Krugerwildtuin-brande onder beheer

Argieffoto

Argieffoto

SANParke het Vrydag gesê brande in die Krugerwildtuin is onder beheer.

“Die brande woed al ʼn week lank. Al vier die brande is onder beheer gebring en meeste daarvan is reeds geblus,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke gesê.

Die brand het verlede week Vrydag uitgebreek toe ʼn wegholbrand die grens van Mosambiek na die park oorgesteek het. Klik hier om meer te lees.

Geen infrastruktuur is beskadig nie. Twee jong kameelperde en moontlik ʼn renoster is beseer.

Thakhuli het besoekers gemaan om versigtig te wees wanneer hulle gebrande gebiede betree, veral tussen Phabeni en Skukuza. “Besoekers word ook versoek om enige brande by die naaste kamp of hek aan te meld en om nie self brande te stig nie,” het hy gesê.

SANParke is besig met ʼn lugondersoek om te bepaal of daar enige ongevalle was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.