Krugerwildtuin-helikopter land veilig ná enjinprobleme

Argieffoto van 'n SanParke-helikopter Foto: The Amandzing Way

Argieffoto van ‘n SanParke-helikopter Foto: The Amandzing Way

Een van die Krugerwildtuin se helikopters het ʼn noodlanding gedoen nadat die enjin probleme gegee het.

“Drie beamptes van die wildtuin was Dinsdag in die helikopter op soek na twee renosters wat buite die park wes van Orpenhek gedwaal het,” het Glenn Phillips, uitvoerende bestuurder van die wildtuin, in ʼn verklaring gesê. “Die renosterkoei en haar kalfie is buite die park opgemerk en ʼn helikopter is ontbied om die diere op te spoor om inligting te verskaf aan die span op die grond.”

Die span was glo nog besig om na die renosters te soek, toe die helikopter skielik krag verloor het en die enjin onklaar geraak het. “Die vlieënier is gedwing om dadelik ʼn noodlanding te doen,” het Phillips bygevoeg. “Hy het dit suksesvol gedoen sonder dat enigiemand beseer is of enige verdere skade aan die helikopter aangerig is.”

Phillips het gesê hulle is dankbaar dat hul werknemers veilig is en dat niemand beseer is nie. “Ons is ook dankbaar dat die span op die grond die renosters kon opspoor en kon seker maak dat hulle weer veilig terugkom park toe.”

Hy het gesê ʼn spesiale vermelding word gemaak vir die vlieënier wat onder noodtoestande veilig kon land.

Die helikopter word ondersoek om die oorsaak van die enjinprobleme op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Johann Marx ·

Die groot “fan” bo-kant die pilot se kop is eintlik daar om die pilot “koel” te hou, want het jy al gesien hoe sweet hy as daai “fan” gaan staan??

Winston ·

As jy n chopper so kan land is jy n puik vlieënier. Congrats en bly dit was nie n vliegongeluk nie. Dankie vir julle ouens wat ons renosters so oppas. Dit is nie altyd maklik nie

Morné ·

Daai groot masjiene het lekker inertia hy wil nie regtig val soos n R22 nie…..lol
Good job by the way

Willie van der Sandt ·

Dankie tog ‘n bietjie goeie nuus. so bly almal is veilig ook die Renosters.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.