‘Kry jy nie skaam nie?’ vra Oscar se tannie vir Nel

Oscar Pistorius se suster Aimee (links), tannie Lois, en oom Arnold. Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Oscar Pistorius se suster Aimee (links), tannie Lois, en oom Arnold. Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Oscar Pistorius se tannie het Vrydag tydens sy moordverhoor in die hooggeregshof in Pretoria glo aan adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, gevra of hy nie skaam kry nie, het Beeld Saterdag berig.

Lois Pretorius het Nel Vrydag aangegluur en in Afrikaans gevra: “Kry jy nie skaam nie?”, berig Beeld.

Volgens die berig is dit onduidelik of Nel haar gehoor het aangesien hy ‘n ent van haar af weg was en met sy rug na haar gedraai was toe hy uit die hof gestap het.

Sy het toe glo na Oscar se sielkundige gedraai en die vraag weer gevra.

Beeld berig dat terwyl die slotbetoë aangehoor is, Lois na verslaggewers agter haar gedraai het. Haar man, Arnold, het haar glo met die elmboog gestamp waarna sy weer teruggedraai het.

Die staat en die verdediging het Donderdag en Vrydag hul slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria gelewer.

Die saak is tot 11 September uitgestel wanneer regter Thokozile Masipa na verwagting uitspraak sal lewer.

Pistorius staan tereg op ʼn aanklag van moord nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 by sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Hy staan ook tereg op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Elize Lourens ·

Ek wonder as dit haar dogter was, of sy dit nog sou se. Kry sy nie skaam vir Oscar se Blatante leuens nie, en dat hy hulle almal deur dit sit!.

Nina ·

Ek verstaan nie hoekom jy van haar verwag om skaam te kry nie? Sou jy nie by jou familielid gestaan het in so posisie nie? Dis sekerlik tog logies dat sy familielede hom sal ondersteun en vertrou dat hy die waarheid praat?

Henri ·

Hoe sal jy weet, was jy daar het jy dit gesien? toegegee, as dit my dogter was kon dinge dalk anderster gewees het, maar onthou die dogtertjie was ook maar nie ‘n engeltjie nie. Daar is niks so gevaarlik soos ‘n gekweste dier nie. Hulle, Oscar en Reeva, het dalk ‘n argument gehad, sy wou uitkom en het besluit sy klim deur die badkamer venster terwyl hy slaap. Wel ons ken die storie, maar as dit met dogter sou gebeur het en ek haar gewaarsku het om eerder weg te bly en dit sou haar oorkom, wel, dan moet sy maar die gevolge dra. Hoe hard dit ook klink.

Maryke Hanger ·

Haar karakter spreek hieruit, wonder wat sou sy se vir Reeva se ouers?

Magda ·

Hoe sal Oscar se tannie voel as Reeva se ma vir Oscar vra “skaam jy jou nie”? Reeva se ma is net meer ordentlik, maar geld speel mos ‘n groot rol in Oscar se saak!!!!

Rika ·

En as dit jou seun was? maar mense soos jy wat hom klaar skuldig bevind het? Wat dan?

Ken ·

Ag asseblief!! Sy behoort haarself te skaam dat sy ‘n moordenaar so ondersteun!! Pateties.

Paplepel ·

Ek het so ‘n gevoelente jy is reg. Skuldig aan wapen oortredings met boetes, maar onskuldig aan moord. Ek het ‘n gevoelente ook dat baie Randelas hier betrokke is. Maar dis net my gevoelente.

charmaine ·

Ek stem saam met Henri, ons op die kantlyn kan nie oordeel nie.Jy weet nie wat in n ander man se huis aangaan as die deur toe is nie,en dit het ook niks met niemand te doen nie.Almal wat se sy tannie ondersteun ‘n moordenaar,dit bly familie,so julle families sal nooit op julle kan steun en staat maak nie? dit is meer PATETIES! Dit is goed om te weet daar is volmaakte mense op die aarde!
En Henri is reg die Reeva was nie n engel nie, sy het Oscar geken en geweet hoe sy maniere is as sy bang was vir hom kon sy moes maar hom en sy huis verlaat het,maar aansien en geld en beroemde mans(mense) is mos te lekker. En haar ouers het ook seker maar lekker geskep in die goeie Oscar dae.
++

Paplepel ·

charmaine: In jou eerste twee sinne maak jy ‘n geldige stelling. In jou laaste twee sinne gaan doen jy toe presies dit waaroor jy begin skryf het. Jy maak stellings oor iets wat niks met jou uit waai het nie en waarvoor jy geen bewyse het nie. Vergeet van oggend en aand praatjies, maak seker jou openings praatjies kom ooreen met jou afsluit praatjies. Lekker dag.

Magda ·

Of Reeva ‘n engel was of nie, dit was nie nodig om haar dood te skiet nie. @ Peter Says – Oscar moet met sy gewete saamlewe, want die ander persoon wie kon getuig is doodgeskiet. Geregtigheid sal geskied. Oscar is bekend vir sy arrogansie en kort humeur.

Christa ·

Regtig?? So, omdat Reeva (soos jul dit stel) nie engel was nie regverdig dit die VIER skote??

Carel ·

Hoekom moet Nel skaam kry/voel omdat hy sy werk goed doen?

1) Lois – het Oscar vir Reeva geskiet? Ja of nee?

2) Wat so ons wet – wanneer mag jy na iemand vuur met n vuurwapen? Het Oscar nie hier in sy eie woorde op n vraestel geandwoord nie?

3) Hoekom het sy haarself in die vertrek toegesliut?

4) Ongeag Reeva se motief om saam met Oscar te wees – hy het nie die reg om haar lewe te neem nie.

Ek weet nie of ek somige van die komentaar reg verstaan nie – se mense nou dit is maar ok dat Oscar vir Reeva geskiet?

Mnr Nel – jy doen goeie werk hou so aan.

groete

marie ·

Wil net se julle wat so vingers wys kyk na julle eie lewe. As dit my seun was sou ek ook vir hom baklei het ek is net n ma. Ek het ook n dogter met n af been en dit is he’ll as ek sien waardeur my kind moet gaan die vrees onsekerheid bang. Sy is ge hijack en moes sielkundige behandeling kry ook ly sy aan posematiiese stres. So dink voor julle klippe gooi.

Sandy ·

Daar is nie ‘n woord soos gevoelente nie en mens spel Oscar nie met ‘n k nie.

Marietjie ·

Haal al die emosies uit die spel en dink daaraan Lois dat Gerrie Nel sy werk doen. Dis nie vir hom ‘n persoonlike saak soos vir julle nie en moet hy die beste doen om sy saak te voor te lê op welke wyse ook al. Hy het nie nodig om vir Oscar of sy familie met handskoene te behandel of simpatie teenoor julle te betoon nie. Dit is waarvoor julle ‘n Prokureur het wat vir Oscar optree en dis waarvoor hy ‘n Sielkundige het. Gerrie Nel het niks oom oor skaam te voel nie, anders kan dieselfde seker vir Barry Roux ook gevra word van Reeva se ouers se kant af??

Marius ·

Sit, gaan hy beslis sit! Op grond van sy eie getuienis tussen 6 tot 12 jaar, op grond van Gerrie Nel se getuienis tussen 15 en 25 jaar.

Annelize ·

Nie EEN van ons was daar gewees nie, net Oscar en die “engeltjie”, so sal elkeen van ons vir ons families opkom, of behoort op te kom. Die Here weet ook wat die waarheid is, saam met Oscar, so ons kan nie oordeel nie!!! Hoekom het die “engeltjie” dan nie liewer gegaan nie?????

Estelle ·

Vraag: hoe word mense met prostese in ‘n tronk behandel? Hulle kan dit nie wegneem nie, want prisoniers het mense regte, en ek sien die prostese self as ‘n item wat gebruik kan word as ‘n wapen!

petro van wyk ·

tu oscar di skelm hoor het hy ni gewonder waar is riva ni.????????. net om te se kruip weg my liefie
hier is n skelm in di huis..

hendrina ·

Ek dink jul moet almal skaam kry. Van wanneer af is dit die mens bevoorreg om te oordeel? Oscar ek dank ons Hemelse Vader vir n regverdige verhoor. Staan vas. Vee jou aan die wereld af. Daar sal altyd die wees wat nie weet waarvoor n mens n tong het nie. Jy is en bly nommer een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.