Krugersdorp-moorde: Broer en suster in hof

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Hanle Lategan. Foto: Facebook

ʼn Broer en suster het Maandag saam met nog twee verdagtes in die Roodepoort-streekhof verskyn in verband met drie opspraakwekkende moorde in Krugersdorp aan die Wesrand.

eNuus berig Le Roux Steyn (20) en sy suster, Marcel (18), het saam met Christian Kruger (29) en Fabian Luff (36) in die hof verskyn. Die saak is tot 30 Junie uitgestel.

Die broer en suster is Donderdagaand in hegtenis geneem. Kruger en Luff is reeds op 2 Junie in hegtenis geneem.

Hanle Lategan (52), ʼn eiendomsagent van Roodepoort, het op 30 Mei verdwyn nadat sy ʼn huis in Krugersdorp aan kliënte sou gaan wys. Skoolkinders het haar liggaam die volgende dag in die veld langs ʼn spruit buite Randfontein gevind.

Kevin Mc Alpine (29), ʼn versekeringsmakelaar by InSHoor, se liggaam is die aand van 27 Mei in die kattebak van sy motor gevind op die hoek van Sivewright- en Francisstraat. Hy is kort voordat sy liggaam gevind is, as vermis aangegee nadat hy ʼn kliënt sou ontmoet, maar nooit teruggekeer het huis toe nie.

Anthony Schofield (67), ʼn versekeringsmakelaar by Momentum, se liggaam is op 10 Mei in die kattebak van sy motor in Premierstraat gevind. Schofield moes ook vroeër die dag ʼn kliënt ontmoet voordat hy verdwyn het.

Lees alle vorige berigte oor die Krugersdorp-moorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

m ·

Ek is stomgeslaan. Wat presies was nou die doel agter hierdie sinnelose moorde? Watse tipe mense is hierdie??

Karma ·

@m – hulle is regte ‘kommin’ mense, so ‘kommin soos Jan Bom se baksteen-huisie-mense! Kyk, armoede is een ding, maar selfs al is jy hóé arm, kan jy skoon leef en optree,

Mel ·

Jy Kan absoluut niemand meer vertrou ni, vel kleur lyk my maak beslis ni meer saak ni, ons lewe in ‘n siek wêreld

Belinda ·

Ai dis baie erg en om jou hele lewe weg te gaan gooi oor so iets wys jou net uit watter tipe huise het hulle gekom geen respek en geen gevoel oor wat hulle die volgende een gaan doen nie al was dit oor dwelms of vir die satan hulle het gegaan vir die kill…………voel so jammer vir die mense wat agter bly dis vreeslik wat in ons land gebeur…………..jammer omdat ons so wettelose land het en geen regering wat iets gaan doen om die bose mense iets aan te doen nie!

Tokkie ·

Belinda jou vewysing na die “tipe huise waaruit hul kom” is onvanpas – ek dink hierdie “kinders” is groot genoeg om self besluite te neem. Ek ken heelwat goeie ouers wie se kinders met dwelms deurmekaar geraak het en so die pad byster geraak het. Ek neem die “dealers”. Het al self ‘n een 3 x rapporteer met bewyse en daar het dadels van gekom.

Jana ·

Dit is skrikwekkend. Daar is net nie meer genade nie… Dit is omdat ons nie meer na God luister nie…. Waar is desepliene en ondsag en liefde vir jou naste

Cherokee ·

Net soos jy sê… waar is desepline en ondsag en liefde vir jou naste.

Deon ·

As mens na ‘n foto van die Le Roux karakter kyk en na sy sussie se FB blad en haar plasings is dit te verstane dat die twee hulself midde in die gemors bevind. Hy lyk soos ‘n ystervarkie van al die goed in sy gesig ingeskiet – ‘n regte millenial. Haar foto’s is als donker en monsteragtig. Die twee het verskriklike sielkundige afwykings. Die gereg moet nou sy koers neem en die straf wat hulle toekom moet aan hulle gegee word,

Annonamous ·

Dit is verseker Satenisme en Dwelms wat betrokke is en was.
Mense sal enigiets doen om geld in die hande te kry as jy aan Dwelms verslaaf is.
Van hulle was tien teen een baie desperaat om geld in die hande to kry om Dwelms te koop.
Julle moet sien hoe hulle FB bladsye lyk – swart donker gesigte en vol clippings in gesigte.
Sies! Ek kan nie glo dit is blanke mense wat ook betrokke is nie. Dis ‘n groot skaamte! Al wat ons kan doen is om te bid vir hulle.

Liewe heksie ·

Wat ookal die straf maar straf hard en ongevoelige vuilgoed

Belaglik ·

Belaglik dat mense vir ‘n paar rand, drank en kos mense doodmaak. Dei doodstraf moet terug, dan sal die jong mense nie die kort pad sien nie, dit is nou van vinnig wil ryk gemaklik lewe, hulle sien dat die ander kriminele daarmee wegkom! Wie sal nou wil werk as jy net ‘n agent bel, afspraak maak en hom oor die kop slaan, dan skiet, vasbind en laat waai met sy geld en kaarte. Dit meot nou stop, almal moet saamstaan, agente gaan in ‘n spannetjie uit en skiet sommer jong as jou lewe bedreig word, onthou dit is of jy of hulle.

Lida ·

Ja dit is blankes. Moordenaars is nie noodwendig n ander kleur nie. Hulle enige kleur.

Oom Kalahari ·

@Deon, stem heelhartig saam met jou en jou kommentaar dat hul Sielkundige afwykings het. Ek glo sterk daaraan dat hierdie wel Satanistiese optredes was en kan daar dalk na die verslae van die nadoodse ondersoeke (Pataloë) gekyk word asook na die modus operandi. Ongelukkig was hierdie mense almal sagte teikens tot afgeleë plekke en alleen ontmoetings, wat uitgebuit was. Almal gesinslede wat van hul dierbare families ontneem is deur duiwels optredes. Mag hul swaar gestraf word vir hierdie ongenadiglike dade teenoor die mensdom en ‘n goeie voorbeeld van hul maak tot alle gemeenskappe. Geen verskonings moet aanvaar word van dwelm of drank misbruik en Satanisme ens, want dit is jou en jou allen keuse om jouself tot hierdie negatiewe gedrag in te laat en jou lewe te oorheers. Hierdie tipe van mense is ‘n gevaar vir die gemeenskap en kinders en moet uit die samelewing geneem word. Alle sterkte en innige simpatie aan die families van die slagoffers en mag jul berusting vind.

hercules ·

waar het sommige van julle geleer spel • julle “vermoor” afrikaans

Estelle ·

Ek stem saam, Hercules. Party mense se spelling laat veel te wense.

m ·

Skaam my vir mense,wat vir ander mense lag oor hul spelling. Het julle nog nooit n fout begaan nie. Neem hul gevoelens in ag asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.