Krugersdorp-man val na sy dood by Drie Rondawels

Die Drie Rondawels. Foto: Via SouthAfrica.net

Die Drie Rondawels. Foto: Via SouthAfrica.net

ʼn 34-jarige man is dood nadat hy Saterdag van ʼn 100 meter hoë krans by Drie Rondawels naby Graskop in Mpumalanga geval het.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man, van Krugersdorp in Gauteng, het verby die afgebakende gebied geloop voor hy na sy dood geval het.

Maroela Media het vroeër berig die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied. “ʼn Lugsoektog is gedoen en die man se liggaam is by die voet van die berg aangetref. Daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie weens die ernstige aard van sy beserings,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Sedibe het gesê die man is op die toneel dood verklaar. Sy liggaam is Sondag deur nooddienste en ʼn helikopter teruggebring.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die man se identiteit word weerhou totdat al sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitelander Praat ·

Dis regtig tragies.
Maar hoe gebeur dit? Behalwe dalk as hy n bergklimmer was en geglip het?

Annelise ·

Het ook al daai mooie wereld besoek … as j verby die areas gaan beweeg wat hul jou teen waarsku gaan j gly en val ! Dit is baie hoog en gevaarlik! Die mense vat kanse veral as hul fotos wil neem … sterkte aan die familie met die verlies v n geliefde

Mariaan ·

Daar is werkers wat moet omsien dat mense nie verby die afgebakende plekke beweeg nie, maar almal van hulle sit net daar rond en doen niks. Volgens my beskeie mening, maak die ingang hoer en sit versperring oral op, want Hy is nie die eerste nie, en Sal beslis nie die laaste wees nie. Mense vat groot kanse om die mooiste fotos te Kan neem.

Gideon ·

Dit was die man se eie skuld!!! Hoekom moet daar wagte wees om mens te keer! Dit was beslis sy eie skuld en niemand hoef dkuldig te voel nie. Dt is die tipe mense wat ook bestuur soos ‘n maniak!! Verby gaan op draaie, vaste lyne verontagsaam en oorhang by reëlings om beter te sien. Jammer vir familie, maar hy moes dalk maar nie so ongehoorsaam gewees het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.