Kruiekenner Margaret Roberts oorlede

Margaret Roberts (Foto: Facebook)

Margaret Roberts (Foto: Facebook)

Margaret Roberts, die bekende plant- en kruiekenner, is Saterdag oorlede.

“Ons ongelooflike ma, my beste vriendin Margaret Roberts is vanoggend ná ʼn kort ruk in die hospitaal oorlede,” het Sandy Roberts, Margaret se dogter, op Facebook bevestig. “Dit was ʼn eer en ʼn voorreg om jou dogter te wees, ma, en om saam met jou te werk aan ons droom by die kruiesentrum. Ek mis jou meer as wat woorde kan sê en sal my bes doen om ons werk voort te sit sodat jou nalatenskap kan voortbestaan.”

Roberts het meer as 30 boeke oor kruie en verwante onderwerpe geskryf. Die Margaret Roberts-kruiesentrum in De Wildt is na haar vernoem en haar naam word gekoppel aan talle produkreekse insluitend toiletware, kombuisware, skryfbehoeftes en materiale.

“Die SA groen bedryf is armer ná die afsterwe van #MargaretRoberts, doyenne van die kruiebedryf,” het Garden Pavilion op Twitter geskryf. “Sy het dit gewild gemaak om kruie in Suid-Afrika te kweek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Carol Pieters ·

Innige Simpatie aan die familie. Ons het voorwaar ‘n kruie kenner verloor en sal haar nalentskap altyd bewonder. Sterkte Sandy maar ons weet jy sal moeder se skoene volstaan.

Mariana Siebert ·

So jammer. Dis n groot verlies om n ma te verloor. Dink aan julle.

Hettie Briel ·

Baie jammer om te hoor. Sy gaan groot leemte laat. Baie sterkte aan Sandy en res vd familie. Mag die Margaret Roberts Kruiesentrum steeds van krag tot krag gaan. Ons eer haar nagedagtenis.

Rina ·

Ja voorwaar het sy ons anders laat dink oor tuinmaak en kruie. Ek was net verlede week by haar tuinsentrum en het die boek “100 new Herbs” daar gekoop. Na dese hoef ek nou nie meer onkruid uit te trek nie. Breek net `n paar blaartjies of takkies af, kap dit op en gooi dit by die slaai en siedaar! stewig op pad na `n gesonder leefwyse. So opwindend!
Baie mooi herinneringe aan Margaret Roberts!

Hettie Briel ·

Sy was ‘n besondere begaafde mens wat betref die natuurlike produkte en haar afsterwe gaan beslis ‘n groot leemte laat. Baie sterkte aan Sandy en res van die familie.
Mag die Margaret Roberts Kruisentrum steeds van krag tot krag gaan.

Kaufman ·

Dit was n voorreg om jou te geken het, is een van die sterkste mense wat die land gesien het. Sal jou sterk en mooi persoonlikheid en wysheid baie mis.

Pat Labotsky ·

Innige meegevoel was altyd sooo aangenaam om haar plek te besoek

Melanie ·

My condolences to the family.
She was a wonderful woman, so friendly and always ready with an answer to my questions.
Her knowledge was infinite and her wisdom will be truly missed.
Margaret, RIP.

elmarie van wyk ·

Magaret Roberts was en sal altyd die kruievrou wees wat my inspireer het om meer en meet oor kruie te lees en leer asook dit te gebruik en self aan te plant. As ek boeke.gekoop het was altyd Kruie boek gewees van die kruie ghoeroe. Baie sterkte Sandy ons gaan kyk hoe jy in moeder se voetspore volg RIP Magaret ons sal jou nooit vergeet

Pieter du Plessis ·

Liewe Sandy, familie en vriende
Innige meegevoel met die verlies. Margaret het almal geraak wat haar ontmoet het en dit kan ek bewys met ons besondere blomme en plante toere wat ons meegemaak het na die mees onbekendste plekke in ons land.
Margaret die talente wat jy het was ‘n geskenk van God aan jou – en wat jy met jou talente gedoen het was jou geskenk terug aan God.
Inderdaad ‘n besondere mens rus in vrede liewe vriend.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wonder wat die oorsaak van haar dood was want sy het altyd so gesond en vol sprankel voorgekom. Innige simpatie aan ‘n familie wat ‘n ma en vriendin van ons land verloor het.

Dankbaar ·

Waardevol en kosbaar was sy maar Sandy sterkte ook familie en vriende die geur van laventel sal my altyd aan Margaret herhinder.

Neels Hattingh ·

Een van die aangenaamste mense wat ooit my pad gekruis het – mag sy voortleef in ons harte en in haar boeke.

Rina Kotze ·

Dit is nou slegte nuus!
Aggenee.

Sy was voorwaar ‘n kenner op haar gebied.

Innige simpatie aan Sandy en die res van die familie asook vriende.
Mag haar nalatenskap nog vir jare met julle wees! Onthou net die goeie!

Mag God met julle wees in hierdie hartseer tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.