Kruger-leeus van kant gemaak

Argieffoto. Foto: SANParks

Drie van die leeumannetjies wat Sondagaand uit die Krugerwildtuin in Mpumalanga ontsnap het, is van kant gemaak.

Daar is aanvanklik vermoed vier leeus het ontsnap, maar spanne van SANParke en die Mpumalanga-park-en-toerisme-agentskap (MPTA) het sedertdien vasgestel dat daar slegs drie leeus ontsnap het.

Die leeus is vroeër die week naby Matsulu, ʼn nedersetting buite die park, opgemerk. Die nedersetting is sowat 40 km oos van Nelspruit.

Kholofelo Nkambule, woordvoerder van die MPTA, het Vrydag aan Maroela Media gesê ʼn boer van die Maravallei-omgewing het Donderdag een van die leeus doodgeskiet nadat die leeu een van sy beeste vir prooi gevang het. Die boer het nog ʼn leeu gewond voordat die diere in ʼn onherbergsame gebied in gevlug het.

“Ons spanne is in die omgewing ontplooi nadat die voorval aangemeld is. ʼn Helikopter is gebruik om die leeus op te spoor want dit was nie moontlik om dadelik te voet by die diere uit te kom of om hulle met ʼn pyl te verdoof nie. Aangesien een van die leeus gewond was en dié dier groot risiko’s ingehou het, is die moeilike besluit geneem om die leeus te skiet,” het sy gesê.

Sibiya het SANParke bedank vir hul ondersteuning en hulpbronne. Sy het gesê die boere en die gemeenskap in die omgewing het ook voortdurend inligting verskaf.

Dit volg skaars twee maande nadat vyf jong leeumannetjies in die Komatipoort-omgewing uit die wildtuin ontsnap het, nadat hulle vermoedelik deur ander dominante mannetjies uit die reservaat verdryf is. Vier van dié leeus is kort daarna gevang en veilig teruggeneem na die wildtuin, een het egter alle spoorsnyers ontduik en is vermoedelik self terug in die reservaat in.

Dr. Markus Hofmeyr, SANParke se hoofveearts, het Dinsdag gesê dit is belangrik om kennis te neem dat die leeubevolking eksponensieel gegroei het en ʼn kenmerkende faktor is vir leeumannetjies om vir nuwe gebiede in die park te soek. Hy het gesê dit is hoogs onwaarskynlik dat die drie leeus wat Sondag ontsnap het, dieselfde is as dié wat twee maande gelede in die Komatipoort-omgewing uitgekom het.

Nkambule het gesê die MPTA weet glad nie hoe die leeus Sondag ontsnap het nie en ʼn ondersoek sal deur SANParke van stapel gestuur moet word. Die vorige leeus het vermoedelik deur die Komatirivier ontsnap, aangesien die rivier laag was weens min seisoenale reën.

Die bestuur van SANParke reken dit is nie ongewoon dat leeus uit die wildtuin ontsnap nie en dat tot 20 sodanige voorvalle per jaar aangemeld word. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Reet ·

SANParke moet dan maar plan maak en van die jong leeumannetjies re-home in reservate ens. waar daar plek gaan wees vir hulle … hoe is dit dat die bevolking groei en die diere geforseer word om dan grense te breek omdat dit nie bestuur word nie ? Skuus dom vraag dalk maar kon dit nie verhoed word nie ? Wat word nou van daai leeu karkasse … kry die gemeenskap dit om veder die moeti “lus” aan te wakker …. voel soos ‘n bose sirkel net omdat die groei waarvan SANParke praat nie bestuur word nie … ander oorbevolking van spesies word bestuur .. hierdie leeus doen net wat vir hulle natuurlik is … om hul eie territory te kry … ons land is vast en daar is baie wildsplase waar mens hulle seker kon akkommodeer ?

Jeannette ·

@Reet – ek het presies gewonder: wat raak nou van die karkasse? Gaan dit – na alle waarskynlikheid – deur die (korrupte?) SANParke-personeel aan die (bygelowige) inboorlinge van die omgewing vir ‘n (ekstra) geldjie verkoop word? Dit was in elk geval baie onnodig – as die leeus vroeër gevind was of as hulle (in die eerste instansie) nooit “ontsnap” het nie – eerder vrygekom het nie – dan was die alreeds-amper bedreigde leeuspesie nie nóg drie leeus minder nie.

SP ·

Was dit nou regtig die enigste opsie om hierdie leeus dood te skiet? Ek dink nie so nie.

Leon ·

Jy’s duidelik nie n boer nie. Ek wil sien wat jy doen as jy besig is met werk, en hier kom leeus by jou aan.

E.K. (vra net) ·

Leon, ek verstaan die een leeu wat geskiet is, maar een is gewond en toe skiet San Parke sommer die gewonde een PLUS die ander een? Kyk gerus die program BOS op Via en sien hoe daai fotograaf sonder enige wapens naby diere kom sonder probleme, hiënas, leeus alles. Ek dink nie die boer was bedreig, sy bees is net gevang (sê HY!)

Leendert ·

Dankie Sanparke dat julle die wilde diere en ons erfenis so mooi bewaar.

Bertus ·

Ek hou nie van die idee nie, maar as hul beeste begin vang is dit skade vir die boer. Dink almal het probeer die leeus vang…

SP ·

Eienaars wie skade lei,word deur SANPARKE of Prov parkeraad vergoed vir hul verlies,ek se nog steeds daar was ander opsies.

Hasiedrukker ·

Hasiedrukker alarm. Mense wat niks van die realiteite van die natuur en plaasbesigheid weet nie gaan nou begin spring.

Leendert ·

Dis is nie waaroor dit gaan nie, dit gaan oor Sanparke wat nie hul werk doen en nie die grensdrade/omheinings instant hou nie. Hulle is meer begaande om geld uit toerisme te maak as om te bewaar.

Hasiedrukker ·

Sanparke moet inderdaad bewaarwerk doen ja, ons moet netnie verwag hulle moet net bewaar en nie geld insamel deur toerisme nie. Dit gaan oor volhoubare benutting van hulpbronne, nie net oor bewaar alleen nie. Ten minste probeer hulle geld maak en vat nie net belastinggeld heeltyd soos ander Staatsondernemings soos SAL nie.

Leendert ·

Hasie, kom beleef die Wildtuin elke dag saam met my. Ek sal graag wil sien in watter lig beskou jy ‘n hulpbron, vir wat? Hoe? Soos die agbare Edna Molewa?

Kannaland ·

Leenderd, ek besoek die plek so baie dat dit my tweede huis is. Ek wil dit graag vir res van my lewe en die nageslag se lewens ook doen daarom besef ek hoe belangrik ekonomiese volhoubaarheid ook is. Die diere en landskap moet inkomste ook genereer in die praktyk, anders sal n kortsigtige regering soos ons sn dit eenvoudig nie meer bewaar nie, dis ongelukkig die realiteit.

Leendert ·

Kannieland, ek het die Wildtuin al by die 400 keer besoek, dan tel ek nie die oornagbesoeke se dae in nie, maar ek tel dit as een besoek. (Ook is daar al so ‘n boek of twee op die rak, nie die konvensoinele nie.)

Leendert ·

Kannaland, dan moes ek byvoeg, as Edna Molewa se ekonomiese volhoudbaarheid soos ‘n mommon die oorhand het, soos dat die Wildtuin moet uit die produkte en behuising, hotelle, Wimpy’s, ens ens, die stad in bring, dan kan ons dit maar los. Dit is nie bewaring nie, en dit behoort jy te weet. Gaan luister hoe klink die trokke snags as hulle van Krugerhek af na die industriele gebied van Skukuza ry. Luister na die vliegtuie. Jip dis volhoudbaar. Gaan kuier in die noorde, daar waar die natuur nog natuur is, dan gesels ons weer. Golfbane, sokkervelde.

vrikie ·

As leeus eers rump of T bone steak geeet het is daar geen keer aan hulle, hulle sal bly terugkom vir nog

Mars ·

Ek dink ook nie hierdie was die enigste opsie nie. Dit is ongelooflik “sad”. Net so “sad” soos die leeus wat genadeloos deur sogenaamde brawe jagters met baie geld gejag en doodgeskiet word om hulle koppe as n trofie te kry of andersinds om afgeslag te word en hulle bene gekook word vir een of ander towermedisyne.

Leendert ·

En geblikte leeujag, en die agbare minister Edna Molewa, wat toestemming gegee het dat 800 leeu beendere jaarliks uitgevoer mag word, wat instem dat daar met renoster horing handel gedryf mag word.

B-man ·

Baie goed vir ons sukkelende ekonomie. Die jagbedryf moet so aanhou. Land-en mynbou bly ons ganse wat die goue eiers lê. Te veel leeus in park, moet dus uitgedun word, of dit nou binne of buite die grense gebeur.

Leendert ·

B-man jy klink soos ‘n Z-man. Hehehehe. Hoe weet jy van te veel in die park? Wanneer laas het jy ‘n sensus gesien?

Bender ·

Ek sien sommer nou meer uit na my jagnweek die naweek! Gaan n lekker bloue, rooibok en blessie probeer kry, mmmm lekker!

Leendert ·

Ek hou self van my wildsvleisie en biltong, daar is niks verkeerd met etiese jag nie. maar dan om die idee te verkoop dat jag bevorder bewaring is die grootste onsin wat ek nog gehoor het.

HP ·

Geniet die jag Bender. Maak lekker biltong en droe wors. Ander mense dink vleis kom van winkel rakke af of hulle eet blare soos n bok!!!

Landi ·

Dankie SANpark dat julle dit as die enigste uitweg geag het. As julle die wildtuin meer patroleer en julle kampdrade en heiningdrade onderhou sal sulke goed nie gebeur nie. Julle is pateties en hou op twak verskonigs soek dat dit die enigste uitweg was. Gun wonder ons renosters word op hope afgemaai nie want julle doen nie julle werk nie. HOU OP OM NET DOOD TE MAAK. Dit maak my skuins as mense net vernietig. Gebruik die geld wat inkom deur besoekers en begin n slag die parke ordentlik onderhou

Anni ·

Ek verstaan die boer se verlies. Maar wragtag om sulke mooi diere dood te skiet????? Eks seker as hy Sanpark in kennis gestel het sou hul hom vergoed het. Dis mos natuurlik vir hulle om te jag man!!

ROEBS ·

Ja nee regtig hoekom skiet julle die leeus, in die eerste plek is dit hulle huis ons is in hulle gebied sit grense op waar hulle mag gaan en nie. Dink dit is onnodig om hulle te skiet. But ja dit is die mens…..

Josua Keys ·

Ek verstaan dat daar nou onlangs ‘n permt toegestaan is om 800+ Leeus te skiet vir die Japanse mark blykbaar gebruik hulle die leeus se kopbene in medisyne, so is dit hier waar dit nou gaan begin om die skiet van leeus te regverdig, want ek dink dit is waar die karkasse oppad heen is.

Paul ·

Daar is ‘n verskil tussen Japan en China en Vietnam. Al drie verskillende lande, so verskillend as die verskille tussen Engeland, Duitsland en Griekeland.

Japan het niks met die saak te doen nie.

Helene ·

Dit was onnodig om die pragdiere dood te maak. Daar was ander alternatiewe. Met die mens aan die stuur, is die diere besig om die onderspit te delf, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd, want ….. geld praat.

Janine ·

Ek sit hier en HUIL! Julle wrede wrede ongevoelige klomp gemors! Daai prag diere!

Hasiedrukker ·

n Bees is ook n dier, ook met gevoelens, so ook n boer wat probeer om sy enigste inkomste in n land wat boere onderdruk probeer beskerm. Daar is n plek vir almal onder die son. Waar jy in die stad sit is daar nie leeus nie want hulle is lank terug uitgeskiet, maar jy sou ook huil as n leeu skielik opdaag by jou werksplek en jou salaris opvreet.

Ronel Nortje ·

Ja nee, die arme diere moet dit altyd ontgeld. Dis vir baie tog so lekker om net dood te maak. Alles moet altyd dood. Dit laat hulle seker goed voel as hulle die arme hulpelose dier met ‘n geweer doodskiet. Siestog, so deksels pateties!!!! En daar is altyd een of ander verskoning daarvoor. Ek het van die begin af geweet hulle gaan doodgeskiet word, en daar sal een of ander “verduideliking” of “verskoning” wees. Maak mens siek!!!!

Adriaan ·

Ek Het self op n Game Reserve Gewerk.Daar was geen instandhouding van SANPARKE NIE.
Nou word hul net geskiet!Klomp Gemors jul

Mars ·

Dit is jammer dat dit vir party mense so lekker en vir sommiges selfs “fun” is om diere dood te skiet. Na so ‘n doodskiet trip, sommiges noem dit jag, word daar selfs gespog daaroor.

Daar is egter etiese en menslike jagters ook. Ongelukkig is daar ook die wat diere doodskiet net vir die lekkerte daarvan amper of dit ‘n partytjie is, dikwels het die diere geen kans nie en is vreesbevange en oorweldig deur angs omdat hulle weet wat kom en hulle het geen wegkomkans nie. Soos onder andere geblikte leeus wat “gejag” word.

Ai ·

Die hele land weet daars leeus wat ontsnap het. Kon die boer maar regtig nie die mense bel om die leeus te kom vang nie? En dan gaan staan en kwes hy nog die ander een ook eers.

Die Konserwasie status op leeus is “Vulnerable”.

BoLANDER ·

Ek voel ook lus om aan die huil te gaan!!!! As die heinings gereeld onderhou word en nie stukkend is nie, sal die prag diere nie ontsnap nie!!!!!!!!!!!!!!! Is siek, siek, siek verby!!!!!!!!!!!!!!!!!!

omgekrap ·

Ek is omgekrap ja omdat die leeus geskiet is
Dit is nie Sanparke wat nie hul werk doen nie DIE HEININGS WORD AFGESTEEL!!!! Nou moet die arme diere daar onder lei

M'Lady ·

Die maklikste uitweg word altyd gekies. Geen poging van SANPark om bietjie meer moeite te doen om hierdie leeus te red nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.