

LD ·

Daai vin lyk darem maar vir my al te naby aan die van ‘n haai! Dit was ook my eerste vraag toe ek die foto gesien het. Maar dit sal beslis SA se eie “Jaws” wees as dit wel ‘n haai is :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.