Kruiwadief op heterdaad betrap

ʼn Parate polisiebeampte van Vereeniging het ʼn vermeende dief in hegtenis geneem toe die man met ʼn gesteelde kruiwa en vrieskaskompressor  in die straat geloop het.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die beampte was Dinsdag op pad werk toe, toe hy die man gesien en agterdogtig geraak het.

“Die beampte het gestop en die man ondervra,” het Tshilate gesê. “Die verdagte kon nie verduidelik wat hy in die woonbuurt doen nie. Die beampte het vermoed die kruiwa en kompressor is gesteel en het selfs die eienaar van die goedere opgespoor nog voordat die eienaar geweet het dit is gesteel.”

Die 25-jarige verdagte is ook met dagga betrap. Hy moet binnekort in die Heidelberg-landdroshof  verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

linda ·

so beweeg hulle tussen ons en steel ons kaal – aan die betrokke beampte uitstekende werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.