John Barnard, die man wat tans tronkstraf uitdien vir sy rol in die opspraakwekkende Krugersdorp-afspraakmoorde, is dood in sy tronksel gevind.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Maroela Media bevestig dat Barnard Saterdagaand in sy slaap dood is.
“Hy is weens natuurlike oorsake oorlede en geen vuilspel word vermoed nie,” het Nxumalo bevestig.
Barnard is in die Barberton-gevangenis in Mpumalanga dood, waar hy sy vonnis uitgedien het.
Barnard was deel van die georganiseerde organisasie, genaamd Electus per Deus (Gekies deur God), wat tussen 2012 en 2016 altesaam 11 mense vermoor het. Die saak het later bekend geraak as die “afspraakmoorde” omdat verskeie slagoffers vermoor is nadat hulle iemand vir ʼn afspraak ontmoet het.
John Barnard is in Desember 2016 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld beken en ingestem het om teen die ander beskuldigdes te getuig.
Hy het skuld beken op 13 klagte, waaronder moord en roof met verswarende omstandighede.

Zak Valentine, Cecilia Steyn en Marcel Steyn op 23 Mei 2019 in die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Christel Cornelissen)
Sy drie medebeskuldigdes, Cecilia Steyn, Zak Valentine en Marcel Steyn, is in 2019 in die hooggeregshof in Johannesburg swaar gevonnis.
Hulle is skuldig bevind aan die moorde op pastoor Reg Bendixen, Mikeila Valentine, Peter en Joan Meyer, en poging tot moord op Joshua Groenewald. Cecilia en Marcel is ook skuldig bevind aan die sogenaamde afspraakmoorde – die moord op Anthony Scholefield, Kevin McAlpine, Glen McGregor en Hanle Lategan.
Marinda Steyn (51) en haar seun, Le Roux Steyn (22), is in 2018 ingevolge ʼn pleitooreenkoms skuldig bevind vir hul aandeel aan die moordtogte.
Lees meer oor die saak hier.
Dit is soos n asblik wat homself skoon maak.
Ai dis nou sleg…
OK, is julle SEKER dis hy …. viz. Thabo Bester … Mei 2022. Kry asseblief tog hierdie keer ‘n outopsie/DNS monster om te bevestig dis wel John Barnard wie se lyk daar gevind is. Mens kan g’n niks die DKD glo wat sulke sake aanbetref nie. “In the meantime … good riddance to bad rubbish”.
“Af gesiggie” – is John Barnard familie van jou? Hoekom is jy dan so “sad” dat ek sê “good riddance to bad rubbish”?
Mooi, nou moet die ander ook daai roete stap.
Hulle moet kry wat hulle toekom. ‘n Helse lewe agter tralies.