Krugersdorp-afspraakmoorde: Ma, seun gevonnis

Marinda Steyn kort voordat sy gevonnis is. Foto: Lindi Masinga/ANA

ʼn Ma en haar seun is Woensdag die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis nadat hulle skuld erken het vir hul aandeel in die vier jaar lange moordtog waartydens 11 mense vermoor is.

Marinda Steyn (51) en haar seun, Le Roux Steyn (22), is skuldig bevind aan 11 aanklagte van moord, roof en rampokkery. Marinda is tot 11 lewenslange vonnisse en ʼn bykomende 115 jaar tronkstraf gevonnis, terwyl Le Roux tot effektief 25 jaar tronkstraf gevonnis is.

Gerrit Roberts, die staatsaanklaer, het die hof vroeër gevra of die verhoor teen Marinda en Le Roux geskei kan word van dié van die res van hul medebeskuldigdes. Le Roux het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan wat in die hof voorgelees is.

Regter Ratha Mokgoatlheng het Steyn gevra of hy die inhoud van die pleitooreenkoms verstaan en of hy daarmee saamstem.

Kort daarna is Marinda ook gevonnis in terme van haar pleitooreenkoms met die staat. Sy het aan regter Colin Lamont skuld op al die aanklagte teen haar erken. Lamont het haar gevra of sy voel haar vonnis is gepas. “ʼn Mens maak ʼn keuse en ʼn mens moet die gevolge daarvan dra,” het Marinda geantwoord.

Le Roux en Marcel tydens ‘n vorige hofverskyning (Oktober 2016). Foto: Landi Slatter

Le Roux en Marinda is aangekla saam met Marinda se dogter, Marcel (20), Zak Valentine (33), John Barnard (42) en Cecilia Steyn (37). (Cecilia is nie familie van Marinda, Le Roux en Marcel nie.)

Barnard is reeds in 2016 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld erken het en ingestem het om teen die ander beskuldigdes te getuig. Cecilia, Marcel en Zak het nie pleitooreenkomste met die staat aangegaan nie en sal verhoor word. Hulle sal op 8 Oktober weer in die hof verskyn.

Carte Blanche het berig die groep was voorheen deel van ʼn sataniese kultus voordat hulle by ʼn Christen-groep aangesluit het om hul lewens te verander. Nadat Cecilia ʼn uitval met die Christen-groep se leier gehad het, het die moordtog begin.

Die 11 moorde waarvan die groep aangekla word, is die volgende:

  • Julie 2012: Natasha Burger (33) en Joy Boonzaaier (68) word vermoor in Burger se meenthuis in ʼn veiligheidskompleks.
  • Augustus 2012: Pastoor Reginald Bendixen (75) word vermoor in sy huis in Honeydew, Johannesburg
  • Oktober 2012: Die 25-jarige Mikeila Valentine (Zak se vrou) word in die egpaar se huis in Johannesburg vermoor.
  • November 2015: Peter (51) en Joan (47) Meyer word in hul huis in Noordheuwel vermoor.
  • Desember 2015: Jarod Jackson, ʼn straatverkoper, word vermoor.
  • Januarie 2016: Glen McGregor (57), ʼn belastingkonsultant, word op ʼn kleinhoewe in Randfontein vermoor.
  • Mei 2016: Anthony Scholefield (67), ʼn makelaar, word vermoor.
  • Mei 2016: Kevin McAlpine (29), nog ʼn makelaar, word vermoor.
  • Mei 2016: Hanle Lategan (52), ʼn eiendomsagent, word vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

jaco ·

wat was hulle motief met die 11 moorde? geld, wraak of was dit net lekker om moord te pleeg?

Cherokee ·

Moet jou reghelp, bloues. Net 11 lewenslange vonnisse plus 115 jaar en daarna kan niks haar langer in ‘n tronk hou nie want dan is haar vonnis(se) uitgedien.

H. Steyn ·

As die doodstraf maar net toegepas kon word. Hierdie misdade het gronde vir die doodstraf.

Wonder ·

“Cecilia, Marcel en Zak het nie pleitooreenkoms met die staan aangegaan nie” Dink jul het ‘n klein tikfoutjie daar.

Tania Heyns ·

Dagsê Wonder

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

fm ·

Wat ‘n moordlustige klomp mense! Mag geregtigheid geskied vir die naasbestaandes van die mense wat hierdie moordenaars vermoor het.

Linda ·

As ek reg verstaan behoort die ma net 25 jaar agter tralies te sit en die seun net 12 jaar. Ek voel egter dat hierdie ma, n onderwyser, gebrain washed was deur daai Cecelia vroumens, en moes die hof die ma en seun n bietjie ligter vonnis gegee het !

Sê maar net... ·

As jy Carte Blanche gekyk het, sal jy weet dat die ma – n onderwyseres – haar 14 jarige dogter saam gevat het toe sy Mikaila in haar huis vermoor het. Sy verdien beslis nie n ligter vonnis nie!!!

Marinda ·

Nou presies wat, het hulle uit al hierdie moorde gekry? Bly hulle het tronkstraf gekry.

Mielie ·

So dankbaar vir die moeder wat ek het, die vrou is walglik, so baie mense se lewens verwoes om nie eers van haar kinders te praat nie. Ek is stomgeslaan dat sy haar kinders hierby betrek het.

$ ·

Wat nogal skrikwekkend is, is hoe ´gewoon’ hierdie mense lyk – hulle lyk soos doodgewoon gemiddelde mense wat jy in die winkel, by die kerk, by jou kinders se skool sou raakloop. Die ´outjie/meisie-van-langsaan’ wat jy dalk sou vra om jou te help met ´n stukkende hek, of om te ´babysit’ vir die aand.

Dis waarskynlik waarom die mense wat afsprake met hulle nagekom het of wat hulle in hul huise ingenooi het, geen onraad vermoed het nie.

Mens sal nooit weet watse donkerheid binne ´n ander mens skuil nie …

@#$ ·

Dis waar wat jy se, ek was op skool saam een van mense wat by hierdie ding betrokke is. Nie een van ons wat saam die persoon op skool was kan dit glo nie. Sou dit nooit se of dink van die persoon nie.

Linda ·

Al hierdie moirde was gepleeg net vir geld. Die Meyers, eienaars van ColirMagic hou gewoonlik n miljoen rand in kontant by hul huis in die kluis, Hul albei is n Sondag by hul huis in Noirdheuwel vermoor. Hanlie Lategan, iemand wat ek ken, en bekende eiendomsagent by Remax. het nooit juis baie geld gehad nie. Sy het vir haar man en kinders gesorg. Die moordenaars was onder die indruk dat sy in geld rol. Zak het n polis op sy vermoorde vrou se naam gehad. Die twee makellaars ook maar net hardwerkende mans gewees, nie gerol in geld nie. Die mense van Centurion wat vermoor was, ken ek nie. Hierdie mense het ander doid gemaak vir geld. Goed hul verdien dan strawwe vonisse. Ek verstaan net nie waarom die onderwyser haar twee jing kinders betrek het nie ? Die meisie was n top student in matriek gewees !!! Maak geld mens so dors en wreedaardig ???

Heidi ·

As jy die duiwel aanbid is dit die gevolge. Mag hulle tot bekering kom en besef wat hulle gedoen het. My hart gaan uit na die naasbestaandes met hul verlies. Die devastation wat die selfsugtige individue na laat is onmeetbaar.

**anoniem** ·

@Santjie, dit is ‘n vingerfoutjie dink ek, die “o” en die “i” sit reg langs mekaar op die keyboard. Kan eintlik maar met enige iemand gebeur. Lekker dag!

ANONIEM ·

Ek wens die mense als sleg wat hulle toekom! Deur hulle moordlustigheid is my seun en skoondogter verkeerdelik in hegtenis geneem omdat die|” useless” Krugersdorp polisie nie hulle werk reg gedoen het nie. Dit was die koudste dag in Junie gewees en my arme kinders moes soos beskuldigdes in die tronk sit.

Maantjie ·

Wat my kwaad maak, is dat ons as belastingbetalers nou vir hulle vir die res van hulle lewe gaan sorg. Dit is nie regverdig nie.

Se maar net ·

Ek dink die seun en dogter verdien ligter strawwe, want hulle was onderskeidelik 16 en 14 jaar toe alles begin het.

Adam ·

Ek dink ook hulle moet ligter vonnisse kry. 9 lewenslange vonnisse plus 110 jaar sal my tevrede stel. Die mense was skynbaar met “volksmoord” besig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.