Krugersdorp-man se liggaam in kattebak gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn 67-jarige man is Dinsdagaand in die kattebak van sy motor in Krugersdorp in Gauteng gevind.

ʼn Betroubare bron het aan Maroela Media gesê die slagoffer, Anthony Schofield, se familie het die polisie gebel nadat hy Dinsdagaand nie by die huis opgedaag het nie en hulle bekommerd was oor hom.

Sers. Tshepiso Mashale, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat beamptes van die Krugersdorp-polisie se sigbare polisie-eenheid Dinsdagaand omstreeks 23:00 op ʼn man se liggaam afgekom het.

“Die lede was besig met ʼn roetine patrollie toe hulle op ʼn verdagte motor in Premierstraat afgekom het. Die motor was langs die straat geparkeer en was nie gesluit nie. By verdere ondersoek het hulle op die liggaam in die kattebak afgekom,” het Mashale gesê.

Mashale het gesê die man se liggaam was in ʼn plastieksak toegedraai en daar was ʼn sigbare wond aan sy kop. “Die slagoffer is deur ʼn familielid uitgeken.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Mashale versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om die polisie by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Irene ·

Dis a skande soos wit mense dood gemaak word ek wonder wie sit agter dit

anoniem ·

Kan nie te moeilik wees om 1 en 1 bymekaar te sit. Donker party wat als belowe en niks gee

Oom Kalahari ·

Nog ‘n bejaarde wat van sy mensereg om te kan lewe is van hom ontneem. Waarom kan hierdie politieke leiers nie begin besef wat aangaan en begin werk maak van hierdie aktiwiteite nie, want dit is waarom hul daar deur die kiesers geplaas is. Dit help geensins as daar net elke dag ‘n statistiek bygewerk word nie. Ons oumense is nou al ‘n gewaarborgde teiken vir uitwissing. Laat ons tog net ‘n onafhanklike staat kry waar ons in veiligheid met rus en vrede kan gaan leef en gelei word deur ons eie gemeenskaps mense.

Frans ·

Ek het n busnes en glo my nie een van my swartes het n gedagte van wa ek bly ni want jaag jy hom is dit mos verkeurd in suid africa

Gesiggie ·

Hierdie klink soos vuilspel” as dit n inbreker was sou hy die man net so by huis gelos het? of dalk n kaping? Hoekom nou in n plastiek sak wil gebruik… klink soos n moord wat beplan was? Sterkte ek hoop die moord raaisel word gou opgelos”’…

Theresa ·

Ja, Frans mens moet versigtig wees wat jy als deel met jou werknemers.
Nee, Frans – Orania bied baie. Dit gaan afhang wat jy daar wil gaan doen. Dit sal dalk opoffering van ‘n paar goed vat, maar ‘n magdom feestelike vrede en meer veiligheid bied vir daardie opoffering. Uit die aard vd saak sal almal nie daar floreer nie. Maar daar gaan baie beslis nie niks aan nie. Gaan kuier bietjie – daar is ‘n paar puik gastehuise.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.