Kruger-standbeeld loop weer deur

Die Paul Kruger-standbeeld in Kerkplein gevandaliseer (Foto: Verskaf)

Vandale het die standbeeld van pres. Paul Kruger en die vier brandwagte op Kerkplein in Pretoria se middestad met rooi spuitverf getakel.

Cecilia Kruger, besturende direkteur van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting, sê sy het Dinsdag ’n boodskap ontvang oor die beeldegroep wat met spuitverf bygedam is. Die vier brandwagte se gesigte is met rooi verf gespuit.

Die woorde “Killer Killer” is op die voetstuk van die Kruger-beeld gespuit.

Dié beeld het in die verlede al dikwels onder vandale deurgeloop.

Die Erfenisstigting gaan volgende week, met behulp van die burgerregteorganissie AfriForum, dié beelde in ere te herstel.

Kruger sê die voetstuk van die Kruger-beeld is gemaak van sandsteen en hulle gaan ’n spesialis moet inkry om die spuitverf te verwyder. “Om sandsteen skoon te maak verg spesialiskennis. Die bronsbeelde is makliker om sommer self skoon te maak,” sê sy.

Kruger sê hulle gaan vir dié projek water, ’n kragopwekker en ’n hoëdruk-warmwaterspuit benodig.

Alana Bailey, hoof van kultuursake by die AfriForum, sê AfriForum gaan die skoonmaakproses finansier.

Volgens Kruger het dit lanklaas gebeur dat een van dié beelde gevandaliseer is.

Sy sê die rede vir die vandalisme kan moontlik aan politieke agendas gekoppel word. “Standbeelde soos dié word gekoppel aan ’n spesifieke kultuur of volksgroep. En aanvalle en vandalisme op sulke beelde is simbolies van ’n aanval op daardie kultuur en sy kulturele identiteit,” sê Kruger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Minderwaardige swape.

twaalfboor

Verwyder die landmerk en gaan rig hom by die Voortrekker monument op. Die plein is lankal nie meer die trots van “Tshwane” nie. Dis eg aan Pretoria wat ook nie meer sy trotse ouself is nie.

SomeOne

moenie my vertel na al die jare van beskadiging, is daar nog nooit kameras wat op oom paul en sy vier soldate gerig is nie

Pappa Beer

Ja wat, baie maklik om n standbeeld aan te val, standbeelde staan nie terug nie. Wys maar net weereens die lae vlak van intelek en verstand. As dit nou mandela se standbeeld in Sandton was sou daar weer kommisies van ondersoek ingestel wees en n 24uur jagtog geloots wees om die skuldiges vas te trek. Belaglik man.

Sobymykoolkop

Monkey see, monkey do. Trop mentaliteit. Lafaards.