Kry jou matriekuitslae hiér

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die uitslae vir die 2021-matriekseksamen sal Vrydag vir alle matrieks op Maroela Media beskikbaar wees.

Kom loer dus gerus Vrydagoggend vanaf 06:00 in op Maroela Media om die matriekuitslae eerstehands te kry – en moenie jou eksamennommer vergeet nie.

Die departement van onderwys het aanvanklik geweier om die matriekuitslae aan die media beskikbaar te stel.

Maroela Media, die burgerregteorganisasie AfriForum en die matrikulant Anlé Spies, het egter hierdie besluit in die hof betwis en Dinsdag die saak in die Pretoriase hooggeregshof gewen.

Regter Anthony Millar het bevind dat hierdie praktyk nou al ʼn instelling is en dat dit vanjaar sal voortleef.

Hoewel die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, reeds Donderdag die statistiese inligting oor die nasionale matriekuitslae bekend gaan maak, sal die individuele resultate eers Vrydag gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Ag mooi man, nog n skop in die ongeleerde minister se agterent

Aai ·

Perfek nou kan mense mekaar ondersteun as hulle maaitjie se naam nie in koerant is (ons was ‘n groot groep saam wat na koerant gekyk het in die ou dae)beter as om alleenig te wees en ‘n boodskap te kry goed of sleg.Dankie julle en sterkte met julle uitslae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.