Krugersdorp-skietery: Selfmoordbrief op toneel gevind

Gwen en Johan Fouché. Foto: Facebook

Gwen en Johan Fouché. Foto: Facebook

ʼn Selfmoordbrief is glo in die huis in Krugersdorp, Gauteng, gevind waar ʼn man vanoggend geskiet en sy vrou kritiek gewond is.

Die Krugersdorp Voice berig ʼn betroubare bron het onthul speurders het glo kruitneerslag op die vrou se hande gevind, wat aandui dat sy moontlik die sneller getrek het.

“Die vrou het glo hul seun gestuur om brood en melk by ʼn winkel te gaan koop. Sy het glo daarna haar man geskiet en probeer om selfmoord te pleeg. Sy het ʼn brief op die toneel gelos,” het die bron aan Krugersdorp Voice gesê.

Die egpaar is intussen geïdentifiseer as Gwen en Johan Fouché, wat in hul laat 40’s of vroeë 50’s is.  

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 08:00 by ʼn huis in Vorsterstraat plaasgevind.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die vrou was in ʼn kritieke toestand en is gestabiliseer voordat sy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Sy het later aan Maroela Media bevestig dat die vrou in die hospitaal aan haar beserings beswyk het.

Die polisie kon na verskeie pogings nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Van ·

Ai !!!! Alles so onnodig. Komminikasie (praat met mekaar) is tog so belangrik. Sterkte vir die wat moet aangaan met dit wat voorlê. Hartseer!!!!

Ben (:-) ·

Daar is nie `n vinnige toets vir ontstekens residu nie (kruit neerslag, hoe lekker lag ek nou vir daardie woord) tensy iemand 09:00 in die kar geklim het, na die forensiese wetenskap lab in Pretoria gery het, en `n lid gekry het wat daar werksaam is, om die ondersoek beampte met die OR-monsters wat op die toneel geneem is, te woord te staan, en hom / haar dan voorkeur gee, bo al die ander sake, sodat die uitslag van die toets, wat nie aan die publiek bekend gemaak mag word nie, in die ander koerant bekend gemaak is. Glo dit nie.

Koos ·

Hi Ben. Die toets werk met chemikalie wat pers verkleur as dit oor vel gevryf word waarop die kruitneerslag is. Die toets word in die algemeen aanvaar, ook deur die howe. Baie sterkte aan die familie en die kinders wat agterbly.

Willow ·

Ben… Koos is reg. Jy was seker baie lanklaas op n toneel. Die media hoef ook nie meer stil te bly omdat bevelvoerders bang is vir hofsake nie. So cudos aan die bronne wat die waarheid ooenbaar. Anders was hier nog n geval sood die Stellenboch bylmoord op ons hande. Die prentjie is op die muur maar die polisie is nie lus vir admin nie, so hulle jaag die hele land op hol en laat hulle hul eie gevolgtrekkings maak… en n jaar later lyk hulle pateties.

DPJ ·

Ons mense van RSA, K.kan ons nie asseblief leef en laat leef nie.
Kom ons draai terug na God drie-enig en lewe soos die Bybel sê:- Jy moet jou God bo alles lef hé en jou naaste soos jouself.

celeste ·

Niemand weet wat het daar gebeur nie so ek dink om te oordeel is net verkeerd. Oordeel kom ons nie toe nie. Sy was n goeie mens. Ek en my man het lank saam haar gewerk. Ek is baie jammer vir hulle kinders en mag God hulle dra deur die moeilik tyd. Rus in vrede…….

Se Net ·

We are all broken. Everyone just deals with it in different ways.

Sarie ·

@ Celeste. Ek het ook daar gewerk. Iets drasties moes gebeur het om haar so-iets te laat doen (as dit sy was)… Miskien depressie? Dis ‘n aaklige siekte! ‘n Mens wat aan ernstige depressie ly, is in ‘n diep donker put & kom op ‘n stadium waar hy / sy nie meer kàn dink nie!!! Daarom gebeur sulke hartseer dinge… Ek is só oneindig jammer… Hoop tog net daar is ‘n familielid wat na haar kinders sal kan omsien…

Jean ·

Hartseer hartseer hartseer…mag die Here met hul en hul familie en vriende wees..ai.

Christine ·

Ons het geen reg op ons eie of ‘n ander persoon se lewe nie. Ons behoort aan God. Vind rustigheid vir jou gebroke lewe by die voete van Jesus, Hy sal jou kwellinge op Hom neem. My gebede is by die wat nou stukkend van binne is, dat Jesus self sal troos.

SkarrelKind ·

‘n Mens het nie die reg op ‘n ander se lewe nie, behalwe uit selfverdediging, maar mens het beslis die reg op mens se eie lewe. Sommige mense wil net nie meer nie en ek dink dit is hulle reg. Hulle word maklik lafaards genoem, maar ek dink hulle is dapper en ek voel jammer dat dinge vir hulle soveel geraak het, dat hulle nie meer kan of wil nie. Ons ken nie hulle omstandighede nie en moet liefs nie daaroor kommentaar lewer nie.

Veritas ·

Sarie jy is heeltemal korrek. Indien sy aan depressie gely het, kan dit maklik die oorsaak van die tragedie wees. Ek was vir 4 jaar daarvoor behandel en kan vandag nog nie glo wat ek gedurende daardie tydperk aangevang het nie. Die probleem met depressie is dat die lyer nie bewus daarvan is dat hy/sy irrasioneel optree nie. Dit is gewoonlik die mense rondom die lyer wat daardeur geraak word.

Theresa B ·

Dit is vreeslik. Arme kind en familie wat nou hierdie moet verwerk. Dis angswekkend om te hoor hoeveel mense ly aan depressie vandag. Dis nie die wêreld wat boos is nie – dis die mense. As depressie nou hier ter sprake is, is dit so hartseer. Ek het al gehoor dat ‘n mens se brein net uit “clutch”. Die meeste mense “besef” nie regtig wat hulle doen ten tye van die verskriklike daat nie. Ek kan dit nogal glo want wie kan ooit ander mense doodskiet (dalk jou hele gesin. Selfs klein kindertjies en dan eers jouself. Jy moet nie reg dink op daardie stadium nie. Ai………………

Akram ·

Dis tragies. Ek het altyd gedink dat selfmoord n lafhartige manier is om alles te end. Ek sit deesdae met gemengde gevoellens. Om jou eie lewe te neem vat baie moed. Jy moet ook weet dat as jy die daad doen, is daar nie sommer omdraai kaans nie. Jy gaan of die bree pad of die smal pad. Ek dink dit moet erg wees as jy weet jou sake is nie reg nie en dat jy nou die ewigheid ingaan. My simpatie met die familie wat agterbly. wat dinge moet uitpluis, wat moet probeer verstaan en die ergste is om te aanvaar. Baie sterkte.

thelsa ·

Vandat depressie ‘n naam vir die toestand gekry het, hetdit by partymense ‘n ‘statussimbool’ geword waaroor hulle ‘brag’ en reken dis iets om op jou CV te sit. Ek leef elke dag met mense saam wat hulle soooo bejammer oor die toestand waarin hulle hulself bevind.

Karma ·

Inderdaad, nè, Thelsa? Depressie het ‘n status-simbool geword! In wie se wêreld of lewe? Thelsa, sê my, het jy al ooit gevoel asof jy in die oggend – wanneer jou oë oopgaan – jy nie die krag het om jou bene van die bed af te swaai, laat staan nog opstaan en die dag te “face”? Jy het duidelik geen idee hoe depressie – of deesdae genoem bipolêre versteuring – ‘n mens se lewe kan hel maak nie.

En vir jou stelling dat dit iets is om op jou CV te sit? Ek sien al hoe stipuleer mense dit op hul CV’s sit: “O ja, terloops, ek ly aan erge depressie, so moenie vir my die werk gee nie”. Depressie is ‘n stil monster en so werklik soos kanker en enige ander siekte. Dit kan kom en gaan; dit is nie eksklusief of selektief nie; jy kan dit kry na ‘n traumatiese ervaring of dit slaan toe sonder rede, jy het ‘n familie-geskiedenis daarvan of is geneties of geslagtelik kwesbaar – jou brein se “happy hormones” gaan “haywire”.

Nee-wat Thelsa, ek dink jy moet ‘n bietjie navorsing gaan doen oor depressie. Jy weet regtig nie waarvan jy praat nie.

anna marie ·

Thelsa jy is so so ver verkeerd. Gaan op jou kniee en se dankie dat jy nie aan depressie ly nie. Dit is hel. Depressie is n erkende siekte soos hoe bloeddruk en ek kan jou waarborg niemand sal kies om depressie te he nie, Dit is seker die ergste om mee saam te leef dag na dag, en ek dink baie van ons was al op pad na selfmoord, want dit lyk vir jou soos n uitweg – iets om na uit te sien. Doen soos Karma se en gaan bestudeer depressie. Kyk of jy dan nog dieselfde dink….

Wat? ·

Ek kan nie glo jy raak sulke twak kwyt nie. Besef jy ooit waardeur die mense gaan? Ekself het bipolêre gemoedsversteuring tipe 1. Dank vader ek het dit onder beheer met medikasie, terapie en `n goeie ondersteuningsnetwerk, en kan `n redelike normale lewe lei. Ek sweer iemand soos jy sal enigiemand tot selfmoord dryf met daardie houding. Wees bly jy hoef nie elke dag van jou lewe pille te sluk en heeltyd oplettend te wees op enigiets wat kan dui op `n moontlik “high” of “low” nie. Sies.

Gesiggie ·

Daar is niks meer hartseer en Tragies, as n gesin selfmoord pleeg. Depressie kon deel gewees het van als.. dit is nie ons reg om te oordeel, want ons weet nie wat in die brief staan. Ek voel net verlig dat die Ma die seun winkel toe gestuur het… sodat hy nie moes toestaan om als te sien, maar wie weet as hy moes terug kom, dalk als aanskou..haar besluit om haar seun nie skade aan te doen was uit omgee… dit is net jammer, want nou het die seun altwee sy ouers verloor. Dit is regtig so jammer, dat daar nie n ander uitweg vir haar was nie. Sterkte aan die Familie, aan die seun mag jul antwoorde vind op al die vrae, mag God jul vertroos.

Frans ·

‘n Ander man se boeke is duister om te lees. Daar is soveel faktore wat aanleiding kan gee tot so’n irrasionele besluit dat ‘n mens nie sommer ‘n oordeel oor dit moet vel nie. Hoop die kind kry die nodige sielkundige berading om die trauma te oorkom.

Takkie Takuuza ·

Donker dieptes donker water donker nag
Die gemoed is swaar die donker wag
Vleishake met gewigte haak deur die hart
beur dit die dieptes in spiraal van smart

moeg gedaan afgemat die skouers hang
daar is geen omgee dit maak mens bang
lusteloos sonder hoop sonder beheer
gedagtes negatief denke ingekeer

Jesus het dit ook geken in oomblikke deur God verlaat
Teesinnig om oor te gee en Jouself te haat
Maar heelaas dit kom soos die nag
Verseker soos die dood wat wag

Hoekom sonder rede voel mens so verlore
Waar kom dit vandaan is jy so gebore
Die asem uit jou bors gedruk
Onder die las gaan jy gebuk

Die lus vir die lewe het daar uitgeloop
By ‘n gaatjie in die hart van die sprankel gestroop
Sonder rede sonder smart
Net ‘n gevoel in die hart

Steek dit weg wie sal verstaan wie sal begryp
Veg dit van binnekant en dryf dit uit
Soos dit kom so sal dit weer verdwyn
Jou siel weer skoon sonder pyn

Sinus golwe positief negatief probeer dit vertraag
Vertraag die gewraakte siklus van hoog en laag
Miskien met wilskrag sterk vasberade doelgerig
Moet mens lewe sterk wees opstaan vir jou plig

Monica ·

Thelsa, jy het nie ‘n idee wat jy sê nie. Depressie is ‘n werklikheid net soos Kanker, geen mens kies om dit te kry nie en om daarmee saam te leef is baie moeilik. Ek haal my hoed af vir mense wat dit bekend maak (soos jy dink daarmee brag) want om daaroor te praat sodat mense jou toestand verstaan is die enigste manier waarop hierdie persone daarmee kan deal. Ek het self ‘n ouer verloor aan selfdood en het ‘n man wat lei aan depressie. Ek raak ook soms kwaad vir sy toestand maar wanneer ek opnuut besef dat dit ‘n chemiese wanbalans is waaroor hy nie beheer het nie, dan probeer ek liewer om hom optel, moed inpraat en net lief hê want ek het gekies om hom lief te hê deur siekte en deur gesondheid… Sterkte vir die familie ons dra julle op in ons gebede. Mag die Here julle dra deur hierdie donker tyd.

Hannelie ·

Ek stem 100% saam met jou Monica. Ek ken dit ook. My ouboet het nie kans gesien vir die lewe, en tog het ons nie in sy optrede enige tekens opgemerk nie. En soos jy sê dis ‘n chemiese wanbalans in die brein, waarvoor geen mens beheer het nie. Mens sê altyd :”kon ons nie die tekens gesien het nie”. Nee….mens kan nie altyd nie. Ons kan net bid vir hulle wat aan depressie ly….want dis ‘n dief wat jou vreet soos kanker. Sterkte

Hannelie ·

Dis so baie tragies. Ons kan almal maar spekuleer, maar weet nie wat presies in daardie huis vooraf gebeur het nie. Ek voel net, sy moes haarself eerder weggevat het, en ten minste die kind nie alleen agtergelaat het nie. En Thelsa ek stem NIE met jou saam nie, depressie het nie ‘n statussimbool geword nie. Mens kom net op daai punt dat jy met niemand kan praat nie, want die meeste mense het nie empatie nie, baie mense kla onnodig, maar tog is daar die tekens. En dan kom die impulsiwiteit om eerder dood as lewend te wees. Sterkte aan die families wat hierdie tragiese gebeurtenis moet verwerk.

charlene ·

Baie hartseer en tragies. Waardeer almal se ontleding met die saak MAAAAR sy ht haar seum gestuur om brood en melk te gaan koop, hy het duidelik geloop en kon nie `n uur weg wees nie, DUS het die seun op sy ma en pa afgekom!!!! Wie doen so iets aan hulle eie kind, aan enige kind??? Dalk het die vrou aan depressie gely dis onglukkig `n werklikheid en `n siekte… Maar hoekom dan moor? Depressie gee geen mens oop toegang om te moor! Selfmoord is vir geen lafaard nie – dit vat guts maar hoekom iemand ander ook moor? en die kind wat agter moes bly? Wat van die ouers aan albei se kante. Daar is so baie vrae. Stekte aan die seun wat homself asb nooit moet verwyt nie en aan die familie wat agter bly wat nou die stukkies moet optel en voort gaan.

Ella ·

Bipolêre afwykings en depressie is gladnie dieselfde ding nie, en dieselfde behandeling word ook nie toegepas nie. ‘n Persoon wat bipoler is, kan of manies depressief wees, of manies “gelukkig” en allerhande ondeurdagte besluite neem en goed aanvang, soos bv. onbeheers geld spandeer. Doen gerus behoorlike navorsing oor hierdie twee siektetoestande.

Adriana Stuijt ·

As oud-joernalis wat baie hofsake in SuidAfrika bygewoon het, was dit nog altyd my impressie dat die besluit dat iemand ‘selfmoord’ gepleeg of ‘vermoor’ of per ongeluk gedood is, besluit moet word deur die nadoodse ondersoek se resultate wat aan ‘n magistraat voorgelë word. Pas daarna is daar amptelik ‘n besluit geneem dat iemand ‘selfmoord’ gepleeg het. Ek sien deesdae dikwels dat die nuusmedia en die polisie self op hul eie houtjie al sulke aankondigings maak. Maar dit kan glad nie besluit word tot die magistraat so’n besluit geneem het nie – in ‘n hof.

Marita ·

Wat ‘n verskriklike wrede ding om aan jou kind te doen! Ek verstaan depressie en ek besef ‘n mens kan glad nie oordeel nie, maar ek kan myself nie eers begin indink hoe dit vir daardie kind moes wees om niksvermoedend winkel toe te gaan en op so ‘n vreeslike toneel te moes afkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.