Kruger-wildbewaarders kom op naakte liggaam af

Die gebied waar die man se liggaam gevind is. Foto: Via Google Earth

Die Limpopo-polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat die naakte liggaam van ʼn man, vermoedelik sowat 35 jaar oud, deur wildbewaarders van die Krugerwildtuin gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die bewaarders het die man se liggaam langs die wildtuin se heining op die berg, noord van die Matiyani-nedersetting naby die Punda Maria-hek, aangetref.

“Die oorledene is donker van gelaat en het kort hare. Hy het geen identifikasiebewys aan hom gehad nie. Inwoners van Matiyani en die omliggende gebiede weet ook nie wie hy is nie,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die man se liggaam geen sigbare wonde gehad nie. “Die oorsaak van die man se dood is nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ai ·

Ja dit help. “Donker van gelaat”. Eks so spierwit enige iemand met n bietjie van n tan is “donker van gelaat” teen my. Jinne mense is julle nou al so polities korrek julle is te bang om net te se wat die ras van die man is.

Lynette ·

Ai – ja ek stem saam – hierdie pynlike oordrewe politiese korrektheid van die media in Suid-Afrika is om van te lag EN te huil – in Amerika sal n berig pertinent die ras van die persoon noem OMDAT dit help met die ondersoek. N Bsskrywing van n oorledene het mos nou absoluut NIKS met politiek en rassisme te doen nie! Mens is wat jy is, daar waar jou lyk. As die oorledene bv. n baie duidelike tatoeermerk op dy hand het, gaan mens mos SÊ daar’s n tatoeermerk van n valk op sy hand. Hoekom nie ook sê dis n WITMAN of n SWARTMAN nie.??Enige beskrywing van n persoon wat bv. iemand verkrag het, sal in Amerika pertinent in die koerante beskryf word as n WITMAN of n SWARTMAN war deur die polisie gesoek word.

Carel ·

Donker van gelaat . . . ? Word dit deesdae so gespesifiseer?

Mr P ·

Wanneer tenderdokumente voltooi moet word is daar n deel in die dokument wat vra hoeveel werkers het jy. Daar is n kolom wat jy moet voltooi wat vra hoeveel swart, kleurling, indian en dan wit mense werksaam is. Nou in die media mag jy dit nie noem nie. Ek is n baie trotse wit blanke man uit die boerevolk van Suid Afrika. Niemand kan dit verander nie. Ek wil dit ook nie verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.