Krugersdorp-moorde: Twee weer in hof

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Christian Kruger (29) en Fabian Luff (32) het Dinsdag hul tweede verskyning in die Krugersdorp-landdroshof gemaak in verband met die drie opspraakwekkende moorde in die dorp verlede maand.

Die twee is in hegtenis geneem in verband met die moorde op Hanlie Lategan (52),  ʼn eiendomsagent van Roodepoort, Kevin Mc Alpine (29), ʼn versekeringsmakelaar by InSHoor en Anthony Scholefield (67), ʼn versekeringsmakelaar by Momentum. Al drie slagoffers is in ʼn tydperk van net meer as drie weke onder dieselfde omstandighede vermoor, nadat hulle kliënte sou spreek.

Kruger is op 2 Junie in hegtenis geneem, wat gelei het tot Luff se inhegtenisneming kort daarna. Hulle staan tereg op drie aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, diefstal en ontvoering.

Kruger en Luff het hul gesigte gedeeltelik met hul sweetpakbaadjies bedek toe hulle in die beskuldigdebank ingestap het. Hulle het tydens hul vlugtige verskyning stip na die landdros gekyk. Luff het sy aansoek om borgtog teruggetrek, omdat hy meer tyd nodig het om ʼn regsverteenwoordiger van sy keuse aan te stel.

Victor da Silva, Kruger se regshulpraadprokureur, het egter gesê Luff vertraag net die prosedure aangesien hy nie in staat sal wees om ʼn private prokureur te bekostig nie.

Jacqueline Stay, direkteur van openbare vervolging, het egter aangevoer Luff moet die geleentheid gegun word om regsverteenwoordiging van sy eie keuse te vind.

Da Silva het Luff aangeraai om vir regshulp aansoek te doen om verdere vertragings te vermy en het bygevoeg hy is bereid om albei mans te verteenwoordig.

Die saak is tot 24 Junie uitgestel en sal voortaan in die Roodepoort-streekshof aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theuns ·

Ek is oortuig dat die twee ook verantwoordelik is vir die moorde of die Vrou, haar dogtertjie, haar skoonpa en haar man in Randfontein.Daar is baie oorenkomste!

MissDemeanor ·

Klink interesant, gee asseblief meer details, ek sal graag daardie nuus berig wil lees. Ja jis dit klink asof moord hierdie ouens se stokperdjie is. Wie weet hoeveel ander slagoffers hul al gehad het…

KarooKlong ·

Maar ou Ronnie, hier sak jy dan nou tot ‘n vlak wat teenstrydig is met jou verweer?
Hoe seker is jy met jou stelling?

CHARMAINE WALL ·

LEWENSLANK VIR DIE BOOSAARDIGE 2,DAAR IS GEEN VERSKONING VIR MOORD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.