Kruger-hek gesluit weens betogings

Foto: Wikimedia

Die Kruger-wildtuin se Punda Maria-hek was vir die grootste gedeelte van die afgelope twee weke gesluit weens betogings in die omgewing.

Besoekers word aangeraai om eerder van ander hekke gebruik te maak.

Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê die hek in die noorde van die wildtuin is Dinsdag oopgestel, nadat die situasie oënskynlik kalm was. Daar is egter weer Woensdagoggend besluit om die hek as voorsorgmaatreël te sluit.

Volgens Phaahla betoog gemeenskapslede op die pad na die Punda Maria-hek.

Dit is nie die eerste keer dat dié hek weens betogings gesluit moes word nie.

Dit is nie duidelik waaroor gemeenskapslede dié keer betoog nie. Die betogings hou wel geensins verband met die wildtuin nie, het Phaahla gesê.

Die wildtuin monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Casper

Nou waaroor betoog hulle dan.Geen sosiale afstand nie.Geen toestemming vir belonging nie.SAPS down nie hulle werk nie.

Heinrich

Niemand gee in elk geval meer ‘n snerts om hoekom hulle wettelose betogings hou nie. Dis maar net nog ‘n pad om te vermy vir ‘n rukkie, dan sal hulle griewe nog steeds onaangespreek bly deur die mense wat hulle in beheer in gestem het. En met die volgende verkiesing stem hulle maar weer vir dieselfde mense en bly hulle griewe nog langer on-aangespreek en so gaan die siklus voort.

Herms

Laat hulle ingaan. Running meals for the Lions.