Krugersdorp-kerk in brand verwoes

Brandbestryders by die kerk in Munsieville. Foto: Verskaf

Brandbestryders by die kerk in Munsieville. Foto: Verskaf

ʼn Kerk in Krugersdorp, Gauteng, is Donderdagnag in ʼn brand verwoes.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die brand het omstreeks 22:00 by die kerk in Munsieville uitgebreek.

“Die Krugersdorp-brandweer en beamptes van Watchtower Fire is na die toneel ontbied om die massiewe brand in bedwang te bring,” het Mathe gesê.

Netcare 911 is ook ontbied, maar geen beserings is aangemeld nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tong innie kies ·

Was die Kerk nie dalk omskep in n Universiteit nie?

nig ·

Versigtig met die kommentare…. ‘n Kerk het afgebrand, moenie sommer afleidings maak nie.

Cecilia Steyn ·

Ja-nee Nig, ek stem saam. Dit kon ‘n doodgewone kortsluiting gewees het.

Pendoring ·

Kerke brand nie sommer vanself in die middel van die nag af nie. Kortsluitings laat gewoonlik brekers in die verspreidingskaste val.

Annie ·

Dit kon enige iets gewees het wat brand veroorsaak het – maar met alles wat die afgelope weke in Krugersdorp gebeur het – maak mens wonder en bang om soontoe te gaan.

E.K. ·

Hierdie mense betaal swaar aan hul kerke, my bediende is in hierdie kerk en is baie hartseer vanoggend. Skaam julle om sulke swak kommentaar te lewer.

Ben Prinsloo ·

As dit n elektriese fout was wonder ek maar net wie het bedraad en die sertifikaat uitgereik.

janneman ·

Daai kerk is letterlik op die hoek van die township. Die uitbreiding reg langs daai kerk loop erg deur onder misdaad, en dis verbasend wees as daai brand nie brandstigting was nie………

Gerhardt ·

Glad nie die ware feite nie. Dit was n kombuis en paar kantore langs die kerk. Moontlik n kortsluiting. Dit begin nou al meer gebeur dat netcare se storie vertellers nie die regte storie deurgee nie.

CommentQueen ·

Die Media hou van halwe stories en halwe waarhede publiseer… hoekom? want hulle geniet dit as die publiek die halwe stories self probeer voltooi met nog meer onwaarhede en spekulasies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.