Krugersdorp-moorde: Drie swaar gestraf

Zak, Cecilia en Marcel Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof. Foto: Mia Spies/eNuus

Cecilia Steyn (38), Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21) is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.

eNuus berig regter Ellem Jacob Francis het Cecilia tot 13 keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Sy is op die ander aanklagte tot meer as 140 jaar bykomende tronkstraf gevonnis. Zak is tot agt keer lewenslange tronkstraf gevonnis terwyl Marcel tot sewe keer lewenslange tronkstraf gevonnis is. Zak is op die ander aanklagte tot meer as 90 jaar bykomende tronkstraf gevonnis terwyl Marcel op die ander aanklagte ook tot meer as 140 jaar tronkstraf gevonnis is.

Zak Valentine. Foto: Mia Spies/eNuus

Cecilia, Zak en Marcel was deel van ʼn sogenaamde “Christelike bediening” wat glo onder leiding van Cecilia gefunksioneer en tussen 2012 en 2016 ʼn skrikbewind in die Krugersdorp-omgewing gevoer het. Die saak het later bekend geraak as die “afspraakmoorde” omdat verskeie slagoffers vermoor is nadat hulle iemand vir ʼn afspraak ontmoet het.

Al drie die beskuldigdes is in Junie vanjaar skuldig bevind aan die moorde op pastoor Reg Bendixen, Mikeila Valentine, Peter en Joan Meyer, en poging tot moord op Joshua Groenewald. Al drie is ook skuldig bevind op drie aanklagte wat met die plant van bomme verband hou, rampokkery, asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Cecilia Steyn. Foto: Mia Spies/eNuus

Cecilia en Marcel is ook skuldig bevind aan die sogenaamde afspraakmoorde – die moord op Anthony Scholefield, Kevin McAlpine, Glen McGregor en Hanle Lategan. Zak is op dié aanklagte onskuldig bevind.

Cecilia en Zak is skuldig bevind aan die moorde op Natacha Burger en Joy Boonzaaier, asook bedrog, diefstal en regsverydeling vir die versinning van Zak se dood. Cecilia is skuldig bevind aan die bedryf van ʼn rampokkeronderneming.

Marcel Steyn. Foto: Mia Spies/eNuus

Cecilia is in totaal op 32 aanklagte, insluitend al 11 moorde, skuldig bevind. Zak is op 21 aanklagte, insluitend sewe moorde, skuldig bevind en Marcel is op 21 aanklagte, insluitend agt moorde, skuldig bevind.

Marinda Steyn (51) en haar seun, Le Roux Steyn (22), is verlede jaar ingevolge ʼn pleitooreenkoms skuldig bevind vir hul aandeel aan die moordtogte. Marinda is tot 11 lewenslange vonnisse en ʼn bykomende 115 jaar tronkstraf gevonnis. Le Roux is effektief 25 jaar tronkstraf opgelê.

John Barnard is reeds in 2016 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld erken het en ingestem het om teen die ander beskuldigdes te getuig.

Die moorde

Luidens die getuienis is Natacha Burger en Joy Boonzaaier in Julie 2012 in Burger se huis in ʼn veiligheidskompleks vermoor. Zak het dié moorde gepleeg nadat Mikeila Valentine se moed haar begewe het.

Pastoor Reg Bendixen is in Augustus 2012 in sy huis in Honeydew in Johannesburg vermoor. Dié moord is glo gepleeg omdat Bendixen klaarblyklik ʼn preek van Cecilia as sy eie gebruik het.

In Oktober 2012 is Mikeila in haar en Zak se huis vermoor. Dit is glo gedoen om die res van die groep teen haar te beskerm. Marinda en Marcel het haar na bewering vermoor.

Peter (51) en Joan (47) Meyer is in hul huis in Noordheuwel vermoor. Die moordenaars het onder valse voorwendsels toegang tot die welgestelde Meyers se huis verkry. Nadat hulle vermoor is, is hulle huis vir ʼn kluis deursoek, maar die aanvallers kon uiteindelik net ʼn paar honderd rand buit.

Jarod Jackson is in Desember 2015 vermoor toe sy koeldrank gedokter is. Die staat voer aan sy moord was deel van die groep se gemeenskaplike doel om te maak of Zak dood is, sodat hulle die geld van sy lewensversekeringspolis kon ontvang. Hiervoor het hulle ʼn lyk nodig gehad. Zak ontken betrokkenheid by dié plan.

Glen McGregor (57), ʼn belastingkonsultant, is in Januarie 2016 vermoor. Nadat hy vermoor is, is sy liggaam in ʼn bad in die huis geplaas en die moordenaars het sy huis deursoek vir geld en ander items.

Anthony Scholefield (67), ʼn makelaar, en Kevin McAlpine, ook ʼn makelaar, is albei in Mei 2016 vermoor.

Hanle Lategan (52), ʼn eiendomsagent, is ook in Mei 2016 vermoor. Geld is ná haar dood uit haar rekening onttrek en daar is later naby Tarlton van haar liggaam ontslae geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Laansie83 ·

Ek weet ons regstelsel werk nie so nie.. Maar as hul wraggies net elke liewe vonnis op sy eie kon uitdien sou hul nooit weer buite wees nie. Veral die siek sadistiese Cecilia!!!! Ek sidder om te dink wat sy alles in die tronk kan aanvang…

Lizelda ·

Ja nee Laansie83 se ek ook. Dis bittere ,bittere evil mense. En nie EEN wys emosie nie. Sal nie se Marcel ht met soveel onderskeidings geslaag nie. Sy lyk of sy nie weet wat om haar aangaan nie.

Lindtjies ·

Hulle het nog die reg om te lewe al gaan hulle in die tronk sit tot hulle dood gaan. Hulle slagoffers se reg om te lewe is van hulle af weg geneem. Hoop dit wat hulle gedoen het sal by hulle spook vir die res van hul lewe.

Janine ·

Ek dink nie hulle het ‘n gewete nie, sal hulle seker nie eers pla nie.

lollo ·

Die reg om te lewe…op elke belasting betaler se geld.Te eet,te slaap op n bed,skoon klere en beddegoed,3 maaltye.Besoekers, toegang tot TV,n biblioteek.Nie een van die slagoffers het op my belasting geleef nie.Om asem te haal is mos lewe…laat hulle lewe sonder voorregte.Laat hulle asem haal en niks meer nie.

Nel ·

Lindtjies ek dink selfs die spoke loop wye draaie om dié drie. Teksboek psigopate.

Thelma ·

As hulle dan nou moet tronk toe aangesien die doodstraf lankal afgeskaf is, moet hulle in isolasie geplaas word en dalk een uur ‘n week die son sien. Hulle moet elke dag en nag met hulle gedagtes sit en oor en oor dink oor dit wat hulle gedoen het. Die sel moet so donker wees dat hulle dag en nag nie kan onderskei!!

Hierdie is die wreedste mense. Marcel so jonk en uit vorige berigte het ek afgelei, glad nie dom. Sy het haar kanse op ‘n sukselsvolle en normale lewe, weg gemoor!

JK ·

Hulle moet glad nie die son ooit weer sien nie. Die oorledens gaan ook nie die lewe se son kan sien en geniet nie

Christa ·

Die duiwel en haar handlangers. Sy is due wreedste vrou wat EK nog van gehoor het. EK dis nie of hulle Baie ryk is na Al die moorde nie. Hulle Moet nooit weer die lewe buite die tronk sien nie

Jammer ·

Hulle kry wat hulle toe kom en bittermin mnse weet werklik hoe dit in die tronke gaan. In meeste gevalle is die doodstraf beter as om jare lank in n tronk toegesluit te word.
Ek kry net die familie van die oortreders baie jammer. Dit is so dat die vermoordes se familie hulle ook nooit weer sal sien nie maar hulle getuig dat hul nou ten minste aflsuiting gekry het. Die veroordeeldes se familie daarenteen gaan egter deur gevoelns hoe moet ek my kind, vrou, kleinkinders na hierdie haglike dad wat hulle gepleeg het ondersteun? Moet ek hulle gaan besoek? Moet ek hlle enigsins ondersteun? Moet ek hulle voor die voet afskryf? EK kry hulle jammer net soos die vermoordes se families!

Annelize ·

Die doodstraf sou meer gepas gewees het, maar wat kan ons anders verwag onder die huidige Justisie stelsel en bedeling waar kriminele meer regte het as die slagoffers?

kolla ·

Dis soos ek dit ook het tensy die regter bepaal het dat hulle nooit in aanmerking kom vir parool nie of eers nadat ‘n spesifieke aantal jare verloop het.

Jepetto ·

Ek kan noe glo wat ek lees nie dit klink soos a Hollywood draaiboek . As hulle in Amerika gebly het, het almal nou doodstraf gekry .

Petrus ·

Die kostes vir kos en slaapplek in die tronk is vir hulle eie rekening.

Rita ·

Nou hoe bedoel jy nou? Kos in die tronk is vir hul eie rekening! Dis vir wetsgehoorsame belastingbetalers se rekening. Die slimme Marcel kan nog op ons rekening verder studeer. Voordelig vir kriminele. Nee doodstraf sou gepas gewees het. Gewetenlose gespuus wat onrehabiliteerbaar is.

wonder ·

Niks word van parool gese nie, wonder of hul in aanmerking sal kom. Hoop nie so nie.

Johanna ·

Soveel moord. Soveel ellende en hartseer vir slagoffers se families en vriende. Sluit hulle toe en vergeet waar die sleutels is.

Petro ·

Help nie jy sit nou eenkant nie Marcel.. Te laat vir spyt. 21 jaar oud en jou lewe is verby. Kry vir julle. Goeie werk regter.

Mariaan ·

Dan moet ons belastingbetalers nog hierde bose “mense” voer elke dag…belaglik!!

DEE ·

Nou ja lank gewag vir die uitslag… maar dink nog steeds die doodstraf moet terug kom, want dis wat hulle almal verdien

marous ·

Daar is geen woorde in enige taal om die spul te omskryf nie ….

Thomas ·

Nee! Die doodstraf is te genadelik! Hul moet elke dag vir die res van hul lewe die kans gegun word om die keuses wat hul gemaak te heroorweeg.

humor ·

Met die wete dat sulke mense op straat en tussen ons lewe laat n mens gril. Dit is tyd dat daar onderskeid gemaak moet word tussen tronkstraf en doodstraf. Hierdie tipe moorde en moorde gepaard met marteling verdien sekerlik die doodstraf.!!!!!!!!!!

Lizelda ·

Ja nee Laansie83 se ek ook. Dis bittere ,bittere evil mense. En nie EEN wys emosie nie. Sal nie se Marcel ht met soveel onderskeidings geslaag nie. Sy lyk of sy nie weet wat om haar aangaan nie.

Lizelle ·

Ek sal met liefde met my belasting geld betaal dat die klompie nooit weer die buitekant van ‘n tronk sien nie

Skoolgeld ·

Hulle sal nie lewend daar uitkom nie! Hulle gan kry wat hulle toekoem in ñ SA tronk

Christa ·

Hulle sit seker net 25 Jaar. EK Kan net sê dankie dis nie my familie nie. Hulle families Gaan swaar lewe hier buite. EK Kan ook nie glo dat hul naasbestaandes nie iets vermoed het nie.

Michiel ·

Lê nou lekker en Tv kyk .
Was dit nou in Amerika was dit neusie verby met hulle.

Ronel ·

Dis skrikwekkend hoe koel en kalm hulle al die moorde beplan het asook nie regtig berou toon nie..

Cobus Panther ·

Kan in aanmerking kom vir parool na 25 jaar…wonder wie gaan vi julle wag da buite….wat help dit jy kry 11 keer lewenslank en kan dan na 25 jaar uitkom…..

Marinda ·

Nee, eks nie daai Marinda nie. ????

Marcel, 21 jaar oud, (8 moorde) goeie genade. Kind wat het jy gedink?
Ñ mens kan mos nee sê. Daar is tog iemand wat jou kon help. Jy stap net by ñ polisie stasie in. Vra of jy met iemand kan praat wat Afrikaans magtig is sodat daar geen misverstande is nie.

Gaan hulle regtig so lank sit of gaan hulle vroeg uitkom vir “good behaviour”?

Lizelda ·

@Marinda daar is nie verniet n gesegde: “Die appeltjie val nie ver vd boom nie”

Pop skuilnaam ·

Dit gn nie eens help die jong ene gn in tronk verder leer nie sy sal nooit uitkom om te werk nie die ander 2 so gesmile vdie fonnis geen berou julle is nie mense nie sies kry julle nie skaam nie onthou eendag gn julle voor die here moet staan vir die families wat iemnd verloor het sterkte en bid dis moeilik maar die here sal elkeen deurdra

Penelope ·

Die vrou is so ‘n sadis, ek dink sy gaan doodeenvoudig aangaan met haar stories in die tronk. So iemand sal nooit ophou nie. Daar is heel waarskylik nog mense buite onder haar invloed. Soos die “Strydom Monster” van Rustenburg.
Miskien is sy goed vir die ander kriminele, laat hulle almal kry wat hul toekom….

Dessa ·

Hopelik is hulle by aparte tronke want netnou plan hulle wee iets binne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.