Krugersdorp-mesmoord: Slagoffer se naam bekend

Argieffoto

Argieffoto

Die naam van die man, wat in sy bed in sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand met ʼn mes aangeval en vermoor is, is bekend gemaak.

Sers. Tshepiso Mashele, woordvoerder van die Krugersdorp-polisie, het die oorledene as Buks Pistorius geïdentifiseer.

Maroela Media het vroeër berig Pistorius, in sy 80’s, is omstreeks 07:30 in ʼn plas bloed in sy bed, in sy huis in Beyersstraat in Krugersdorp-Wes, aangetref. Hy het verskeie steekwonde gehad en paramedici van Netcare 911 het hom op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

“Inligting oor die motief vir aanval en hoe laat dit plaasgevind het, word steeds ondersoek,” het Mashele Donderdag aan Maroela Media gesê. Die slagoffer kon nie ondervra word nie omdat hy weens sy ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem is voordat polisiebeamptes met hom kon praat.

Die Krugersdorp-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie by 011 951 1151 of Crime Stop by 08600 10111 te bel met enige inligting wat die polisie in sy ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

lettie ·

Krugersdorp is besig om berug en beroemd te word vir al die verkeerde redes.Dis n moordlustige dorp wat die nuus besaai.

CHRISTA ·

Nee Lettie, Krugersdorp is deel van ‘n moordlustige land!!!

Jean ·

Nog deel van die statistiek wat stil stil gaan verbygaan .. waar is ons Minister van Veiligheid en Sekuriteit? Waar is die mense wat hulleself moet uitspreek teen misdaad in SA? Besig om partytjies te hou en rond te reis? Dis ‘n skande dat wetsgehoorsame burgers in SA wat belasting betaal om die regering se spandabelrigheid te befonds gevange gehou word deur misdadigers in SA.

Willie ·

Oom Buks was aan ons bekend gewees reeds van kinderdae af, dus wens ek te versoek dat die volgende regstelling gedoen word: Buks Pistorius (nie Pretorius soos berig is nie).

Landi Slatter ·

Dagsê Willie,

Baie dankie vir jou terugvoer en dat jy dit onder ons aandag gebring het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Bianca Slabber ·

Julle oorspronklike eerste berig was ook korrek met die ouderdom….hy was in sy 80’s

Sam ·

Vir wat?!! Wat was die doel om die Oom se lewe te vat!?

Simpatie met die familie en vriende!

CHRISTA ·

Vandat die ANC regeer is moord mos een van ons land se nasionale sporte!! Die ander is verkragting en roof (gewapen en alle ander)!!!

Vic ·

Hy was n baie bekende Evangelis en ‘n vriend vir baie. Rus in Vrede Omm Buks.

Claudine ·

Oom Buks was aan ons bekend van ons kinder dae af. Dit is vreeslik! Sy trek-klavier en stem sal nou altyd stil wees…

Ceward ·

Ja dit is n groot skok! Ek het by oom Jer en tannie Hes Pienaar geloseer baie jare gelede en Buks en Miemie se troufotos geneem ons ken mekaar 50 jr. Buks was n ware evangelis met n pragtige sang stem. Dankie vir jou lewe Buks, ek put nog uit jou boodskappe. C

Francois ·

Oom Buks was n geliefde man baie die evangelie verkondig is verseker in Hemel by Jesus sy moordenaar sal eendag voor God verantwoording moed doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.