Krugersdorp-moorde: Uitspraak gelewer

Zak Valentine, Cecilia Steyn en Marcel Steyn in die hooggeregshof in Johannesburg [3 Junie 2019]. (Foto: Maroela Media)

Cecilia Steyn (38), Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21) is Maandagmiddag in die hooggeregshof in Johannesburg op verskeie aanklagte skuldig bevind, onder meer vir hul aandeel in van die opspraakwekkende Krugersdorp-afspraakmoorde.

Al drie die beskuldigdes is skuldig bevind aan die moorde op pastoor Reg Bendixen, Mikeila Valentine, Peter en Joan Meyer en poging tot moord op Joshua Groenewald.

Al drie is ook skuldig bevind op drie aanklagte wat met die plant van bomme verband hou, rampokkery, asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Cecilia en Marcel is ook skuldig bevind aan die sogenaamde afspraakmoorde – die moord op Anthony Scholefield, Kevin McAlpine, Glen McGregror en Hanle Lategan. Zak is op dié aanklagte onskuldig bevind.

Cecilia en Zak is skuldig bevind aan die moorde op Natacha Burger en Joy Boonzaaier, asook bedrog, diefstal en regsverydeling vir die versinning van Zak se dood. Cecilia is skuldig bevind bestuur van ʼn rampokkeronderneming.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Skerpioen ·

Mag julle straf swaar wees…. soos julle slagoffers se familie se lyding en pyn van verlange…. maar ja…. alles gaan seker weer gelyklopend uitgedien word… hoe bitter hartseer

Chris Ws ·

Hierdie mense is opperste skurke en hoord vir die res van hul lewens agter tralies deur te bring sonder die kans vir parool!

koos ·

die tronke is oorbevolk waar en hoe moet mense lang tronkstraf kry?

Abe ·

Dit moet seker een van die grootste moordsake nog in SA wees in terme van aantal aangeklaagdes, aantal persone skuldigbevind aantal vermoordes en verbysterende blote verontagsaming van enige respek vir lewe en medemenslikheid!

Jaco ·

Wereld straf moet hulle veseker uit dien maar ek bid dat God hulle vergewe en Sy genade oor hul laat kom.
Amen

Geregtigheid ·

Daar sit hulle soos arme, arme blaamlose martelaars in totale onskuld. Botter kan in hulle monde nie smelt nie. Maar wat hulle nie weet nie is dat hul gesigte eintlik ALLES sê! Skaam hulle hul nie morsdood nie? Het hulle gedink om weg te kom met hulle afskuwelike duistere duiwelse werke? Miskien op aarde, maar beslis nie in die ewigheid nie. En die woord en die Naam van God word boonop gebruik om onder weg te kruip! Dit alles terwyl haar pa haar “goed grootgemaak het”… Verstommend. Dit gaan letterlik die verstand te bowe.

marous ·

Naar word is nie meer ‘n opsie nie ! Wat gaan die land se mense nog oplewer ???

Sarie ·

Jaco ek stem saam. Indien hulle opreg om vergifnis vra sal hulle vergewe word. Ek wonder of hulle dit sal doen.

Jaco ·

Sarie
Ek glo daar is goed in almal. Ek glo ook dat ons n groot God dien. Verder glo ek dat God j net sal toelaat om jou eie ding tedoen tot op n punt em dan vat Hy jou vas. Ek jet al gesien n mens dien God die beste as jy op j kniee is en ek glo dit os waar God hul nou gesit het. As hul Sy aangesig gaan soek sal hul Hom vind. Ek dinknas ons almal vir hul bid in plek van judge sal daar deerbraak vir hul kom.
Hoe voel jy hieroor Sarie

Jaco ·

Andrea ek isi gaaf nie ek is gevul met Jesus liefde en ek ken my God. Die waarheid is die Woord en die Woord is God. Die woord se dat eninge iemand se sonde kan vegewe word.
Ek staan net op die Woord. Dit is al

Colleen ·

This is why we need the death penalty! People are not afraid of going to prison anymore, it’s like an all expenses paid holiday. #bringbackthedeathpenalty

PaulV ·

Colleen; you say going to prison is like an all expenses paid holiday?? You have NO idea what you’re talking about. Prison is hell, even for the most hardened criminal. Furthermore, you say “we need the death penalty”? Be careful what you wish for.

JA ja ·

Liza,

Wat van Paulus? Ons moet oppas dat ons nie oordeel en veroordeel nie, dit is net God wat dit kan doen. Ek weet ons raak kwaad en ontsteld, maar miskien juis omdat ons nie die Wet van God nakom om Hom lief te he en ons naste lief te he nie. Jaco ek stem dit is nie vir ons om te besluit of hulle vergewe gaan word nie. Toeallig ken ek die ma en dogter in n mindere mate maar die ma se ouers ken ek goed, en ek weet dat hulle saak met die Here nog altyd reg was en hulle Hom gedien het met alles in hulle.

Merie Perd ·

Eish, die refrein is …siek…siek…siek, tot oorlopens toe siek. Nou wonder ek oor die dood straf, vergifnis, moord, verkragting, diefstal wet en orde ens. Is die wet nie daar om geregtigheid te bring nie? Wat van wat die Bybel se, van n oog vir n oog en n tand vir n tand? Of kan almal maar al die bogenoemde goed doen sonder straf? Kyk vir die apostel Paulus, hy is in die tronk gestop net omdat hy die evangelie van God verkondig het. Ek oordeel nie, maar…..

Kobie ·

Hierdie mense het gruwelike goed gedoen wat totaal abnormaal is. Alles beplan. Hulle is verseker volgens navorsing nie rehabiliteerbaar nie. Hou hulle vergoed uit die samelewing. Hulle sal altyd gevaarlik wees. Die polisie sal dit bevestig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.