
ʼn Parate polisiebeampte van Vereeniging het ʼn vermeende dief in hegtenis geneem toe die man met ʼn gesteelde kruiwa en vrieskaskompressor in die straat geloop het.
Kapt. Thivhulawi Tshilate, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die beampte was Dinsdag op pad werk toe, toe hy die man gesien en agterdogtig geraak het.
“Die beampte het gestop en die man ondervra,” het Tshilate gesê. “Die verdagte kon nie verduidelik wat hy in die woonbuurt doen nie. Die beampte het vermoed die kruiwa en kompressor is gesteel en het selfs die eienaar van die goedere opgespoor nog voordat die eienaar geweet het dit is gesteel.”
Die 25-jarige verdagte is ook met dagga betrap. Hy moet binnekort in die Heidelberg-landdroshof verskyn. – SAPA
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
so beweeg hulle tussen ons en steel ons kaal – aan die betrokke beampte uitstekende werk.
Soms kan die polisie ons werklik trots maak. Welgedaan.