Kry die huis in orde, hou op om my te mishandel, sê Zuma

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die gedrag van LP’s in die Nasionale Vergadering veroordeel en gesê hulle mishandel hom, en speaker Baleka Mbete versoek om iets daaromtrent te doen.

“Elke keer wanneer ek hier kom, word ek deur lede van jou parlement mishandel. In plaas daarvan dat ek vrae beantwoord, moet ek hier sit en word ek ʼn misdadiger, ʼn dief genoem,” het Zuma geïrriteerd gesê ná sy kwartaallikse vraag-en-antwoord-sessie.

Zuma het weer onder skoot gekom deur opposisiepartye en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het weer uitgestap nadat hulle beswaar aangeteken het om deur ʼn “misdadiger” aangespreek te word.

“Jou Huis moet iets doen. As die Huis nie daarin belangstel dat ek vrae beantwoord nie, kan julle so sê, en moet my dan nie roep nie,” het Zuma bygevoeg.

Sedert Zuma in 2014 as president herverkies is, word sy vraag-en-antwoordsessie gereeld deur die EFF en ander opposisiepartye onderbreek wat daarop aandring dat hy al hoe meer beïnvloed word deur sy verhouding met die Gupta-familie wat reeds voordeel getrek het uit multi-miljard rand se regeringskontrakte.

Die EFF het Mbete Dinsdag versoek om tugstappe teen die president in te stel omdat hy die Grondwet oortree het toe hy versuim het om te reageer op die openbare beskermer, Thuli Madonsela, se opdrag dat hy ʼn gedeelte van die bedrag wat spandeer is aan opgraderings by sy huis in Nkandla, moet terugbetaal. Die presidensie en die tesourie het Maandag bevestig dat Zuma reeds R7,8 miljoen terugbetaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

32 Kommentare

Popeye ·

Ag shamepies, voel ons nou jammer vir onsself? Hy is doodreg as hy vra die huis moet tot orde kom. Kan enige mens so nie die boodskap kry nie?

Cryosphear ·

My ma is 67. sy verdien ‘n baie goeie pensioen. Wou R300 000 leen. Word geweier oor ouderdom. Hoe kon Zuma dit regkry om soveel geleen te kry? Hy is 71! Dit is teen die nasionale kredietswet! Hy EN die plek wat vir hom geld geleen het moet gestraf word!

Meisie ·

Kry die boodskap Zuma dat niemand jou meer wil he nie.Pak jou tas laat jy gaan.Of is die soustrein nog te lekker?

Anoniem ·

Onaantasbaar. Wie kry so groot lening op ouderdom 68? Begin nou die ondersoek na “reckless lending”

PMB ·

Die gemors in die Huis is reeds te dankie aan hom en al sy trewante. Orde sal great wees!

Rynhardt ·

Zuma niemand mishandel jou nie, jy het alles skandes oor jouself gebring met getroue speaker wat jou beskerm.Vergeet van huis in orde te kry, want huis van orde gaan verander in n huis van chaoas met Zuma en sy kabinet!

KarooKlong ·

Ek wou ook ‘n paar shielings by die bank gaan leen toe gee hulle vir my ‘n deposito boek. Blykbaar moet jy ‘n spear hê alvorens so groot bedrag aan jou geleen kan word.

Jonathan ·

Zuma jy is die voor os jy gee lee beloftes en maak groot marakas Die respek om nie verantwoordelik te wees nie het jou nou kom groet ‘ wat jy saai sal jy maai ‘ voorspoed

Kobus ·

Zuma, kry jou huis in orde, dan hou jy en jou kaders op op die land te mishandel!

Pik ·

Almal haat my niemand het my lief ek wil n wurm eet arme man almal huil oor hom hy is soos n kind wat se lekkergoed weg gevat is kan nie glo ons land het ao iemand aan die stuur nie

TM ·

Ag en hier begin my trane loop oor hom. Nie oor jammerte nie maar oor ek so lekker lag. Dis soos ‘n kind wat sê dit was nie ek nie. Dit was stukkend toe ek hier kom. Raak dit gewoond Zuma. Vir solank as wat jy klou aan jou posisie is hierdie jou voorland. Of jy kan bedank en verdwyn.

CL ·

Zuma, what goes around comes around. Het niemand vir jou gesê dit tel baie spoed op so met die omkom slag nie?

Hehehiehie ·

CL, dankie vir n goeie lekker lag, my verbeelding is op hol en ek sien al die funny spoed kry…….

foxi ·

Mnr Zuma….het jy nie geweet hoe ouer n mens word, hoe meer word n mens soos n kind!
Gaan op pensioen en gaan geniet die kleinkinders. So eenvoudig soos dit!

Jordaan ·

So dikvellig het ek in my lewe nog nie gesien nie. Hy kry net nie die boodskap nie.

nico ·

Waarheid maak seer ons sal jou glad nie roep vir iets nie dis n verleentheid vir almal bly by die huis asb dis tyd dat die hele top strukture ondersoek word hetsy in die regering en anc

Meegevoel... ·

Ag siestog….
Dalk, net dalk, is dit hoogtyd dat JY aanspreeklikheid en verantwoordelikheid aanvaar. Vir alles wat onder JOU leiding [dalk eerder lYding] gebeur het…

John ·

‘n Hartseerland die’ met sy patetiese leierskap wat aan ‘n grootheidswaan ly. Die parlement is in gees en waarheid reeds ‘afgebrand’ en ons sit in stof en as. Die opposisie moet swart klere begin dra met as op die kop… rerrigwaar…

Bulletjie ·

Plaas gaan vat hy net `n “stort” , dan sal alles weg gaan!!! ( Dit het voorheen vir hom gewerk!)

neelsie ·

‘Mr Zuma, jy het veel erger dinge teen die vorige regering gedoen.
Het jy nie die belhammels so opgelei nie?
JY SAL OES WAT JY SAAI!!

Pieter Pille ·

Mnr Zuma jy het voorheen gewys jy kan nie eers syfers wat vir jou geskryf is, reg lees nie, daarom kon jy net een van die sogenoemde nege(9), elf (11) of was dit dalk twaalf(12) punte van jul plan noem. Jou getal-probleem is EEN (1) van jou grootste tekortkominge, daarom dat jy nie weet hoeveel jy reeds SA gekos het nie. Nkandla Nkandla he he he!!!

Se maar net ·

Jip, waar is die dae toe die parlement ‘n statige en respekvolle plek was. Nou se die President hy word mishandel MAAR hierdie onrespekvolle situasie begin op skool waar daar geen dissipline toegepas word nie want die bloedtjies daar is onaantasbaar. Die onderwyders het hulle hande vol met kinders wat maak en breek en die regering/departement gee geen hulp om dissipline af te dwing nie. Soos bv ‘n lat op die gat…Die lotte leer al op skool om onrespekvol op te tree en dink dis reg so maar nou verwag Zuma dat hulle respek in die parlement sal betoon. Jy saai wat jy maai!

Connie ·

Mense het julle geluister na die man. Hy kan glad nie Engels praat nie, maar gister was nog erger. Dis pateties. En hy ons (veronderstel te wees) leier. As jy jou uitgee vir ‘n toffie moet jy verwag om gekou te word.

Willie ·

Kry die boodskap, bedank, “you have over stayed your welcome”…

Carel ·

As Zuma dit kan gee moet hy dit kan vat! He he he . . . . .

KP ·

Hy praat van mishandel, ons arme landsburgers weet hoe dit voel om deur n onbevoegde regering mishandel te word. So kry vir jou Zuma.

Annie ·

Het nou lekker gelag vir Zuma, hy het al die nonsens homself begin – hy is self verantwoordelik dat niemand hom meer glo, respekteer of vertroue in hom het nie. Kry vir jou – het geen simpatie met jou nie. Waat jy saai sal jy maai!!!!!!!!!!!!!

sarie van heerden ·

Zuma, Uilspieel maak daarna! Iemand se hy het ‘n lening gekry tenspyte van sy laat sestiger jare. Is Zumpie nie al oor 70 nie, en hoe op aarde gaan hy die lening vereffen waarvan die maandelikse terugbetaling MEER is as sy salaris? Vir hoeveel lewendige jare het hy voorsiening gemaak? Hoe verklaar jy dat hy ‘n huiskompleks oprig en betaal en wie is dan uiteindelik die eienaars van hierdie luukse kompleks wanneer jy die dag daisies opstoot?

m ·

Ja wel as jy jou soos n nar gedra moet jy nie huil as niemand jou ernstig opneem nie. Hierdie geld is geleen om net nooit terug te betaal nie.. Dit sal weer van die belastingbetaler verhaal word…

Stef ·

Dit is maklik mnr mishandel, niemand respekteer jou nie. Jy is soos sand in n uurglas. Ons (wit, swart, bruin, pienk, groen…) kan nie wag dat jou tyd uitloop.

Stef ·

Weet jy hoekom word jy verbaal mishandel? Die antwoord is maklik. Wiskundende ÷ Aardrykskunde = Geen Respek

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.