Kruger-wildtuin grondeis afgehandel

Pres. Jacob Zuma tydens die oorhandigingsviering van die Kruger-wildtuin grondeis op 21 Mei 2016 (Foto: Presidensie, Twitter)

Pres. Jacob Zuma tydens die oorhandigingsviering van die Kruger-wildtuin grondeis op 21 Mei 2016 (Foto: Presidensie, Twitter)

Honderde gesinne, wie se onteiende grond nou deel vorm van die Kruger-wildtuin, ontvang ʼn gesamentlike vergoeding van R84 miljoen.

Pres. Jacob Zuma het Saterdag, tydens die skikking en oorhandigingsviering in Ehlanzeni, Mpumalanga, gesê ses gemeenskappe, drie van Limpopo en drie van Mpumalanga, ontvang die vergoeding.

“Alhoewel die Kruger-wildtuin as ʼn bewaringsvlagskip beskou word, is die skat ook ʼn kollektiewe heugenis, kultuur en tradisie vir diegene wat van hul grond ontneem is,” het Zuma gesê. “Die eise wat afgehandel word, is deel van verskeie grondeise wat deur verskillende gemeenskappe van Limpopo en Mpumalanga ingedien is ten opsigte van die wildtuin.”

Hy het gesê die eise is voor die eerste sperdatum in 1998 ingedien. “Die eise word afgehandel kragtens ʼn kabinetsbesluit in 2008 wat betref billike regstelling as die enigste opsie om alle grondeise op die Kruger-wildtuin af te handel.”

Toeskouers tydens die oorhandigingsviering van die Kruger-wildtuin grondeis op 21 Mei 2016 (Foto: Presidensie, Twitter)

Toeskouers tydens die oorhandigingsviering van die Kruger-wildtuin grondeis op 21 Mei 2016 (Foto: Presidensie, Twitter)

Die kabinet het die status van die Kruger-wildtuin as ʼn nasionale en internasionale bate in ag geneem, wat bewaar moet word tot voordeel van die hele land.

Die besluit het die weg gebaan vir ʼn gesprek met die betrokke gemeenskappe, en het tot die afhandeling van die eise gelei. Die eise word in twee fases afgehandel, waar fase een die toekenning van finansiële vergoeding behels en fase twee ʼn begunstigingskema om ekonomiese aktiwiteite binne die betrokke munisipale gebiede te bevorder.

“Ons ken vandag R84 miljoen toe aan ses gemeenskappe, as deel van hul eis op die Kruger-wildtuin ten opsigte van 318 000 hektaar grond,” het Zuma gesê.

In Mpumalanga ontvang die Mhlanganisweni-gemeenskap en Sibuyi-familie (116 huishoudings) R12,8 miljoen; die Mathebula Ngirivhane-gemeenskap met 135 huishoudings ontvang R15 miljoen; en die Mahashi-gemeenskap met 191 huishoudings ontvang R21 miljoen.

Twee uitstaande eise vir die Phabeni- en Gomondwane-gemeenskappe word nog hanteer.

In Limpopo ontvang die Madonsi/Nwazekuzeku-gemeenskap met 135 huishoudings R14,9 miljoen; die Ndindani-gemeenskap met 52 huishoudings ontvang R5,7 miljoen; en die Muyexe-gemeenskap met 128 huishoudings ontvang R14,2 miljoen.

Ander uitstaande eise word steeds hanteer vir die gemeenskappe van Makahane-Marithenga; Makhuva Mathebula; en Baphalaborwa, wat Baphalaborwa ba Mashishimale, Baphalaborwa ba Maseke, Baphalaborwa ba Selwane en Baphalaborwa ba Makhushane insluit.

“Die skikkingsmodel neem ook die beduidende waarde van die Kruger-wildtuin as ʼn tuiste vir ongeëwenaarde diversiteit van die natuur en wild in gedagte en poog om dié nasionale monument vir toekomstige generasies te bewaar,” het Zuma gesê. “Die skikkingsmodel sal gevolglik die baie belangrike rol van bewaring in ag neem.”

Lees Zuma se volledige toespraak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Leeukop ·

Dit was hoe die regering veronderstel was om grond eise te hanteer, maar nee, hulle wou liewer die afgelope 20 jaar daardie geld vir blink karre, korrupisie en onthale gebruik. Dit is die skuld van korrupsie en wanbesteding.

D ·

Stem saam. Verkiesing is om di draai. 8 jaar gewag nou skielik moet daar ‘n skilking wees. Ruik ‘n rot.

Leeukop ·

D en ander koos julle is reg. So die anc het hierdie mense SE geld vir baie jare weerhou, hulle het gesukkel vir baie jare, net sodat die anc hulle geld as lokaas in die verkiesing kan gebruik later wanneer dit nodig is! Dit regverdig verdere ondersoek. Ek wonder of daar mense dood is b.v. Omdat hulle nie mediese sorg kon bekostig het nie, wat kon geleef het as die geld vroeer uitbetaal was?

Otter ·

Ek wol ‘n eis instel vir die ZAR wat deur die Britte van ons weggeneem is, en toe geïntegreer is in die Unie van Suid-Afrika

Loeis ·

Presies waaraan ek nou gedink het: wat van ons, of is ons te wit in hierdie land van “gelykheid” om ook so iets te mag doen?

Winston ·

En oor n jaar is die geld op en beset hulle bloot die grond waarvoor hulle reeds vergoed is? En dan word geen vinger veroer om die area te beskerm nie. Hier kom nog baie goed aan na ons bewarings gebiede.

Pietman ·

Hou bietjie dop – dit gaan nie oor die grond nie. Net n verskoning om geld te kry. As die keuse gestel word oor grond of geld, sien jy wat is werklik belangrik vir die ‘volk’.

Oom Kalahari ·

Dit gaan my net te bowe dat die spul net omgaan en grond kleim en vergoedings soek wat in die eerste plek nie hul eiendom was nie, maar is God’s gegewe grond. As daar tog net ‘n voldoende geskiedenis opgevolg kan word oor geskiedkundige gebeurtenenisse, ontwikkelings, onderhandelinge, aankope en verkryging van grond en of gebiede om al hierdie sogenaamde grond eise tot einde te bring.

Kiepie ·

As dit nie hulle grond was nie, oom Kalahari, waarom het die vorige regering die moeite gedoen om dit te onteien?

En Hans en Johan, ‘n vinnig som sê vir my hulle ontvang R264/ha. Teen vandag se grondpryse is dit niks, so ek dink julle vraag na die omvang van die ontwikkeling op die grond is irrelevant.

hans ·

Wat was die omvang van ontwikkeling op die grond om n betaling van R84 miljoen te regverdig ?

Grondkorrel ·

Die grond het in eerste plek aan die koisan behoort, die swart mense het die koisan verdring regoor suidelike Afrika, hulle is ook “settlers”.

Aster ·

Grondkorrel….jy slaan die spyker op die kop. Die mense waarvan af gesteel is, is die koisan. Dalk moet die grondeise hof en ons president n paar geskiedenis lesse gaan loop.

rocky bell ·

Die grond het aan Niemand behoort nie. Die Boesmans en hulle voorsate was swerwers. Die beskawing het grondtitels en eienaarskap gebring. Gaan die wat ” saamstem” dat die Khoisan’s die ware eienaars van die grond is dit vrywillig aan hulle teruggee as hulle by jou voordeur opdaag?

Schalla ·

Ek het Tamatie Kool en Wortel landerye gesien naby Satara kamp laas week dit het na Organiese boerdery vir my gelyk nogal mooi en netjies gedoen!

Joann ·

Maar waar is my deel van die geld? My oupa se oupa boggom het ok da gebly?

Jef ·

Daar is baie geld in hierie storie betrokke maar as daar geen voedsel, brandstof, medisyne ens. te koop is nie wat help dit dan om soveel geld te he.
Hulle dink as hulle baie grond het is hulle ryk maar as hulle niks met die grond doen nie dan is dit waardeloos.
Rommelstatus is in sig, die 84 miljoen rand is binnekort 8 dollar en 40 sent werd.

vernon ·

Waar kom die geld vandaan? My en jou se belasting geld? Vra maar net.

Johann ·

Sonder enige verwysing na die omvang van die berig: soos ek gereeld wonder wanneer tegnologie n mens sal kan laat ruik as n sekere produk adverteer word; so wonder ek wanneer n mens n grinnik lag van n foto kan klap?

Kiepie ·

Op bl 2 van vandag se Burger is ‘n mooi foto waar een van die verteenwoordigers hulle tjek vir R14,977,845.00 ontvang. Die bedrag in woorde op die tjek is geskryf “Fourteen Million Nine Hundred and Seventy Seven Eight Hundred and Forty Five Rand Alone”. Eish, hierdie groot getalle darem. . . . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.