Krugersdorp-geweld: ‘Dorp mag nie brand oor iets wat opgelos kan word’

Fikile Mbalula, minister van polisie (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Maandag tydens ʼn toespraak oor geweld in Gauteng gesê munisipaliteite moet geboue sluit wat as bordele en dwelmneste funksioneer om geweld in dié dorp ʼn nekslag toe te dien.

Mbalula het aan inwoners van Krugersdorp in die Wes-Rand gesê die polisie het verskeie van dié huise in Krugersdorp geïdentifiseer en sal spoedig optree om ʼn einde te maak aan dwelms en bordele wat inwoners glo “teister”.

Gemeenskapslede het verlede week die reg in eie hande geneem en verskeie eiendomme beskadig, vyf huise aan die brand gesteek, drie polisievoertuie beskadig en skade by die Kagiso- en Munsieville-polisiestasie aangerig toe hulle teen dwelms en bordele betoog het.

Betogers het talle paaie versper en die middestad ontoeganklik gemaak. Talle ondernemings en skole moes vir hul eie veiligheid sluit. Altesaam 59 mense is later in verband met dié betogings in hegtenis geneem.

“Rustenburg het gebrand en ons moet nou optree. Ons moenie toelaat dat ons [dorp] brand weens dinge wat ons eintlik kan oplos nie. Kom ons los dit op,” het Mbalula tydens sy toespraak laat hoor.

Mbalula het gesê die polisie het verskeie geboue as dwelmneste en bordele geïdentifiseer en gaan binnekort toeslaan. Volgens hom gaan dié geboue, meestal onbewoonde ouer geboue, gesloop word.

“Niemand gaan toegelaat word om deel te neem aan kriminele aktiwiteite nie – ongeag waar hulle vandaan kom. Die polisie het nou opgetree nadat die gemeenskap hierdie kwessies na vore gebring het. Die polisie eis ook beter leierskap in die munisipaliteit. Die polisie en die munisipaliteite moet verseker dat misdadigers aan die pen ry,” het hy gesê.

Mbalula het inwoners gewaarsku om nié die reg in eie hande te neem en uiteindelik ook die pad van inhegtenisneming te loop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

gatiep ·

Julle weet wie die kriminele is waaroor die mense so kwaad is.
Hoekom tree julle nie sommer dadelik op teen hulle nie?Hoekom eers wag tot die mense kwaad raak.

Siek en sat ·

Presies as almal net kan praat oor wat hulle pla sal dit nie nodig wees om altyd alles te wil afbrand nie.

Daan ·

As die polisie hulle werk doen sal daar nie misdaad wees nie want die polisie word gemeet aan die misdaad en soos dit nou gaan lyk dit of sa nie n polisie departement het nie.

H.A. ·

Hoeveel keer is dit nie al dalk voorheen by die polisie aangemeld nie ?

Nee-wat ·

Polisie? Nee-wat, julle is geweeg en té lig gevind vir enige wet en orde in hierdie land.

Foeitog ·

JA siestog sê jy wat tande het maar julle het niks gedoen om dit te keer nie. 99% van die tyd (behalwe natuurlik diegene wat teen Afrikaans opgesteek word) gaan die betogings oor die regering se ONVERMOE om dienste te verskaf en die versuim van die POLISIE om op te tree teen dwelmsmokkelaars en dan brand ‘n hele dorp se onskuldige mense se huise .. Die land is siek man!

Casper Labuschagne ·

Na bewering het Donald Trump onlangs ‘n aanmerking gemaak oor sekere lande wat vergelyk kan word met ‘n gat in die grond wat vir spesifieke en private doel aangewend word. In Krugersdorp kan dus nou gesien word hoe burgers van ‘n mindere gat-in-die-grond land geweldadig betoog teen burgers van ‘n meerdere gat-in-die-grond land wat tussen hulle ingetrek het en dwelms verkoop en bordele bedryf. Kan dit wees dat Trump tog ‘n punt beetgehad het?

Wat nog die owerhede, nog die pers noem, is die woord op al die betogers se lippe, “Nigeriërs.” Is dit nie miskien die maklikste uitweg om die Nigeriërs vas te trek (sekerlik is die meeste ook onwettig hier) en hulle terug te stuur na hul eie besondere gat-in-die-grond land nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.