Krugersdorp-moorde: Polisie maak deurbraak

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Die polisie in Krugersdorp, Gauteng, het Vrydag aangekondig hy het ʼn deurbraak gemaak in die opspraakwekkende moorde wat die gebied die afgelope maand geruk het.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie aan die Wes-Rand, het aan Maroela Media gesê ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die drie moorde.

“ʼn 29-jarige man is laat Donderdagaand in Krugersdorp in hegtenis geneem,” het sy gesê. “Die inhegtenisneming is die gevolg van ʼn urelange intensiewe ondersoek deur die span ondersoekbeamptes die afgelope vier dae.”

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Krugersdorpse landdroshof verskyn.

“Die span ondersoekbeamptes werk steeds onverpoosd om verdere inhegtenisnemings te verseker,” het Ernst bygevoeg.

Genl.maj. Anna Mateisi, het haar tevredenheid oor die span se vordering uitgespreek.

Hanle Lategan (52), ʼn eiendomsagent van Roodepoort, het Maandagaand verdwyn nadat sy ʼn huis in Krugersdorp aan kliënte sou gaan wys het. ʼn Motoris is omstreeks 06:45 Dinsdagoggend deur skoolkinders voorgekeer wat gesê het dat hulle ʼn vrou se liggaam in ʼn veld gevind het. Die polisie het gaan ondersoek instel en Lategan se liggaam is langs ʼn spruit buite Randfontein gevind.

Kevin Mc Alpine (29), ʼn versekeringsmakelaar by InSHoor, se liggaam is die aand van 27 Mei in die kattebak van sy motor gevind op die hoek van Sivewright- en Francisstraat. Hy is kort voor sy liggaam gevind is as vermis aangegee nadat hy ʼn kliënt sou sien maar nooit teruggekker het huis toe nie.

Anthony Schofield (67), ʼn versekeringsmakelaar by Momentum, se liggaam is op 10 Mei in die kattebak van sy motor in Premierstraat gevind. Schofield moes ook vroeër die dag ʼn kliënt sien waarna hy verdwyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Danie ·

Mag hierdie werklik wees. Onthou paar jaar terug was daar ook knaap wat agente geteiken het. Hy was wel gevang. Hierdie het net die onthou gebring.

George ·

So sad to hear what is happening in SA.
I am glad they found at least a suspect.

Mel ·

Laat geregtigheid seevier, wens di “fantastiese” regering van ons kan wakker skrik en di doodstraf terug bring, agter tralies beteken niks meer ni

Maggie ·

Verseker het hy iemand gehad wat hom sou help.. dis goeie nuus dat hulle iemand in hegtenis geneem het, net jammer daar was 3 moorde gepleeg.. sterkte aan die families wat hulle geliefdes verloor het. Julle is in ons gebede.

Judy Botha ·

Ek is baie dankbaar dat die Polisie vir ons bewys het dat hul nog in moorde belangstel. Mag die Polisie die ander ook vinnig in hegtenis neem en n volledige verslag vir ons mense plaas wie hierdie moordenaars is !!! Is hul blank en vanwaar kom hulle en wat was hul motief ? Net geld ?

Adriana Stuijt ·

daar word nog ‘n meisie vermis: Shannon Lombard, 19, wat op 29 Mei 2016 vir ‘n onderhoud gegaan het vir werk in die Krugersdorp sakedistrik, en tot dusver nog nie opgespoor is nie. Die Missing Minors Pink Ladies FB blad het haar nog steeds as vermis vermeld. Die manier van haar verdwyning is identies in die modus operandus wat beskryf word vir die drie vermoorde mense in Mei: Hanlie Lategan op 30 mei; versekeringsagent McAlpine op 26 Mei, en versekeringsagent Anthony Scholefield op 10 Mei 2016 het almal afsprake gehad in die sakedistrik van Krugersdorp. Ek is dankbaar om Kaptain Appel Ernst van die Wesrand se polisie se aankondiging te lees dat een persoon reeds gearresteer is en op Maandag in die Krugersdorp magistraatshof sal voorkom. Veels geluk met daardie sukses tot dusver. Dit moet ook goeie nuus wees vir al die nabestaandes om te weet dat die hele kwaadaardige bende miskien binnekort almal opgerol sal word.

Manie ·

Ai na 30 jaar in Krugerdorp moet ons nou gedurig agter ons kyk? om nie eers te praat van die haweloses en die onsaglikke dwelm probleem en prostituute wat ons elke dag inKrugersdorp se straate sien nie. Dan kan mens maar net wonder wie vir die moorde verantwoordelik kan wees. Hoop dat geregtigheid sal seevier.

foxi ·

Kan die moordenaars wat die plaasboere so vermoor en verniel, nie ook so gou oogespoor word nie! Daardie pes gaan nou lekker teer op ons belasting betaalers.
Is bly die monster is vasgetrek in elk geval.

johann cb ·

Ek hoop daar is binnekort ‘n skulderkenning en skuldigbevinding. Die motiewe vir die onnodige moorde, kan dalk tot nog arrestasies lei. Baie sterkte aan die betrokke families. Ons dink daagliks aan julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.