Krugersdorp-veearts doodgeskiet

Boodskappe van medelye het vir dr. Corli van der Walt (43) ingestroom (Foto: Brormhof Veterinary Clinic, Facebook)

Boodskappe van medelye stroom in ná die dood van dr. Corli van der Walt (43), ʼn veearts van Krugersdorp, nadat haar liggaam Saterdagoggend met verskeie skietwonde in haar motor in Krugersdorp aangetref is.

Van der Walt was op pad werk toe, toe sy vermoor is. Sy het die afgelope vier jaar by die Bromhof-dierekliniek in Randburg gewerk.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat Van der Walt se motor omstreeks 08:00 op die hoek van Bell-rylaan en Nordenstraat in Krugersdorp gevind is.

“Sy het verskeie skietwonde in haar bolyf gehad,” sê Masondo.

Van der Walt het die afgelope vier jaar by die Bromhof-dierekliniek in Randburg gewerk (Foto: Bromhof Veterinary Clinic, Facebook)

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en die motief vir die aanval is in hierdie stadium nog onbekend.

Die dierekliniek het op sy Facebook-blad gesê Van der Walt was ʼn groot aanwins vir die kliniek en hulle gaan haar baie mis. Haar kollegas beskryf haar as ʼn briljante mentor en goeie vriend.

“Dr. Corli [van der Walt] sou altyd die ekstra myl stap. Sy het ʼn passie vir haar werk gehad en het omgegee vir haar pasiënte. Sy het ook altyd ʼn glimlag op haar gesig gehad en geen taak was vir haar te moeilik om aan te pak nie,” lui die boodskap.

Die polisie versoek enigiemand met meer inligting wat met die ondersoek kan help om die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JohanR ·

Hoe kan ons hierdie ANC regering kry om te #Voertsak? Nog ‘n Suid Afrikaner vermoor, nog ‘n vrou vermoor! Jy wil skree, ietsie slaan of jou geweer vat en ‘n paar skote gaan afvuur by die skietbaan. Maar wag,,,,,jy het nie ‘n geweer, en kan nie meer aansoek doen vir een want dan word jy nommer 250001!

Danie ·

My vriend hulle voel vere want sy is n wit vrou. Die ANC beskerm net hul eie. Gaan kyk maar orals waar daar n wit mens vermoor word of in n woordewisseling betrokke raak met n swarte of selfs kinders wat baklei. Hulle speel altyd die ras kaart. Kyk die vrou wat ppolisie toe gegaan het in Centurion omdat hulle haar wou kaap toe se hulle sy is gesuip en gooi haar in n sel, die vrou in Deneysville wat n klag teen haar huiswerker le van diefstal toe word sy toegesluit,die man wat vir sy baba melk gaan koop tydens die kamtige klok reel word toegesluit. Ek bly langs die P91 jy hoor die karre regdeur die nag geen klokreel vir hulle nie. Selfs baie bekende Dr in vee voere toegesluit n man wat ek al persoonlik ontmoet het. Maar as jy swart is is jy ok.

Di ·

SO siek en sat om elke dag te lees dat nog ‘n onskuldige persoon vermoor is en vir WAT? Maak nie sin dat meeste van die moorde gepleeg word SOMMER NET nie. Iewers is daar iets verdags aan die gang.

Dries ·

Ramaphosa het mos gesê maak daai paddapot stadig maar seker warmer

JB ·

Mense moet die reg hê om hulle self te kan beskerm. Dan wil die regering die wapen wet verander.

Cherokee ·

Gister ‘n drive-by shooting in ‘n verlenging van die straat waarin ek woon. Soos aan my vertel is vanmôre, is drie mense geskiet. Dit is die minderheid wat die nuus haal.

Kathleen ·

iemand wou haar dood hê , beplande moord , nie sommer net iemand wat haar daar op die hoek van die strate kry en besluit om haar dood te skiet nie , wraak !

Niklaas ·

Baie vreemde storie. Glad geen roof motief want motor net so gelaat. Iemand wou haar beslis dood hê. Die waarheid sal nog uitkom.

Blikkies ·

Ek is jammer om hierdie berig te lees, dit maak seer om die goed te hoor. Ek bid vir haar familie en Mag sy in Vrede Rus. Ek voel ook soos JohnR hier onder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.