Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het in Cecil Knightstraat in Rant-en-Dal plaasgevind. “Vyf werknemers van ʼn plaaslike restaurant het omstreeks 21:45 glo van die Key West-winkelsentrum gestap toe hulle glo deur twee mans met vuurwapens aangeval is wat hulle deursoek het,” het Ernst gesê.
Die rowers het een van die mans geskiet voordat hulle met selfone en kontant gevlug het. “Die verdagtes het na bewering in ʼn maroen Polo met Oos-Kaap nommerplate gevlug,” het Ernst gesê.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici wat na die misdaadtoneel geroep is, het probeer om die man by te bring, maar hy is op die toneel dood verklaar.
Ernst wou nie in hierdie stadium die man se naam bekend maak nie. Sy het ʼn beroep op enigiemand met meer inligting gedoen om met die Krugersdorp-speurtak in verbinding te tree.
Niks in ons land sal verander terwyl misdadigers se reg om te lewe belangriker beskou word as hulle moordslagoffers nie. Die ANC moet net onthou: hulle het ook familielede wat nie lyfwagte het nie!!!
Is daar al begin bou aan nuwe tronk-‘lodges’ om die toenemende getal moordenaars huisvesting te bied ? Ek meen hulle kan maar doodmaak maar mag self nie die doodstraf opgelê word.
Wonderlike ‘menseregte’ . . .
Die gemors dit gaan lekker in Zuma se Suid A frika