Kry die huis in orde, of verloor 2019-verkiesing, waarsku SAKP

anc-verkiesing

Foto: Reint Dykema

Die ANC moet sy huis in orde kry of die kans staan om die 2019 algemene verkiesing te verloor, het Thulas Nxesi, adjunkvoorsitter van die SAKP, Saterdag gewaarsku.

“Die afwaartse trajek wat die ANC tydens die verkiesing gesien het en die klaarblyklike gebrek aan kapasiteit of om die onderliggende oorsake aan te spreek, is nou duideliker as ooit tevore,” het hy tydens die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party se provinsiale kongres in Nelspruit gesê.

Hy meen die ANC en ANC-geleide alliansie het nie ʼn gebrek aan ʼn analise oor wat die probleme is nie. Tydens die vyf dag lange nasionale alliansie wat in die middel van verlede jaar gehou is, is daar ooreengekom en gekommunikeer wat dié probleme is.

Dit sluit “ʼn toenemende maatskaplike afstand tussen leierskap en die massa kiesers in, asook ʼn gebrek aan fokus van takaktiwiteite en die maatskaplike en ekonomiese werklikheid van gemeenskappe”. Daar is ook ʼn “growwe vertoon van welvaart en arrogansie” en dit hou verband met ʼn “doelbewuste manipulasie en ondermyning van interne demokratiese prosesse deur die manipulasie van lidmaatskap deur hekwagters en geld wat aangewend word om individuele lede se ambisies te bevorder gebaseer op begunstiging en nepotisme”.

Nxesi het gesê die beraad het besluit dat dié probleme ernstig aangespreek moet word sonder vrees of bevoordeling. “Diegene wat skuldig is aan faksies of geld aanvaar vir hierdie doeleindes moet blootgestel word. Die probleme lê in die implementering.”

Hy het gesê die ANC se behoefte is dat daad by woord gevoeg moet word, veral in die alliansie wat die leidende komponent is.

“Daar is diegene van ons wat wil glo dat hulle werklik verbind is daartoe om die verantwoordelikheid te aanvaar vir die mislukkings wat tydens die nasionale demokratiese revolusie plaasgevind het. Maar in plaas daarvan om te erken dat die ANC as ʼn regerende party aanspreeklik is vir die beleide wat deur die regering gedryf word, wil hulle in teenstelling hiermee die samelewing laat glo dat die probleem by ʼn betrokke departement of individuele minister lê,” het hy gesê.

Hy het benadruk die ANC benodig ʼn spesiale nasionale konferensie, soortgelyk aan dié een in Morogoro in 1969, met ʼn konsultatiewe doelwit. “Die konferensie moet doelbewus só gestruktureer word om te voorkom dat daar onder andere, verlammende verdelings, swak dissipline, veragtelike arrogansie, onverklaarbare ontkenning, of faksionele meerderheidsregerings sal voorkom deur afgevaardigdes wat met die hand uitgesoek is om agendas van dominante faksies of sakebelange te bevorder. Daar moet ook gewaak word teen die omkoop van stemme en gevolglik konferensies, onverdraagsaamheid en die manipulasie van kandidaatlyste. Ons moet uit hierdie konferensie stap met ʼn algemene doelwit en seker maak dat ons regstellings maak en ʼn eenheid vorm soos wat ons reeds sedert ons ontstaan in 1912 doen.”

Nxesi meen die afgelope plaaslikeregeringsverkiesing moet as ʼn “onderwyser” beskou word wat ʼn beslissende les in dié verband gelewer het.

“Die geskiedenis maan ons om die wurggreep van faksies te breek wat besluit wie woon konferensies by en wie woon dit nie by nie en wie tydens ʼn spesifieke konferensie moet stem.”

Volgens Nxesi moet die spesiale konferensie ook gesteun word deur ʼn beleidskonferensie wat gevolg word deur ʼn nasionale verkiesingskonferensie.

“Ons staan by die kruispad. Ons sal óf die organisasie fundamenteel herstruktureer, nuwe leiers kies, met nuwe beleide uitstap, e-tol laat vaar, faksies tot ʼn einde bring en korrupsie en tenders aanspreek; óf ons sal ons leierskaprol in 2019 tydens die algemene verkiesing verloor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hasie ·

Met al die korrupsie wat nog ontbloot gaan word en met al Jacob se manewales is die kanse groot dat die ANC hulle posisie gaan verloor. Dit verseker.

Jan Mostert ·

Dinge lyk nie goed vir die ANC nie. Nou sal ons sien of daar opregte leierskap na vore tree.

Cherokee ·

Moet nie so optimisties wees daaroor nie. Julle het duidelik ‘n gebrek aan voorspellingsvermoë. As die ANC hul leierskapsposisie gaan verloor sal dit uiters waarskynlik wees in die guns van ‘n selfs meer kommunistiese en liberalistiese groep. Die DA-stemmers wat steeds deel bly van ons groep en maak asof ons dieselfde taal praat hoef dus nie hande te klap nie. Die EFF het vanaf stigting gegroei teen ‘n ongekende tempo. En as julle dit sou regkry om Jakop uit te skop gaan die EFF deel word van die ANC. Dit sal nog erger wees. Ek is besig om reëlings te tref dat al die witmense op ‘n Woensdagoggend om agtuur volgende maand by Durban op die hawe ontmoet en dan waai ons. Bring jou tas saam.

Cherokee ·

Jan Mostert sê dat ons nou gaan sien of daar regte leierskap na vore tree. En Cherokee glimlag en sê: Jan Mostert, jy verwag defnislis nie dat ‘n onbekende haar of hom skielik as leier gaan bekend stel nie. So jou oë is gerig op die bekende …… ANC(?) DA(?) EFF(?) Inkhata(?) (het self op ‘n stadium gewonder of ek hulle (Inkhata) nie moet ondersteun) of waar op aarde dink jy kan daar skielik ‘opregte leierskap’ na vore tree?

Lance ·

Presies a carbon copy van die res van Afrika ….kry n juweel en wat bly oor …n vrot gemors !

Jaco Snyman ·

Heel duidelik. SAKP is baie bekommerd. So dat hulle ‘n ander party wil voorskryf oor interne probleme. Sonder die ANC weet hulle hul staan nie ‘n kans nie. Spartel lekker, die gasheer is besig om te vrek.

Nico ·

Hulle is nog te sterk op landelike vlak. Hulle gaan Gauteng en Wes-Kaap verloor, dus 84% van die ekonomie. Maar in getalle gaan hulle die oorwig behou. 52-57%. Tussen nou en 2024 gaan daar grootskaals geplunder word aan die ekonomie en “aftreepakette” beding word. Swaar tye wag.

snoefie ·

die wyse man bou sy huis op die rots en mens kin dit sien. al wat nou sigbaar is, die insakking van die sand onder die dwase man se huis.

Jcwf ·

En wat gaan jy indien die ANC hulle nie wil luister nie, SAKP?

Natuurlik het julle reg, die ANC is soos de Titanic net ná die ysberg. Stadig sinkend. Maar Zuma gaan nie die huis in orde maak nie. Hy wil probeer uit die groot pot geld te skep wat Pravin steeds beheer en dan gaan hy met ‘sy’ geld verdwyn, na Brasilë of so.

En die SAKP op die sinkende skip laat.

John ·

Die chaos in Afrika reik tot in die Kaap met storms. Die brue op pad van die ANC is deur witmense gebou en die swartes het dit afgebrand toe hulle dit oorgesteek het. Daar is geen meer terugkeer kans om reg te maak wat verkeerd is nie. Die aangroeide miljoene wil he wat hulle beloof is met lee woorde. Die skuld-vingertjie wys weer na die wittes. Daar was al aardbewings in SA.

Gerd Lourens ·

Ai ou Toelas, die mense se vingers is maar net langer as hulle breins… Kyk hoe perfek het jy die Nkandla korrupsie bestuur.

Jan maak n Plan ·

Met die hekse jag oor korupsie in Tswane hoop ek dit brei uit na ander plekke ook sodat die massas wat so in die ANC glo se oe kan oop gaan dan sal die ANC verseker sy alie sien in 2019.

jaco ·

ek gee nie om of die duiwel SA regeer nie. doen dit net reg asseblief. Kry eers die ekonomie reg: stop ALLE korrupsie, maak arbeidswetgewing meer soepel, vat stakers vas, neem opleiding en ondervinding OOK in ag met regstellende aksie, vat misdaad behoorlik vas. Dan sal die buitelandse beleggings toeneem, die ekonomie sal begin groei en sonder kurrupsie sal daar uiteindelik genoeg geld wees vir ordentlike onderwys, ordentlike basiese gesondheidsdienste, beter en genoeg laekoste behuising ens ens ens.

Rynhardt ·

Vergeet van n 2019-veekiesing! SA het onder Anc n stinkende moeras van korrupsie, misdaad, onwettige immigrante en diskriminerende wetgewing geword! Op 2Seotember2016 het ek virMaroeka media en sy lesers gese dat korrupsie-skandale gaan SA tref en baie mense skok.Vandag op Rapport se voorblad van 11September:”Korrupsie-bom ruk regbank”.Dit wys hoe diep SA wegsink! Wat die Anc, SAKP en Zuma nie verstaan nie, is die volgende.Enige land se regering se sukses word gemeet aan die volgende:Florerende ekonomiese groei, bekamping van misdaad, florerende werkskepping en geen diskriminerende wetgewing nie! Slaag die Anc bogenoende?? Die Anc laat my dink aan die volgende prentjie.In die middel van die Oseaan is daar n klein eilandjie met Zuma en Anc op! Daar is n groot probleem van ontkenning wat by hul heers.Die sandbanke word weggekalwe deur die water met honger haaie wat om sinkende eilandjie swem.M.a.w., SA sak weg met n nie groeiende ekonomie (al se Gordhan en Zuma wat), korrupsie ens.Wat die Abc verder ignoereer is die siek werekdmarkte wat gaan tuimel terwyl SA geen sterk fondament van ekonomiese groei het nie.Anc, vergeet van 2019, want globale wwreld gaan in n oogwink verander.Julle var SA na chaos!

Johann Marx ·

“…..geld wat aangewend word om individuele lede se ambisies te bevorder gebaseer op begunstiging en nepotisme…”???? Jy bedoel “STEEL”? Jy kon hierdie hele artikel in een paragraaf geskryf het…..as jy net die waarheid kon praat en woorde gebruik soos “onnosel, geldgierig, steel, onverantwoordelik, vals, lui, onvermoë, nutteloos, geen potensiaal, ondergemiddeld, swak, pateties, vrot….ens. Afrikaans is darem maar mooi…en so reguit…

M'Lady ·

Die skrif is aan die muur. Die ANC sal in koalisie gaan met die EFF en die volgende president sal Malema wees.

vermeende ·

Wonder net hoekom die SAKP so besorgd is oor die ANC se welstand. Die ANC was nog nooit in beheer nie maar wel die SAKP onder n ANC vaandel.

Ek twyfel of daar n 2019 verkiesing sal wees. Hulle sal nie so maklik van hul mag afstaan en die pap pot aanstuur nie.
In Afrika gebeur dit nie, het nog nie en sal ook nie.

Anner Koos ·

Ons is onlosmaaklik deel van Afrika. Wat maak ons so uniek dat regte demokrasie hier sal voortbestaan. Zumpie sal vasbyt tot eindtyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.