Krugersdorp-ongeluk eis 6

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Ses mense is Sondagaand dood en vier beseer toe twee ligte motorvoertuie mekaar reg van voor op die N14 naby Krugersdorp in Gauteng getref het.

“Een van die wrakke het met die impak aan die brand geslaan en brandbestryders moes die vlamme blus,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Drie van die insittendes het in die motor beswyk aan die brandwonde wat hulle opgedoen het.” Volgens Meiring het twee ander insittendes kritieke beserings opgedoen.

In die tweede voertuig het drie persone, waaronder ʼn seun en ʼn meisie, ongeveer 13 en 16 jaar oud, noodlottige beserings opgedoen. “Twee ander insittendes het ook kritieke beserings opgedoen,” het hy bygevoeg.

Die beseerde pasiënte is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir dringende mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Riaan ·

Die N14 loop tot in Springbok, verby Krugersdorp. Die ongeluk kon op die stuk pad van die snelweg tot by Tarlton gebeur het, en selfs nog nader aan die Carltonville-kruising.

Helene ·

Ek verstaan nie hoe die twee voertuie reg van voor kon bots nie, want die N14 is ‘n dubbel highway met 2 bane aan elke kant. Tensy een aan die verkeerde kant van die pad gery het dalk. Dit bly egter ‘n baie hartseer berig. Medelye met die families wat geliefdes verloor het.

Riaan ·

Die N14 loop verby Krugersdorp tot in Springbok. Dit kon gebeur het op die stuk pad in die omgewing van Tarlton.

Magda ·

Ek ry elke dag van Pta na Roodepoort die N14 en daar is GEEN verkeersbeamptes op die N14 nie. Die mense ry soos varke op die N14. As jy nie vining genoeg na hulle sin oor beweeg na ‘n ander baan nie gaan hulle sommer in die geel streep verby jou. Ek het al ‘n paar ongelukke voor my sien gebeur omdat hulle dink die N14 is Tarlton!!! en dit is ons mede “knope” met hulle BMW’s en Merc.

Andries ·

Principal of the Nic Diederichs High Technical School Gunther Bühner was among the six people who tragically died in a head-on collision on the N14 in Brandvlei yesterday.

Emergency services Netcare 911 and ER24 arrived on the scene where they found two light motor vehicles which collided.

Four people, among them two teenagers between the ages of 13 and 16, were still alive and injured.

A friend of Bühner and her five-year-old child were among the six who tragically died in the accident.

Chris Botha, a Netcare 911 spokesperson said paramedics and their rescue unit arrived at the scene and found the roadway obstructed with accident debris and the twisted frames of the vehicles, one of the wreckages was engulfed in flames with three people still trapped in the wreckage, which was later extinguished by the fire services.

“Some of the occupants were ejected from the vehicle and were found several metres away, two people were still trapped in the wreckage of the second vehicle.”

Russel Meiring, an ER24 spokesperson said paramedics assessed the occupants from the smoldering vehicle and discovered that three occupants had sustained fatal burn injuries and nothing more could be done for them.

Two other occupants were found to have sustained critical injuries in the collision.

He said paramedics immediately began their treatment on the critically injured patients, providing them with advanced life support treatment.

“Once treated, they were immobilised and transported to nearby hospitals for urgent medical treatment.”

In a second accident a man and a woman were killed in a motorcycle collision on Ashanti Road near Lanseria Airport.

Meiring said paramedics found that the wrecked motorcycle had crashed against a sign board.

“Paramedics discovered that the patients, who were lying near the motorcycle, had already succumbed to their multiple fatal injuries.”

John ·

Dankie vir die nuus. Ander groot nuusnetwerke dra skynbaar nog geen kennis hiervan nie. Maroelamedia is voortaan my nuusdraer van keuse.

Mona ·

John ek het al voor 8uur vanoggend van die ongeluk gelees op News24 .

paula ·

Ai juf Kolesky, dis tragies dat jy jou kind en kleinkind aan die dood moes afstaan. Ons gebede is met julle. Kan myself net jul pyn voorstel. Sterkte vd pad vorentoe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.